Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 1
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 81

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244.

Oor die behandeling van misdadigers; die doodstraf en haar werking. Die Heer is die brug na die geestelike wêreld

81 Ek sê: ”Vriend, as jy My leer so uitlê en begryp, is jy baie kortsigtig! JonaEl het jou immers ook al gesê dat `n geveg met `n bose vyand op bevel van God of `n onvoorkombare geval van noodweer deur My so gereël word dat die mense wat in dergelike gevegte gedood word, se siele direk onder `n streng gerig val en nóg aan hulle regverdige oorwinnaar nóg êrens op die aarde bose vergelding teweeg kan bring. As dit nou `n onveranderlike waarheid is waaruit jy duidelik kan sien wat die kern van hierdie saak is, hoe kan jy dan met sulke twyfelagtige stellings My leer bestry?

[2] Wie het jou dan vertel dat mens egte misdadigers, wat erger is as al die wilde diere, nie moet gevange neem en in versekerde bewaring moet hou nie? Inteendeel, egte naasteliefde gebied jou dit; want net so sekerlik weet jy dat wanneer `n hiëna `n mens aanval, die dier met `n skerp wapen gedood moet word, net so sekerlik word `n eerlike mens te hulp gekom as hy buite op straat of in sy huis deur `n roofmoordenaar aangeval word.

[3] Omdat sulke menslike hiënas egter, as hulle baie vermeerder, nie slegs vir eensame wandelaars nie, maar uiteindelik ook vir hele gemeenskappe gevaarlik kan word, is dit selfs `n noodsaaklike plig van die maghebbende owerheid om jag te maak op sulke gevaarlike mense en hulle in kerkers op te sluit.

[4] Maar die doodstraf mag slegs oor diegene uitgespreek word by wie gedurende `n periode van tien jaar elke middel om op enige wyse sy lewe te verbeter, sonder gevolge bly. As die misdadiger op die galg beterskap belowe, dan moet mens hom nog `n jaar bygee! As daar in daardie tyd egter geen beterskap plaasgevind het nie, dan moet die doodstraf voltrek word; want van beterskap by so `n mens op aarde is dan niks meer te verwagte nie en dit is beter om hom van hierdie aarde af te verwyder!

[5] As die regmatige maghebbende owerheid egter met die toestemming van die volk so `n welverdiende doodstraf wil verander in `n lewenslange gevangenisstraf, en verder wil gaan met haar pogings om die misdadiger te verbeter, dan staan dit hulle vry, en Ek sal hulle daarvoor nooit tot verantwoording roep nie.

[6] Sulke vyande van die mense wat volgens My leer lewe, het na hulle dood geen mag om hulleself te wreek nie. Dit kan slegs bewerk word deur die geeste wat behoort aan mense wat die goeie doen op hierdie wêreld, maar nie deur tirannieke, uitermate hoogmoedige, self- en heerssugtige en derhalwe ook totaal onregmatige heersers wat op die gruwelikste wyse gedood was nie!

[7] As onmenslike regters hulleself deur sulke onregverdige vonnisse vyande maak, sal die geeste van hierdie vyande hulleself op die onregverdige regters wreek, want hulle het van My toestemming om hulleself te wreek; maar die werklik deur en deur bose geeste mag dit nooit doen nie - nou glo Ek dat jy geen verdere twyfel sal hê nie!”

[8] Die owerste sê: “Ja, nou is Scylla en Charibdis wel van die baan; in hierdie opsig is dit vir my nou heeltemal duidelik.

[9] Hoe U waarlik heilige leer egter op `n pad met so ontsaglik baie hindernisse die nag sal deurbreek waarin die mensdom nou begrawe lê, dit is vir my nog net so onduidelik soos voorheen! As die suiwering met wondere teweeggebring moes word, dan sou dit vir die mense nie baie nut hê nie, soos U Self sê, omdat op so `n manier die mense, wat vry moet word en wees, slegs maar masjiene sou word; daarenteen sal dit langs die natuurlike weg baie bloed kos en `n ontsettende lang tyd verg! Ja, ek sou byna met sekerheid durf sê, hoewel ek geen profetiese gawe het nie, op grond van my kennis van die mensdom uit die verre omtrek van Asië, Afrika en Europa, van nou af gereken binne twee duisend jaar nog lank nie die helfte van die aardse mense hulleself in die Lig van U leer sal bevind nie! - het ek gelyk of nie?”

[10] Ek sê: ”In beginsel is jy nie verkeerd nie. Maar in die geheel gesien is dit nie so belangrik soos wat jy dink nie, want dit gaan hier nie soseer daaroor of My leer wel deur elkeen op aarde aanvaar word of nie, maar baie eerder dat daar deur My huidige koms op aarde en deur My Woord en My leer uiteindelik geslaag sal word om die brug tussen hierdie materiële wêreld en die verre geestelike wêreld te bou, waarvan die ewige velde aan die anderkant van die graf lê!

[11] Wie My leer tydens sy lewe op hierdie aarde geheel en al sal aanneem, sal reeds tydens hierdie lewe oor hierdie brug gaan; wie egter op aarde My leer lou en onvolledig of gladnie aanneem nie, díe sal in die ander wêreld `n diepe duisternis om hulleself heen vind, waardeur dit baie moeilik vir hom sal wees om hierdie brug te vind!

[12] Maar die mense wat nooit in staat was om nog hier op aarde iets oor My leer te hoor nie, kry in die hiernamaals gidse wat hulle na hierdie brug sal neem. As die geeste wat met My leer onbekend was, die gidse volg, sal hulle ook oor hierdie brug tot die ware Ewige Lewe kan kom; as hulle egter hardnekkig by hulle eie leer bly, dan sal hulle volgens die leer wat hulle in hulle lewe gevolg het, slegs as skepsels veroordeel word en nooit die kindskap van God bereik nie! - Kyk, so steek dit inmekaar! Dink daaroor na en sê My wat jy daarvan dink, - maar vinnig; want My tyd op hierdie plek is byna verstreke!”

[13] Na `n tydjie antwoord die owerste: ”Heer, alles is vir my nou helder en duidelik en sou ek met die verloop van tyd êrens aan iets twyfel, wel, dan het U immers vir ons hier `n man verlig wat ons oor alles kan onderrig! Daarvoor sal U Naam deur my en ons almal bo alles geloof en geprys word! -Veroorloof my slegs nog `n guns, en dit is dat as U nou van ons weggaan, U weldra weer tot ons sal terugkeer! Want hier sal dit my ergste bekommernis wees dat U by U terugkoms waardiger harte sal vind as wat dit hierdie keer die geval was!”


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205