Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 1
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 54

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244.

By JonaEl. Kritiek van die leerlinge op die Heer

54 Nadat die inwoner geloop het, het Ek JonaEl se vrou en dogters teruggeroep, wat uit vrees teruggewyk het na hul huis toe hulle die inwoner by My gesien het.

[2] In reaksie op My geroep, het hulle haastig met vriendelike, vroom gesiggies op My afgepyl en My met trane in hul oë bedank, omdat ek hulle weer hul onskuld, wat deur hierdie bose mens besoedel was, aan hulle teruggegee het.

[3] Ek het My hand op hul hoofde gelê, hulle geseën en vir hulle gesê om die heeldag aan My sy te wandel. Hulle het egter verskoning aangebied en gesê: “O, Heer, ons is sulke groot barmhartigheid nie werd nie. Ons sal ons daarin verbly om U te volg as die laastes in hierdie groot skare.”

[4] Ek sê egter: “Ek ken julle nederigheid goed en juis daarom roep Ek julle om op hierdie dag in hierdie omgewing na aan My op My weg te wandel.

[5] Die dogters het My bedank vir hierdie onbegryplike, hoogste voorreg. JonaEl vra toe aan die dogters: “My liewe dogters, waar het julle hierdie pragtige klere gekry wat julle so mooi pas?”

[6] Toe eers kom die dogters agter dat hulle klere aan het van die fynste en beste materiaal; dat hulle hoofde met die kosbaarste diademe versier is, en dat hulle lyk soos dogters van `n koning!

[7] Nadat die sewe van sulke prag gewaar word, was hulle buite hulleself en hulle harte was aan die brand van liefde en bewondering en in die soetste verwarring, weet hulle nie wat oor hulle gekom het nie. Na `n ruk van verstomming, vra hulle eers aan JonaEl hoe dit dan gebeur het, want hulle het niks daarvan geweet dat iemand sulke pragtige klere en diademe aan hulle gegee het nie!

[8] JonaEl, self betower oor die groot vreugde en bekoring van sy dogters, sê egter: “By Hom wat julle geseën het, bedank Hom. Hy het dit wonderbaarlik aan julle gegee!”

[9] Hierna het die kinders op My geval en geween van liefde en vreugde en was nie by magte om te praat nie. Die leerlinge agter My, het egter gesê: “As so iets net in `n huis geskied het, maar hier op die straat, ten aanskoue van etlike duisende, maak die saak des te meer opsigtelik.”

[10] Ek het egter wel hul praatjies gehoor en het My tot hulle gewend en gesê “Ek is al lankal by julle, maar nog nooit het julle sulke vreugde in My hart berei soos hierdie sewe dogters hier nie. Ek sê vir julle, hulle is al op die regte weg en is uitverkore. As julle nie op hierdie weg wandel nie, dan sal julle in My koninkryk nie ingaan nie, want die kinders wat so na My toe kom, sal ook by My bly. Diegene wat egter net kom om te loof en te prys, hulle sal net My afskynsel, maar nie Myself in hulle midde hê nie!

[11] My ware koninkryk is egter net daar waar Ekself regstreeks is, in elke faset. Die Heer is ook volkome Heer oor die hele wêreld en hoef geen bedenkinge te hê oor wat die dwase wêreld daarvan dink, of nie! Het julle dit verstaan?”

[12] Sê Petrus: “Heer, wees geduldig oor ons dwaasheid. U weet tog dat ons ons opvoeding

[vorming] nie uit die hemele, maar wel uit die wêreld ontvang het! Alles sal weer goed gaan, want ons is lief vir U bo alles, anders sou ons U nie gevolg het nie.”

[13] Ek sê: “Bly dus in die liefde en neem geen kennis van hierdie wêreld nie, maar net van My uit die hemele.” Hiermee was die leerlinge tevrede en het my in hul harte geprys!


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205