|
Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 1 JACOB LORBER - AFRIKAANS
Hoofstuk 208
|
Spring: |
1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244. |
|
|
Aardbewing, storm en onweer
208 Ons verlaat daarop die heuwel en begewe ons onder die skaduryke bome in. Daar was `n lekker stuk gras onder `n wydvertakte vyeboom waarop Ek gaan sit en slaap; en al die ander in My omgewing, selfs Maria, gaan ook sit en raak aan die slaap. Slegs JonaEl, Jaïrus en Matthéüs sit by `n tuintafel, waar Matthéüs sy skryfvelle begin orden, en die engel van JonaEl en Jaïrus hom op `n aantal onvolledighede wys.
[2] Teen die middag bemerk Baram, wat homself intussen saam met Kisjonah op die skip bevind, dat daar in `n westelike rigting besonder swaar onweerswolke bo die horison begin saampak, en dat die waterspieël steeds gladder en gladder word, wat `n sekere teken is dat daar baie gou `n verskriklike onweer, vergesel deur `n aardbewing aan die kom is.
[3] Daarop laat Baram al die eetware uit die skip haal en die skip so stewig moontlik aan die oewer vaslê; en skaars was Baram met die werk klaar, of mens sien die water al in die verte tot `n ongelooflike hoogte oprys!
[4] Toe sê Kisjonah: “Ons sal die Heer en Sy leerlinge moet wakker maak; want as die water só hoog is, so hoog as wat ek dit nog nooit voorheen gesien het nie, dan kan die meer dalk die hele tuin oorstroom en boonop kan die slapendes beseer word! Dit is ook nog moontlik dat die skip heeltemal op die oewer geslinger word.”
[5] Baram sê: “Ja vriend, as die Heer hierdie keer die storm nie aan bande lê nie, dan sal dit onbeskryflike skade kan aanrig! Maar ek vertrou op die Heer; Hy sal ons beslis nie te gronde laat gaan nie! En ek glo dat solank Hy rustig slaap, ons van die komende storm wat binne enkele oomblikke hier sal wees, weinig of niks te vrese het nie; maar laat ons tog gou na Hom toe gaan en Hom op die komende storm wys!”
[6] Vervolgens hardloop die twee saam met die skeepsbemanning na My toe en probeer om My wakker te maak; maar Ek ontwaak nie, want daar het Ek `n goeie rede voor en die engel kom na hulle toe en sê: “Laat Hom rus en wek Hom nie; want Hy slaap juis vanweë die noodsaaklike storm. Uit wat direk daarna gaan gebeur, sal blyk wat die doel van die storm was!”
[7] Kisjonah sê: “Maar wat moet ons dan doen as die huishoë golwe uit die meer in `n rasende vloed selfs oor my tuin gaan spoel?”
[8] Die engel sê: “Wees oor ander dinge besorg! Dink u dan dat die Heer, hoewel jy Hom sien slaap, nie van die storm weet nie?! Kyk! So wíl Hy dit en daarom gebeur dit so. Wees dus kalm!”
[9] Kisjonah vra: “Ken jy die rede?” Die engel antwoord: “Ook as ek dit sou weet, dan mag ek dit u tog nie sê voordat die Heer dit goedkeur nie; vra dus niks meer nie en bly kalm, sonder vrees en angs; dit wat kom sal u almal se oë open!”
[10] Na hierdie woorde van die engel, wat daarna baie rustig vir Matthéüs help om sy velle op die juiste manier te orden, word Kisjonah kalm en Baram sê: “Ek moet openlik erken dat ek nog nooit voorheen in my lewe `n dreigender storm gesien het as dié een nie, wat nou enige oomblik skyn los te bars; maar ek het ook nog nooit onverskilliger en met minder vrees na `n storm soos na hierdie een gekyk nie! Kyk daar! Dit sal by `n matige wind skaars nog `n kwartier neem vanaf die inham tot hier, wat jy ook gemaklik binne daardie tyd kan roei! Die storm moet binne `n paar oomblikke hier wees!
