Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 1
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 229

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244.

Die lafhartige verweer van Jaïrus. Borus wys hom skerp tereg

229 Jaïrus antwoord: “Vriend, ek verstaan jou beter as wat jy dink; maar daar is dinge wat, ook al sou mens dit nog so goed verstaan, in verband met die maatskaplike posisie wat `n mens beklee, glad nie verstaan mag word nie!

[2] As hooggeplaaste persoon moet mens baie dikwels lag as jy liewer wou huil, en mens moet dikwels treur as mens liewer geneig is om te huppel en te dans. Wat kan mens daar egter as enkeling teen doen? Kan jy teen die meesleurende stroom in swem as jy eenmaal aan sy geweld oorgelewer is?

[3] Ons mense het `n gevoelige huid en `n nog gevoeliger buik; die twee wil tevrede gestel word, en daarom bly daar vir ons niks anders oor as om die verstand, en die rede maar aan die kapstok te hang, en met die stroom saam te gaan nie, of as `n veragte bedelaar êrens in `n hoekie van die aarde dood te gaan soos `n wilde dier wat deur `n projektiel verwond is.

[4] Glo my as ek, vertroulik tussen jou en my gesê, die Messias beter ken as jy; maar wat help dit alles teen Rome en Jerusalem? As jy jou mond open, dan het jou laaste uur geslaan!

[5] Jesus mag wel werklik `n Seun van die allerhoogste God wees, waaraan ek nie in die minste twyfel nie; maar mag ek dan met die oog op my aardse posisie my innerlike geloof, ja my innerlike oortuiging, in die openbaar verkondig? En as ek dit sou doen, wat sal daar dan met ons gebeur?!”

[6] Borus sê: “Wat dan, wat dan? Die wêreld het nog altyd ter wille van haar behoefte aan `n goeie lewetjie miserabele vrae gestel aan een of ander vriend wat meer omgee vir die suiwer waarheid as vir al die koninkryke van hierdie, met vloek belaaide, wêreld en daarom vind die heilige waarheid ook altyd haar graf in die huid en die buik van die mens wat van `n goeie lewetjie hou!

[7] Wie meer omgee vir die goeie lewe en `n skitterende reputasie in die wêreld, as vir die goddelike waarheid, die raak, al het hy nòg so `n goeie inbors, in sulke vrae en oorwegings verstrik, trek hulleself dan uit die goddelike lig in die duisternis van die wêreld terug en verloën op hierdie manier God en al Sy lig - en as mens sou vra: waarom? - Wat genoodsaak sy hart daartoe? Wel, niks anders nie as sy behoefte aan al die soorte van luukshede! Gulsig gryp hy daarom na alles waarmee hy homself van `n goeie lewetjie kan verseker; en as hy dikwels dan met veel moeite en inspanning dit bereik waarop hy sy wêreldse sin gesit het, gooi hy al die waarheid oorboord; en by die geringste teken dat hy deur die waarheid iets sou moes inboet van sy pragtige luuksueuse, welvarende lewe, tiranniseer hy liewer alles wat ook maar net `n vonkie egte waarheid in homself het.

[8] Word hy dan egter ongelukkig en siek en raadpleeg hy `n dokter, dan wil hy slegs maar waaragtige hulp hê! Waarom dáár dan wel waarheid, maar nêrens elders nie?!

[9] Kan u dan nie sien nie! U dogter ly aan `n ongeneeslike siekte; wat sou u nou gee vir `n waaragtige medisyne wat haar sou help! As ek u as ervare dokter sou sê dat daar wel één enkele egte medisyne sou wees wat haar op één slag sou genees, dan sou die medisyne tog sekerlik volle waarheid vir die liggaamlike siekte van jou dogter wees! Ja, vir dié waarheid sou u nou alles wil gee; maar vir `n waarheid waardeur jou siel gesond sou word, gee u nie net niks nie, maar waar u dit ook maar ontdek, vervolg u dit ook nog ter wille van u luuksueuse lewe! Sê u vir my: waar hoort so `n handelswyse tuis?

