|
Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 1 JACOB LORBER - AFRIKAANS
Hoofstuk 154
|
Spring: |
1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244. |
|
|
Die terugkeer van die twaalf apostels
154 Iedereen kyk nou na die môre, waar dit net soos by dit opkoms van die son steeds ligter begin te word, - natuurlik slegs maar vir die geestelike oog, hoewel die liggaamlike oog ook gevoelig word daarvoor.
[2] Na `n rukkie waarin die môre steeds ligter en ligter word, verskyn ten slotte drie gestaltes wat meer skitterend straal as die son en wat `n volmaakte menslike vorm het en hulle sweef deur die lug na ons toe. Maar deur die lig van hierdie drie engele, wat vanweë hulle lig en hulle vaste vorm die algemene naam van “gerubs” dra, was die geestewêreld haas nie meer te sien nie en die geeste lyk soos die rustelose newelwolke op die toppe van die berge.
[3] Toe die drie gerubs heeltemal by ons was, verdof hulle hul lig, werp hulleself voor My op hulle aangesigte en sê: “Heer! Wie in alle ewige oneindige hemele is dit waardig om U heilige aangesig te sien? Alle eer van die ewigheid en die oneindigheid slegs aan U!”
[4] Maar Ek sê aan hulle: “Bedek julle en gaan vinnig na benede, na die plekke waar My twaalf apostels vertoef! Hulle het My opdrag voltooi en dit is voldoende; gaan haal hulle daarom en bring hulle hierheen!”
[5] Op dieselfde oomblik bedek die drie engele hulleself, verwyder hulleself vinnig en `n paar oomblikke later bring hulle die twaalf uitgesonderdes deur die lug na My toe op die top van die berg.
[6] Behalwe vir Judas is dit vir die twaalf baie genoeglik om op so `n wonderbaarlike manier van so ver af na My toe gebring word.
[7] Slegs Judas sê: “Ek wens eens en voor altyd om nie weer op hierdie wyse te reis nie! Dit duur weliswaar maar `n paar oomblikke; maar Ek het so `n angs gehad, en die lug suis langs my verby!”
[8] Dit het die engele egter ook net vir Judas laat voel; die elf ander het niks daarvan opgemerk nie.
[9] Die volk praat later nog lank daaroor dat die apostels nou deur die drie engele van ver af deur die lug na My op die berg gebring was.
[10] Maar vele op die berg word bang en sê: “In hemelsnaam, so word dit vir ons te wonderbaarlik; dit is hier haas nie meer uit te hou nie!”
[11] En ander sê: “Dit kan slegs maar JaHWeH Self doen!”
[12] Die twaalf vertel egter baie oor wat hulle almal gedurende die kort tyd beleef het.
[13] Ek gebied die drie engele om vir voldoende brood en wyn te sorg, want die twaalf het honger en dors, omdat hulle `n hele dag niks te ete en te drinke gekry het nie. En die engele doen direk wat Ek hulle beveel het en bring die korrekte hoeveelheid brood en wyn. Toe neem die twaalf die brood en die wyn, eet en drink na behoefte en kom weer op krag.
[14] Die vyf dogters wil ook bietjie van die brood en die wyn proe en vra My daarom. Kisjonah verbied hulle dit egter en sê: “Begerigheid is ook `n sonde; daarom is selfverloëning by alles noodsaaklik, anders kom `n mens nooit tot die ware deug waarsonder daar geen lewe kan wees nie.”
[15] Maar Ek sê: “Vriend, laat hierdie sonde jou dogters vir ewig vergewe word, want hierdie sonde, wat in wese geen sonde is nie, word maklik vergewe. Jou dogters het waarlik in alle erns honger en dors en daar is genoeg brood en wyn vir almal wat hier is. En daarom moet almal na behoefte daarvan geniet, sodra die twaalf wat op die oomblik die meeste honger was, versadig is!”
[16] Die antwoord bevredig Kisjonah en sy dogters geheel en al. Ek sê daarna aan die twaalf apostels dat hulle nou die brood en wyn moes uitdeel en dit doen hulle dadelik.
[17] Daar was hierdie keer almal bymekaar goed by die agthonderd mense op die berg, wat `n heel wye top gehad het, waarop slegs `n stuk rots van één by vyf klafter* omhoog gerys het, wat egter vanaf die middagsye eweneens goed geklim kon word. Almal eet en drink en word versadig en loof en prys My vir hierdie wonderbaarlike maaltyd. En Kisjonah sê vanaf die rots, waar hy vir hierdie geleentheid opgeklim het: (*`n klafter = l,90m.)
[18] “Vriende en broers, luister na my! Ons ken die Skrif vanaf Moses tot by ons tyd, en die boeke oor die oorloë van JaHWeH, waarvan Moses en baie ander profete melding maak. Dit het ons uit Persië gekry en die vertaling daarvan gelees, omdat baie wyses dit as eg erken het; maar van al die wonders wat daarin beskrywe staan, is daar ook nie één wat te vergelyk sou wees met hierdie wat nou voor ons oë afspeel nie. Van so iets is nie net in Israel nie, maar ook in die hele wêreld nog nooit gehoor nie! Wie moet daarom Hy wees, wat sulke dade volbring, wat buiten God vir niemand moontlik is nie?!”
|
|
|
|
|