|
Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 1 JACOB LORBER - AFRIKAANS
Hoofstuk 112
|
Spring: |
1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244. |
|
|
Die dogtertjie van Jaïrus word uit die dood opgewek
112 Terwyl Ek nog met die leerlinge oor die vrou praat, kom enkele van die personeel van die owerste byna uitasem op ons afgehardloop, en dra aan die owerste die treurige nuus oor dat sy dogter gesterf het.
[2] Die owerste word baie hartseer en sê aan My: “Liewe Heer, moenie verder moeite doen nie, want dit is nou, en dit is uiters hartseer, te laat om my liefste dogter, wat alles vir my beteken het, te help!”
[3] Met hierdie woorde begin hy hardop huil, want hy was baie lief vir sy twaalfjarige dogter, `n baie mooi geboude en welgeskape meisie met die liggaam van `n twintigjarige, en die enigste kind van die owerste.
[4] Nadat Ek dit eers van sy personeel, en toe van homself gehoor het, en Ek van ganser harte medelye met die diepbedroefde owerste het, sê Ek aan hom: “Vriend, moenie bang wees nie, glo net! Jou dogter het nie gesterf nie, sy het net aan die slaap geraak - Ek sal haar wakker maak!”
[5] Ná hierdie gerusstelling van My, haal die owerste verlig asem.
[6] Ongeveer `n duisend treë vanaf die huis van die owerste, sê Ek aan sowel die mense as die leerlinge, wat nog `n enigsins swak geloof gehad het dat hulle hier moes wag en dat slegs Petrus, Jakobus en sy broer, en Johannes saam mag gaan, want op hulle geloof kon mens al huise bou.
[7] Vervolgens gaan Ek saam met die hoof van die skool die huis binne, waar daar `n groot rumoer is en, volgens Judese gebruik, geweeklaag en geween word en klaagliedere gesing word.
[8] Toe Ek die kamer binnekom waar die gestorwene op `n mooi opgemaakte bed lê, sê Ek aan die baie lawaaimakers: “Hoekom maak julle so baie lawaai en huil-skree so ontsettend? Die dogtertjie is immers nie dood nie, sy slaap maar net!”
[9] Nou lag hulle My uit, en sê: “Ja, so sien slapende mense daar uit! Dink U dat dit slaap is as daar al vir drie en `n half uur geen polsslag is nie, en die liggaam koud en kleurloos geword het en die oë gebreek het? Ja, Ja, dit is miskien `n slaap, maar uit hierdie slaap ontwaak geen mens weer nie, behalwe op die Laaste Dag!”
[10] Ek sê aan die owerste: “Stuur hulle almal na buite, want hulle ongeloof kan Ek hier nie gebruik nie.” Die owerste doen dit, maar die herrie-op-skoppers luister nie na hom nie en hy vra My om hom te help. Toe dryf Ek hulle almal met geweld na buite en hulle hardloop ylings na alle kante toe weg.
[11] Daarna gaan Ek saam met die owerste, die bedroefde moeder en die vier leerlinge weer die kamer binne waar die gestorwe dogtertjie lê, loop reg op haar bed af, gryp haar aan haar linkerhand en sê vir haar: “Talitha kumi!” wat beteken: ‘Meisie, ek sê vir jou, staan op!”
[12] En onmiddellik sit die meisie regop, spring vrolik en opgewek van die pragtige bed af, loop oudergewoonte op haar lewendige manier reg rondom die kamer en gaan streel dan haar huilende moeder en haar vader! Nou kom die vrolike meisie agter dat haar maag leeg is dat sy honger is en iets wil eet.
[13] Die uiters blye ouers wend hulle tot My en vra onder trane van vreugde en dankbaarheid of, en wat hulle hulle dogter te ete moet gee. Ek sê: “Waarvan sy ookal hou en wat ookal byderhand is - gee haar in elk geval net iets om te eet!”
[14] In `n skottel lê vye en dadels, en die dogtertjie vra of sy die vrugte mag eet. Ek sê: “Eet maar wat vir jou lekker is. Jy is nou heeltemal gesond en jy sal voortaan nooit weer siek word nie!”
[15] Die meisie storm op die skottel af en eet dit amper leeg. Die ouers is bekommerd dat dit sleg vir haar kan wees.
[16] Ek stel hulle gerus en sê aan hulle: “Moenie bekommerd wees nie; as Ek sê dat dit haar nie meer skade kan doen nie, dan sal dit haar ook nooit weer skade doen nie!” Toe is die ouers oortuig.
[17] Nadat die meisie genoeg geëet en haar lofsang uitgespreek het, gaan sy na haar ouers en vra hulle saggies wie Ek dan nou is. Want, terwyl sy op haar bed geslaap het, sien sy die Hemele geopen en `n groot aantal skynende engele. “En te midde van die engel staan `n baie vriendelike man na my en kyk, loop op my af, gryp my aan die hand, en sê: ‘Talitha kumi!’ en na sy oproep was ek dadelik wakker! En kyk, die Man daar lyk net soos die een wat ek vroeër in die droom tussen so baie engele sien staan het! Ag, dit moet `n baie liewe man wees!”
[18] Die owerste verstaan die vraag van sy dogter maar al te goed; maar omdat Ek hom `n teken gee, sê hy slegs aan haar dat sy `n mooi en ware droom gehad het wat hy binnekort volledig vir haar sou uitlê. Hierdie antwoord is vir die dogtertjie voldoende.
[19] Ek sê toe aan die owerste dat hy nou met sy dogter, haar moeder en Ek na buite moet gaan sodat diegene wat buite wag, beskaamd sou word vanweë hulle ongeloof. Ons gaan na buite. Toe die ongelowiges die dogtertjie sien, wat goed daar uitsien en opgewek na hulle toe kom en hulle vra waarom hulle so verbyster en geskok rondstaan, raak hulle nog meer van stryk af en sê: “Hierdie wonder is die grootste van al die wonders! Die meisie was regtig dood, en nou leef sy!” Hulle wil dit dadelik in die hele omgewing bekend maak.
[20] Maar Ek waarsku hulle dringend om dit nie te doen nie en gebied hulle om hierdie saak, ter wille van hulle eie liggaamlike sowel as geestelike verlossing, vir hulleself te hou. Hulle swyg, en gaan weg.
|
|
|
|
|