[11] Maar let op, die verskriklike golwe beweeg in die lengterigting van die meer, ek sou sê `n kwartier buite die inham reg in die rigting van Sibarah en lyk soos drywende berge wat elke oomblik deur duisend bliksems verpletter word! En tog is die inham nog so rustig dat jy moeiteloos sowel die rand van die storm as die oewer duidelik kan sien; dit is beslis `n baie seldsame verskynsel! Ek moet toegee: as jy met `n baie rustige gemoed daarna kan kyk, dan is dit in alle erns `n seldsame, uitermate verhewe en pragtige gesig. Maar vir diegene wat hulleself moontlikerwys buite op die stormagtige meer bevind, sal dit wel anders moet wees as vir ons hier aan die spieëlgladde baai!
[12] In die geheel sal dit miskien nog `n halfuur wees tot aan die afgryslik-lykende storm se einde, en tog kom die dreunings van die donder magtig hierheen aangerol! Daar aan die kant van die storm moet jy daar beslis doof van word! Nou voel ek ook `n behoorlike aardskok! Merk jy daar niks van nie?”
[13] Kisjonah sê: “O ja, ek wou jou juis daarop wys, maar dat my inham by dit alles nog so baie rustiger bly as anders, dit is `n buitengewone wonder! Want ek weet maar al te goed wat vir `n heillose spektakel hier kan ontstaan as dit eenmaal begin. Maar die water is binne, en `n behoorlike stuk buite, die inham nog steeds volkome rustig. Maar luister eers, die bewe van die aarde word hewiger! As die huise maar nie daardeur beskadig word nie! Nou ontdek ek ook baie merkwaardige sirkelbewegings in die inham, en ook buite die inham begin die springgety al sigbaar te word; dit sal nou nie lank meer op homself laat wag nie! Nou, in die naam van die Heer! Daar kan ons niks ergers oorkom as dat ons ons aardse lewe daardeur inskiet nie, laat dus maar gebeur wat daar moet gebeur; die Heer en Sy engel is immers by ons! Maar dit is `n skrikwekkende gesig! Die Heer sy al die sondaars barmhartig!”
[14] Nou word ook die baai onrustig. Harde windstote gier deur die bome en tallose bliksemstrale skiet deur die inkswarte wolke. Met onvoorstelbare harde lawaai ontlaai verskeie bliksems hulleself in die inham en veroorsaak `n heftige, na alle kante bruisende, skuim; maar geen reëndruppel val nog uit die gloeiende wolk nie. Daar slaan `n bliksem in die heuwel waar ons die nag deurgebring het; die oorverdowende lawaai van die bliksem wek almal uit hulle rustige slaap uit, behalwe vir My.
[15] Toe almal wat nou wakker geword het, so `n onbeskryflike geraas en so `n storm der storms bo hulleself sien, en heeltemal wakker word deur tien bliksems wat gelyktydig teen die oewer slaan, kom hulle gou orent en die leerlinge hardloop vinnig na My toe en wek My met luide krete van angs!
[16] En Judas sê, heeltemal ontsteld: “Maar Heer! Hoe kan U tog slaap in hierdie storm van die elemente? Die bliksems lyk soos reën wat uit die hemele val. Wie is hier ook maar `n oomblik veilig teen die dood? Help, Heer, anders word die hele aarde verwoes!”
[17] Ek sê: “Is jy al deur `n bliksem getref?” Judas sê: “Tot nou toe weliswaar nog nie; maar wat tot nou toe nog nie gebeur het nie, dit kan met hierdie storm tog nog wel baie maklik gebeur! Dus praat ek slegs nog maar solank ek in die lewe is; die volgende bliksem kan my wel vir altyd die praat belet!”
[18] Terwyl Judas dit nog sê, rol die vloedgolf met ontsettende gedreun en lawaai die inham in; en omdat die vloedwater opsigtelik verskeie vadems hoër is as ons staanplek in die tuin, begin al die leerlinge te skreeu en `n paar vlug selfs na die nabygeleë heuwel, waarvandaan hulle egter gou deur die duisende bliksemstrale gedryf word. “Heer, help ons as U kan en wil, anders oorleef ons dit nie!”, roep daar nou honderde van hulle. Slegs Matthéüs, Jaïrus, JonaEl en hulle engel laat hulleself nie van stryk bring nie en is byna met hulle werk klaar.
[19] Nogtans stop Ek die storm wat betref sy blinde geraas en woede egter nie, maar laat hom sy gang gaan; hy mag net nie die geringste skade veroorsaak nie!
|
|
|
|
|