[10] U weet net so goed as ek dat die tempelmis waardeloos is; u weet dat dit alles afskuwelike bygeloof is, baie geskik om elke vonk van die betere lig by die volk te verstik, en tog sou u diegene van u geloofsgenote wat dit sou waag om openlik daarteen te praat, as `n skender van die heiligdom met vuur en swaard vervolg.

[11] Stel u vir uself eers `n ewige, regverdige God voor, wat die lig en die onveranderlike, ewige waarheid Self is, en wat Homself nie laat beïnvloed nie; wat sal Hy eenmaal aan sulke dienaars soos u sê?

[12] Waarlik, geeneen van u almal gaan Hom ontsnap nie! Of u nou glo of ook nie glo nie, daar ís tog `n groot hiernamaals agter die poort van die graf waar elke doen en late presies vergeld gaan word!

[13] Ek ken dit; want ek het dit gesoek en ook gevind. Ek het my Ewige Lewe in my hande en ek sou daar, as dit moontlik was, duisend liggaamlike lewens voor oor hê as dit net maar vir daardie prys verkry kon word.

[14] Maar ek hèt dit, en hierdie Ewige Lewe het my geleer om die vleeslike lewe te verag en daar maar net soveel waarde aan te heg as wat vir my nodig is, en ook behoort wees om daardeur die Ewige Lewe van die siel in al sy volheid te verwerf; en dat ek dit in alle duidelikheid en waarheid bereik het, het ek aan niemand anders as aan Jesus te danke nie, wat my die verborge weg daarheen gewys het.

[15] En hierdie Jesus, die God onder al die mense, vervolg u met vuur en swaard en u sal waarskynlik nie rus nie totdat u met Hom gedoen het wat u vaders met al die profete gedoen het!

[16] Wee u! God het u wat uself, skandalig genoeg, Sy volk, Sy kinders noem, `n God uit die hemele gestuur; elke woord van Hom is `n ewige waarheid uit God, dit is oorduidelik vir elke eerlike mens, en u wil Hom doodmaak omdat Hy u ou tempelmis afwys!

[17] Wee u! God se toorn gaan u verskriklik tref!

[18] Ja, ek sou u dogter nog wel kon help; ek voel die krag nou in my. Maar ek wíl haar nie help nie, want julle is duiwels en geen mense meer nie! En duiwels sal ek nooit `n helpende hand reik nie!”

[19] Hierdie woorde dring soos gloeiende pyle in die hart van die owerste in; hy sien wel deeglik die diepe waarheid in, en hy wil sy amp al neerlê, maar hy was bang vir die opskudding wat dit sou baar en sê aan Borus:

 

[20] “Jy sê dit beslis nie vriendelik nie, maar wat jy sê is waar. As ek nou, sonder om veel, en in `n sekere sin verderflike, opskudding te baar, uit my hoë pos kon bedank, dan was ek volledig bereid om dit vir die genesing van my geliefde dogter te doen! Maar dink nou aan die verskriklike opskudding wat die stap sou veroorsaak! Daarom moet ek dit voorlopig tot `n beter oomblik uitstel.”

[21] Borus sê: “Ek is uitgepraat, en ek gaan nou weer `n beter weg volg as hierdie een wat na u lei. Want hierdie is blykbaar die hel op aarde en daaraan kan geen engel iets goeds doen nie, laat staan nog ek as `n altyd nog swakke, en wat my liggaam betref, sterflike mens.

[22] Na hierdie woorde verlaat Borus, sonder dat hulle hom kan teëhou, die huis van die owerste, en haas hom opgewonde weg. Dit gebeur in Kapernaum op die tweede dag nadat ons op die meer die boodskappers ontmoet het.

[23] Maar Ek rus op die heuwel en verhaal die gebeurtenis `n hele dag voordat dit in werklikheid plaasvind.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205