Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 1
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 72

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244.

Die einde van die wêreld en die gerig

72 Ons vertrek, en die owerste en sy geneesde vrou, en twee van sy vernaamste onderkommandante vergesel my. Die owerste en sy vrou neem JonaEl tussen hulle twee, en gesels met hom en vra hom oor die uitleg van verskillende sake van die Judese geloof soos dit op My van toepassing is; die jiglyer wat in die eerste dorpie genees is, neem ook ernstig deel aan die gesprek. Ek self stap saam met die sewe dogters en die vrou van JonaEl. Hulle vra My ook baie vrae oor verskeie onderwerpe, byvoorbeeld wat binnekort met die wêreld, met Jerusalem en met Rome gaan gebeur. Ek antwoord hulle in alle Waarheid, en Ek beskryf aan hulle hoe die geheime prins van die wêreld binne die afsienbare toekoms tereggestel gaan word en nie lank daarna nie sy hele aanhang. Daarby vertel Ek hulle ook van die einde van hierdie wêreld en `n wêreldomvattende gerig, soortgelyk aan die tyd van Noag, en vervul met intense verbasing vra hulle My wanneer en op watter wyse dit sal gebeur.

[2] Ek sê aan hulle: “Liewe dogters, net soos dit in die tyd van Noag was, so sal dit dan ook wees; die Liefde sal afneem en heeltemal koud raak. Die geloof in `n suiwer lewensleer wat uit die hemele afkomstig is en aan die mens geopenbaar is en die geloof in God, sal verander in `n duistere en dooie bygeloof vol leuens en bedrog. Die maghebbers sal die mense weer soos diere vir hulle laat werk, en sal hulle koelbloedig en gewetenloos laat slag as hulle hulle nie sonder enige teenspraak aan die glansryke mag onderwerp nie. Die magtiges sal die armes met allerlei laste kwel en hulle sal elke vrygeestige met alle middele vervolg en onderdruk; daardeur sal daar `n ellende onder die mense kom soos wat daar nog nooit voorheen op die aarde was nie! Maar ter wille van die baie uitverkorenes wat hulle onder die armes sal bevind, sal hierdie tyd verkort word. As dit nie so gebeur nie, sou selfs die uitverkorenes verlore gegaan het!

[3] Van nou af gereken tot aan daardie tyd, sal daar `n duisend jaar plus minder as nog `n duisend jaar verbygaan. Dan sal Ek dieselfde Engele wat julle nou hier sien, met groot basuingeklank onder die arm mense instuur. Hulle sal die geestelik doodgemaakte mense van die aarde as`t ware uit die graf van hulle nag opwek; en soos `n vuurkolom wat van die een einde van die aarde tot die ander einde rol, so sal hierdie baie miljoene ontwaakte mense hulleself oor alle wêreldmagte heen stort en niemand sal hulle meer kan weerstaan nie.

[4] Dan sal die aarde weer `n paradys word, en Ek sal My kinders deurlopend op die goeie Weg lei.

[5] Maar vanaf daardie tyd sal nog `n duisend jaar verloop waarna die vors van die nag een maal vrygelaat gaan word. Dit gaan wees vir `n kort tydjie van sewe jaar en enige maande en dae; hy gaan vry wees ter wille van homself, of vir sy algehele val, of vir sy moontlike terugkeer.

[6] Gebeur die eerste, dan sal die binnekant van die aarde in `n ewige kerker verander, maar die buitekant sal `n paradys bly. In die tweede geval sal die aarde egter in die hemele verander, en die dood van die vlees en die siel sal vir ewig verdwyn. Hoe, en of dit sal gebeur? Dit mag selfs die belangrikste Engel in die hemele nie vooraf weet nie! Net die Vader alleen weet dit. Wat Ek egter nou aan julle geopenbaar het, mag julle aan niemand vertel voordat julle oor `n paar aardse jare gehoor het dat Ek van die aarde af verhoog is nie.

[7] Die dogters vra My wat die verhoging beteken.

[8] Maar Ek sê aan hulle: “Dit sal julle treurig maak as julle dit nou moet hoor. Maar troos julle daaraan dat ek drie dae daarna weer in julle midde sal wees. Ek gaan dan self die bevestiging van die nuwe verbond en die sleutels tot my ewige Ryk aan julle oorhandig. Dra egter sorg dat Ek julle dan net so suiwer aantref as wat julle nou is, anders gaan julle nie vir ewig My Bruid kan word nie.” Die dogters en hulle moeder belowe My dat hulle dit wat Ek aan hulle opgedra en vir hulle aangeraai het, presies sal nakom.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205