Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 1
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 132

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244.

In die Galilese hongerdorpie:

Die leeggeroofde dorpie. Die hebsug en hardheid van koning Herodes

132 Veral in die markplekke en dorpies heers groot ellende en dit was aan die mense wat daar onder allerlei laste gebuk gaan, goed op te merk. Fisies en geestelik was hulle verward en hulle kwyn weg soos skape tussen die wolwe sonder ook maar één herder. (Matthéüs. 9:36) Omdat die ontreddering van die arm volke besonder baie medelye by My opwek, sê Ek, net soos by die bron in Sigar: “Die oes is groot; maar daar is maar min arbeiders! (Matthéüs. 9:37) Vra daarom aan die Heer dat Hy arbeiders stuur vir die oes! Want hierdie armes is ryp vir die Ryk van God en die akker waarop hulle staan is groot. Hulle smag en snak na die Lig, Waarheid en Verlossing! Maar arbeiders, arbeiders! Waar is hulle te vinde?! (Matthéüs. 9:38)

[2] Die leerlinge sê: “Heer, as U ons bekwaam genoeg vind, sou ons dan nie almal afsonderlik op ons weg kan gaan en elkeen `n stad of `n mark besoek nie?” Daarop sê Ek: “Ons is nou op pad na een van die armste dorpies. Sodra ons die dorp bereik het, sal Ek die vaardigste en die kragtigste van julle uitstuur na die baie streke en plekkies en julle sal dan al die dinge doen wat Ek doen en in julle teenwoordigheid gedoen het. Maar laat ons nou vinnig na die dorpie gaan!”

[3] Binne `n halfuurtjie het ons die dorpie bereik, en daar tref ons werklik `n ondenkbare ellende aan. Ouers en kinders loop letterlik naak rond en bedek by gebrek aan iets beters hulle skaamte met blare. Toe die dorpelinge ons sien aankom, hardloop almal, groot en klein, jonk en oud, ons tegemoet en smeek ons vir `n aalmoes; want dit ontbreek hulle aan alles. Kinders huil en hou hulle hande op hulle magies; want hulle het baie honger, omdat hulle al twee volle dae geen kos gehad het nie en die ouers was wanhopig, ten dele deur hulle eie knaende honger en nog meer vanweë hulle kinders wat om brood en melk vra.

[4] Petrus, wat diep bewoë was deur hierdie gesig, vra aan `n ou man wat daar raseg uitgesien het: “Vriend, wie het julle in so `n ellende gestort? Hoe het julle in so `n toestand gekom? Was daar `n vyand by julle wat alles geroof het en, soos ek sien, selfs julle huise op die skandaligste manier verwoes het? Want ek sien slegs maar mure, waarop geen dakke en solders is nie, en julle voorraadskure, wat aan my welbekend is, lê in puin. Hoe, hoe het dit tog gebeur?”

[5] Toe sê die ondervraagde man met `n huilende stem: “O liewe en sekerlik goeie mense! Dit is deur die grenslose hardheid en hebsug van die pagkoning Herodes gedoen! Sy vader was die linker- en hy is die regterarm van die satan. Ons kon die verlangde belasting nie betaal wat hy tien dae gelede van ons geëis het nie; sy geregsdienaars gee ons toe ses dae uitstel. Wat is ses dae egter? Gedurende hierdie tyd eet die geregsdienaars byna ons hele en beste voorraad op, en op die sewende dag neem hulle, omdat ons die verlangde belasting onmoontlik kon betaal en kon nie voldoen aan sy voorwaardes nie, alles wat ons gehad het en laat ons nog ternouernood slegs die naakte ellendige lewe oor! O vriende, dit is hard, ongenaakbaar hard! As God ons nie help nie, dan verhonger ons vandag nog tesame met ons kinders! Help ons tog soveel as wat dit vir julle moontlik is! As die slegte knegte van Herodus ons maar nie tot op ons naakte liggaam uitgetrek het nie, dan kon ons ten minste nog gaan bedel het; maar waar kan ons in hierdie toestand nou heengaan? Vir ons kinders is dit in al die rigtings te ver om te gaan; en ons is, soos julle sien, algeheel naak! O God, o God, waarom moet juis ons so ontsettend in die ellende gestort word? Aan watter van al ons sondes het ons hierdie straf te wyte, o God?”

[6] Toe gaan Ek na die ou man en sê: “Vriend! Dit het julle nie te wyte aan julle sondes nie, dit is vir God die geringste van die hele Israel, maar dit het die Liefde van God julle aangedoen!

[7] Julle was weliswaar die suiwerste mense in Israel; maar daar kleef tog nog verskeie wêreldse luste aan julle siel. God, wat julle liefhet, sien dit en wil julle in één keer van al die wêreldse bevry, sodat julle nou geheel-en-al in staat sal wees om die barmhartigheid van julle Vader in die hemele te aanvaar. Dit het nou gebeur, en julle is nou vir altyd veilig van Herodes. Want diegene wat hy volledig laat beroof, laat hy nooit weer belasting betaal nie; want daardie onderdane wat tot die bedelstaf gebring word, word geskrap uit die belastingboek.

[8] So sien julle dat julle nou op één slag vry is van al die wêreldse! Dit is die grootste weldaad van God aan julle en julle kan julle nou heeltemal begin besig hou met die sorg van julle siele.

[9] Maar Ek sê vir jou: bou in die toekoms geen duur, uitstaande huise nie, maar gaan woon in armsalige hutjies, en dan sal niemand van julle belasting eis nie, behalwe die koning van Rome, wat slegs die reg daartoe het; en hy vra slegs twee tot drie honderdstes. As julle dit dan het, dan kan julle dit gee en het julle niks, dan is julle vry. Maar later sal ons nog meer daaroor sê.

[10] Gaan nou egter na julle daklose huise; daar sal julle kos en klere vind! Voed en klee julle en kom dan terug, en Ek sal dan nadere besonderhede met julle bespreek!”


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205