Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 1
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 152

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244.

Wonderlike gebeurtenisse. Kontak met die geeste van gestorwe mense

152 Op hierdie top vertoef ons `n dag en `n nag en geniet baie heerlike en wonderbaarlike dinge.

[2] Vir My was hier natuurlik niks wonderbaarliks nie, omdat die oorsprong van die tallose verskynsels en gebeurtenisse in Myself lê en moet lê; maar almal wat by My was, beleef heerlike en wonderbaarlike dinge in oorvloed.

[3] Ten eerste was daar die verruklike wye uitsig, wat gedurende die dag alle oë voortdurend besig gehou het. Ten tweede laat Ek na sonsondergang toe dat die innerlik oog van die mense geopen word, sodat hulle in die groot wêreld van die geeste kon sien.

[4] Hoe groot was die verbasing nie by almal dat daar bokant die aarde `n groot wêreld gevul is met wesens wat daar leef en werk nie, en ook onafsienbaar wye uitgestrekte streke en gebiede is wat ten dele buitengewoon heerlik is, ten dele ook soos die middernag baie woes en treurig daar uitsien.

[5] In stilte gebied Ek egter al die geeste om oor My te swyg.

[6] Baie leerlinge praat met die geeste oor die lewe na die dood van die liggaam, en die geeste was vir hulle `n oortuigende bewys van `n verdere en meer volkome lewe na die liggaamlike dood en hulle kry insig in die aard daarvan.

[7] Kisjonah sê ook: “Nou is al my wense vervul. By alles wat Ek het en by hierdie berg wat my aardse besitting is, sou ek die helfte van al my besittings gegee het, as ek nou `n paar van die belangrikste Sadduseërs en Esseners, wie nie glo in `n lewe na die dood van dit liggaam nie, hier kon kry! Hoe sou hierdie wyses hier hulle neuse tot bloedens toe aan die geestewêreld kon stoot! Self was ek op `n tyd heeltemal deur hulle leer aangegryp, maar het dit geleidelik weer gelos, omdat `n behoorlike grieselige verskyning van my vader my gelukkig uit die droom gehelp het.

[8] Dit is tog buitengewoon! `n Mens kan nou as gelykes met hierdie wesens omgaan en praat. Waar Ek my wel `n bietjie oor verwonder is dat daar hier onder die baie geeste, waarvan Ek sommiges as persone heel goed herken, geen aartsvader, geen profeet en ewemin `n koning te sien is!”

[9] Ek sê: “Beste vriend en broer, ook hulle lewe in die geesteswêreld; maar sodat al die miljoene en miljoene geeste hulle nie een of ander goddelike eer sal bewys nie, word hulle op `n heel ander plek, wat die voorportaal van die hel heet, afgesonderd gehou van alle ander geeste en daar bly hulle in die volle verwagting dat Ek hulle nou in hierdie tyd sal vrymaak en hulle dan binne sal bring in die hemele van die oerwoning van My engele, - wat ook dan weldra sal gebeur.

[10] Trouens vorm hierdie geeste van die aartsvaders, profete en goeie konings `n afskerming tussen die werklike hel en hierdie geestewêreld, omdat die hel hulle nie kan verduister, verpes of verlei nie.

[11] Die satan mag weliswaar die natuurlike wêreld ingaan om homself van tyd tot tyd daar uit te lewe, maar hierdie geestewêreld is vir ewig vir alle duiwels ontoeganklik. Want waar die eintlike lewe eenmaal begin, daar bly die dood vir ewig ver weg. “Satan”, ”duiwel” en “hel” is die gerig en dus die eintlike dood self en het daarom niks meer te doen in die ryk van die lewe nie. Verstaan julle dit goed?”

[12] Kisjonah sê: “Heer, so goed as wat dit moontlik is en U barmhartigheid dit toelaat, begryp Ek dit nou; maar agter dit alles sal sekerlik nog enorm baie skuil wat Ek waarskynlik dan eers heeltemal sal kan bevat en begryp as Ek eendag self `n bewoner van hierdie tog wel meer duistere as vriendelike wêreld sal wees. In die môre en middag sien hierdie geestewêreld buitengewoon mooi en vriendelik daar uit, maar teen die aand en middernag sien dit daar nog baie droewiger en treuriger uit as op die uitgestrekte vlakte waar die groot Babel eers gestaan het. So `n aanblik bederf dan ook die lieflikheid van die môre en die middag.”

[13] Ek sê: “Jy het gelyk; dit is soos wat jou gevoel dit vir jou ingee. Maar die geeste van wie jy nou baie honderdduisende voor jou sien, sien die aand en middernag nie soos jy dit nou sien nie, want `n gees sien altyd slegs maar dit wat met sy innerlike ooreenstem.

[14] Omdat nóg die aand en nóg minder die middernag ooreenstem met hulle innerlike, sien hulle nie die aand nie en die middernag nog minder. Eers wanneer hulle heeltemal gelyk word aan My engele, dan sal hulle ook alles so kan sien soos wat jy dit nou sien.”

[15] Kisjonah sê: “Heer, dit is weliswaar nog duister en Ek begryp dit nog nie, maar Ek dink dat dit voorlopig ook nie heeltemal nodig is nie. Maar omdat U, o Heer, hier nou so vrygewig is met sulke wonderbaarlike onthullings, wat sou U dan daarvan dink om ons naas hierdie tallose baie geeste ook `n paar engele te laat sien? Ek het al so baie oor die aartsengele, oor die gerubs en serafs gehoor, baie daaroor in die Skrifte gelees en Ek het my baie verskillende voorstellings daarvan gemaak wat waarskynlik baie verkeerd en dus foutief was. U, o Heer, sou my nou wel `n korrekte voorstelling daarvan kon gee, as dit U heilige wil sou wees!” - Ook die vyf dogters, wat die hele tyd in My omgewing was, vra dit vir My.

[16] Ek sê: “Ek wil dit doen; egter nie vóór die aardse middernagtelike uur nie, maar daarna. Praat jy nou met die geeste, maar verraai nie aan hulle dat Ek hier is nie, want hulle het vóórtydig niks daaraan nie, want elke gees moet sy rypheid in volle en ongedwonge vryheid verkry.

[17] Met hierdie belofte was hulle almal tevrede en hulle wag verlangend sodat die middernag kon verbygaan.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205