Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 1
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 240

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244.

Die korrekte viering van die sabbat. Die geroofde kinders en besittings word teruggegee

240 Die volgende dag, `n Sabbat, vra Faustus, hoewel hy `n Romein is, aan My of die Judese Sabbat hier gevier moes word of nie en wat daar met die elf fariseërs moes gebeur.

[2] Ek sê: “Liewe vriend en broer! Elke dag wat met goeie dade gevul word, is `n ware Sabbat en op elke dag waarop mens iets gedoen het wat beslis goed is, het mens juis daardeur `n egte Sabbat gevier. Daarom moet jy op die Sabbat soveel goeds doen as jy maar kan en wil, en dit sal jou sekerlik nie as sonde toegereken word nie, behalwe deur die slegte wêreldse dwase, wat selfs die wind vervloek as hy op `n Sabbat waai en dit ook doen met die reën en die swerms deur die lug vlieënde voëls. Sulke dwase mag vir ons nooit dien as navolgenswaardige voorbeeld nie, maar slegs as `n bo alles afskuwekkende voorbeeld; want hulle vervloek die goeie, en wil dat hulle slegte dade deur die hele wêreld hoog geroem word! Nou weet jy wat jy op elke Sabbat moet doen!

[3] Wat die elf betref, laat ook hulle vry nadat jy al hulle skatte bemagtig het. Stuur die keiser wat hom toekom, en gee hom na eie goeddunke `n rede op vir die vertraging; maar gee die tempel ook sy deel uit die grot by Gorasin, vertel die Hoëpriester daarbenewens hoe die skatte deur die elf fariseërs al `n aantal jare gelede ontdek is, maar van die tempel weerhou is wat hom eintlik toekom, en dan sal die tempel die saak met die elf wel paslik behandel.

[4] Wat betref die skatte in die gebergte van Kisjonah, laat `n derde aan hom toekom en aan jou `n derde in naam van die keiser en verdeel `n derde onder al die armes wat vir hulle kinders en hulle geroofde goedere hierheen gekom het, en dan is die hele regsaak daarna vir alle tye der tye beëindig. Gebruik die dag van vandag!

[5] Baram en Kisjonah het goeie skepe en met `n gunstige wind sal julle binne `n paar uur klaar wees met die ontruiming by Gorasin; `n deel van die manne moet hulleself egter besighou met die ontruiming van die Kisjonah-grot, en as julle `n bietjie deurwerk, kan julle die skatte uit beide grotte vir die aand hier hê en dit môre na hul plek van bestemming stuur!

[6] Ek sou die skatte wel alles in `n oogwink deur ArgiEl hierheen kon laat bring, maar daar is hier nou te veel volk en so `n wonder sou te veel opsien baar; daarom doen Ek dit nie. Maar Ek sal julle tog in die geheim so help dat julle die werk - waarvoor jy normaalweg sekerlik drie dae sou nodig hê - in één dag, dus vandag, heeltemal klaar kry. Talm nou egter nie, maar gaan na links en regs!

[7] Neem egter oral slegs één fariseër mee; die ander moet intussen hier opgesluit bly!

[8] Pilah moet hier bly; want hy is alreeds te goed vir daardie soort sake, waarmee kinders van God hulleself so weinig moontlik moet besig hou. Ook hoef jy nie persoonlik na die twee aangeduide plekke te gaan nie, maar `n kommissaris is voldoende, as jy hom die nodige volmag gee. Ons sal ons intussen besig hou met die verdeling van die pande en die teruggee van die kinders aan die betrokke ouers.”

[9] Wie anders as Faustus is die mees tevrede oor hierdie reëling! Want hy het daarmee `n drieledige voordeel: ten eerste bly hy by My, ten tweede by sy jong eggenote wat hy nou buitengewoon liefhet, en ten derde het hy sodoende tyd om aan die keiser `n verklarende brief, `n geleibrief en `n bestemmingsbrief op goeie perkament op te stel, en al die gelde en skatte reeds die volgende dag na hul plek van bestemming af te stuur.

[10] Nadat beide kommissarisse vertrek het om die genoemde skatte te gaan haal, begin ons dadelik met die verdeling van die pande en die kinders, wat laasnag al merendeels hulle ouers gevind het; maar onder hulle was daar tog enkeles waarvan die ouers siek tuis lê van hartseer en verdriet, en daarom nie na Kis kon kom om daar hulle kinders en ander goed af te haal nie.

[11] Hierdie ouers gee toe hulle bure opdrag om hulle kinders en hulle besittings, as dit na die bekendmaking nog êrens aanwesig sou wees, in ontvangs te neem; en so word by die verdeling ook daarmee rekening gehou, en iedereen kry presies wat hom toekom. En iedereen kry van Kisjonah af, uit die derde deel van die skat uit die grot wat op sy terrein lê, bo en behalwe die nagekome afrekening soos Ek dit bepaal het, `n som van honderd pond ekstra. Na hierdie werk en die skenking mag al die deelhebbendes, waarvan daar natuurlik `n paar honderd was, weer uit Kis huistoe gaan, nadat hulle eers nog deur Faustus `n goeie raad en vermaning gegee word.

[12] Kisjonah laat al die vragskepe gereedmaak en die hele groot karavaan uit Gorasin, Kapernaum en Násaret word op hierdie manier weer huistoe gebring, en die verdeling en die huistoe bring duur skaars iets meer as sewe en `n half uur.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205