Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 1
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 113

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244.

Die wese van die Johannes- en die Matthéüs-evangelie

113 Skrywer Matthéüs, wat my op `n klein afstand volg om te sien wat daar gebeur en om dit daarna op te skrywe, kom nou ook by My staan en vra My of hy hierdie gebeurtenis moet opskrywe.

[2] Maar Ek sê: “Doen dit nie, sodat mense later nie die gebeurtenisse verwissel nie! Want oormôre gaan ons weer na die meer en daar sal presies so `n gebeurtenis plaasvind wat jy dan heeltemal moet opskrywe! Vanaf môre kan jy trouens al begin om die buitengewone op te skrywe wat daar gaan gebeur!”

[3] Matthéüs weet nou wat hy moet doen; maar ook Johannes vra, omdat die gebeure vir hom so buitengewoon voorkom, of hy, al was dit maar met enkele woorde, ook aantekeninge mag maak van hierdie daad.

[4] En Ek sê aan hom: “Dit kan jy wel doen, maar nie direk by dit wat jy tot nou toe opgeskryf het nie, maar effens verderaan; want binne `n halfjaar kry ons weer `n keer so `n geskiedenis, en dan kan jy óf die een óf die ander een opskrywe!

[5] Dit is glad nie so belangrik of die een teken of die ander, wat baie ooreenkom met `n vroeëre teken, opgeskryf word nie, omdat dit by die latere navolgers van My leer maklik verwarring in die hand kan werk en uit sodanige verwisselings vervolgens allerlei getob en twyfel kan ontstaan, wat dan die hóófsaak, wat immers slegs uit My leer bestaan, veel meer skade kan doen as baat.

[6] Solank Ek en julle en diegene wat elkeen vir homself kan getuig van die volle waarheid van die baie tekens, nog op hierdie aarde lewe, word al die twyfel maklik voorkom; maar in latere tye as, ter wille van die vryheid van die menslike wil, slegs die geskrewe oor My moet getuig, dan moet die geskrewe suiwer en goed georden wees, anders skaad dit meer as wat dit baat.”

[7] Johannes sê: “Liewe Heer! Wat U nou sê, is sekerlik volkome waar; maar sou dit juis daarom nie beter wees as ek alles wat U doen en leer presies sou opskrywe soos broer Matthéüs nie?

[8] Want as die mense dan later ons geskrifte met mekaar vergelyk, en by my dalk nie sal vind wat wel in dié van Matthéüs staan, sal hulle dan nie begin te wonder en aan die egtheid van die hele evangelie begin twyfel nie en sê: 'Was daar dan nie één Jesus gewees nie, wat dieselfde geleer en ook sekerlik dieselfde gedoen het nie? Waarom skryf Matthéüs dít en Johannes dát, dit lyk nie na dieselfde ding nie en tog moes albei altyd aan Sy sy gewees het?’ Ek dink dat as ek sake ietwat anders opskryf as Matthéüs, daardie oordeel van diegene wat ná ons kom, onder die genoemde omstandighede nie uit kan bly nie.”

[9] Ek sê: “Jy het heeltemal gelyk, liewe broer; maar weet dat die redes waarom Ek dit so laat doen, jy nou nog nie kan begryp nie, maar later sal dit vir jou wel duidelik word.

[10] Wat Matthéüs skryf, het slegs vir hierdie aarde `n besondere waarde, maar wat jy skryf, geld vir die hele ewige oneindigheid! Want alles wat jy skryf, bevat veskuild die suiwer goddelike werk van ewigheid tot ewigheid deur al die reeds bestaande skeppinge en ook deur dié, wat in toekomstige ewighede in die plek gaan kom van die nou bestaande. En ook al sou jy in baie duisende boeke skrywe dit wat Ek aan jou en julle almal daaroor nog sal onthul, dan sou die wêreld daardie boeke onmoontlik nie kon verstaan nie en aan sulke boeke sou die wêreld daarom niks hê nie.

[11] Maar wie volgens die oorgelewerde leer leef, en glo in die Seun, dié word sekerlik in die gees wedergebore en die Gees sal hom tot in al die dieptes van die ewige waarheid lei.

[12] Nou weet jy die redes waarom Ek jou nie alles laat opskrywe nie; vra dit My daarom voortaan nooit weer nie. Want dit mag nooit te duidelik aan die wêreld gesê word nie, sodat sy nie in `n nog swaarder gerig verval as die ou noodsaaklike gerig waarin sy nou alreeds verkeer nie.

[13] Ek wil My leer egter só gee dat niemand slegs maar deur die evangelie te lees of te hoor die lewende waarheid kan deurgrond nie, maar dit slegs kan bereik deur volgens My leer te handel. Slegs deur daarvolgens te handel, sal My lig in elke mens steeds helderder begin skyn!” (sien Johannes. 7: 17)


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205