Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 1
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 133

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244.

`n Voedsel- en kledingwonder. Jesus en die kind wat profeteer

133 Sodra die armes dit hoor, gaan hulle dankbaar en gelowig na hulle half-vernielde huise en is stom van verbasing wanneer hulle op die tafels goeie en voldoende kos sien staan en ook allerlei kleding vind vir oud en jonk, groot en klein en verskillend vir die twee geslagte. Elkeen vra aan elkeen hoe dit gebeur het. Niemand weet die antwoord nie.

[2] Maar as hulle ook hulle voorraadkamers goed gevul vind, sê die vrouens en kinders aan die manne: “Dit het God gedoen! Hy, wat in die woestyn veertig jaar lank manna laat reën het en op daardie wyse Sy kinders goed te ete gegee het te midde van klip en sand waarop geen gras gegroei het nie, die sou ons tog sekerlik nie laat verhonger het nie, terwyl ons altyd smeekbedes tot Hom gerig het!? O, dit is verseker: God verlaat nooit diegene wat hom smeek nie!

[3] Dawid, die groot koning, rig in sy ellende smeekbede tot God en God help hom uit sy groot nood en dit het nog nooit gebeur dat God diegene wat hulp van Hom vra, nie verhoor het nie; dit sou dus `n onverklaarbare wonder gewees het as God ons nie in ons groot nood verhoor het nie. Want God is altyd vol liefde vir diegene wat tot Hom roep: “Abba, liewe Vader!” Daarom wil ons van nou af aan Hom bo alles, alles, alles liefhê! Slegs Hy is ons Redder! Ons heilige Vader het ons dit alles deur Sy heilige engele uit die hemele laat bring!”

[4] Toe sê die ou man, wat ook aan hierdie gesin behoort het by wie die hele dorp altyd bymekaar gekom het om na sy wyse woorde te luister, want hy ken die Skrif baie goed: “My kinders, vriende en broers! Daar staan immers in die Skrif: 'Uit die mond van kinders en suigelinge wil Ek My lof berei!’ En kyk, dit gebeur hier voor ons oë en ore! Ons liewe Vader het in Sy groot barmhartigheid aan ons gedink en het dit vir ons gedoen! Aan Hom daarom al ons liefde en al die lofprysinge uit die monde van ons suigelinge! Want die lof uit ons monde is nie suiwer genoeg om welgevallig te wees aan die Mees Heilige Een nie; daarom het Hyself die mond van ons suigelinge geheilig. Maar laat ons nou na buite gaan na die Jongman wat sê dat ons na binne moes gaan en beslis geweet het wat God vir ons gedoen het! Hy moet `n groot profeet wees - miskien selfs EliJaH, wat nog eenmaal vóór die verwagte en die al lank beloofde Messias sal kom!”

[5] `n Klein kind, wat nog maar net kon praat, vra: “Vader! As hierdie man dan nou dalk Self die Beloofde een is?”

[6] Die oue sê: “O kind, wie het jou dit so duidelik laat sê? Jy praat nou nie soos `n kind nie, maar soos `n wyse in die tempel in Jerusalem!”

[7] Daarop sê die kind: “Dit weet ek nie, liewe vader; maar ek weet wel dat ek aanvanklik veel moeite gehad het om te praat en dat dit nou buitengewoon maklik gaan. Maar waarom vind u dit vreemd? God se wonders is hier tog oral om ons heen!”

[8] “Ja, ja, jy het gelyk”, sê die oue, terwyl hy die kind teen hom vasdruk, “hier is nou alles wonders en jy het jou beslis nie vergis omdat jy die Jongman selfs vir die Messias aangesien het nie. Want vir ons is dit sekerlik Hy! Maar nou gaan ons na Hom toe en dan sal ons Hom ook in die Naam van God die toekomende dank bring! Want Hy is sonder twyfel deur God na ons toe gestuur. Laat ons nou dus vinnig na buite na Hom toe gaan!”

[9] Hulle haas hulle nou almal na buite na My toe en die klein kindertjies is die eerstes wat aan My voete neerval en dit met hulle onskuldige, suiwere trane van dankbaarheid en vreugde natmaak!

[10] Ek hef nou My hoof omhoog na die hemelkoepel en sê luid: “Julle hemele! Kyk omlaag en leer van hierdie kinders hoe julle God en Vader geprys moet word! O skepping, hoe eindeloos groot en oud is jy en hoe ontelbaar veel wyse inwoners besit jy, en tog kon jy die weg na die hart van jou Skepper, van jou Vader, nie vind soos hierdie klein kindertjies nie! Daarom sê Ek vir julle: 'Wie nie na My toe kom soos hierdie kleintjies nie, hulle sal die Vader nie vind nie!’”

[11] Toe gaan Ek sit en seën en liefkoos die kinders. En die klein kindjie sê aan die ou man, wat, omdat hy nie heeltemal begryp het wat daar aan die gang was nie, uitroep, “Wat beteken dit? Hoe so? Hoe moet ons dit opneem?” - “Vader, méér as EliJaH is hier, méér as jou Messias! Hier is die Vader Self, die goeie Vader, wat ons brood, melk en kleding gebring het!”

[12] Die ou man begin te huil; maar die kleintjie lê sy hofie teenaan My bors, begin dit te kus en te streel en sê na `n rukkie: “Ja, ja, ek hoor dit; hier in hierdie bors klop die egte goeie Vaderhart! Kan ek dit ook maar kus!” Die ou man sê: “Kindjie, gedra jou tog!”

[13] Ek sê: “Julle moet julle almal so gedra soos hierdie kind nou, anders sal julle nooit so naby die Vaderhart kan kom soos hierdie allerliefste kind nie!”


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205