Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 1
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 158

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244.

Die tweede skeppingsdag

158 (Die Heer:) “Dit sou egter maklik kon gebeur dat God se Lig in die hart van die mens uitstroom in die aandlig in en dat niks daarvan oorbly of dat dit homself minstens so vermeng dat die mens uiteindelik nie meer weet wat die natuurlike en wat die goddelike lig in die mens is nie.

[2] Daarom vestig God `n vaste rots tussen die twee waters, waarmee die tweërlei kennis bedoel word waaroor Ek nou wel voldoende opheldering gegee het en Hy splits so die twee waters.

[3] Hierdie vaste rots is die eintlike hemele in die hart van die mens en kom tot uiting in `n ware lewende geloof, maar in der ewigheid nooit deur leë en onbeduidende spekulasies van die verstand nie.

[4] Daarom noem Ek nou ook diegene wat die sterkste en onwankelbaarste geloof het, `n rots en plaas hom as `n nuwe vaste rots tussen hemele en hel, en geen enkele duistere mag van die hel sal hom in ewigheid ooit kan bemeester nie.

[5] As so `n vaste rots in die mens `n plek gekry het en die geloof sterker en sterker word, dan maak die geloof steeds duideliker sigbaar hoe onbeduidend die natuurlike verstand is. Die natuurlike verstand laat homself dan deur die geloof regeer en so ontstaan in die mens uit sy aand en sy steeds ligter môre die volgende dag, wat reeds baie ligter is.

[6] In so `n toestand soos die tweede dag sien die mens nou reeds net dit wat die ware is, wanneer dit vir ewig volledig waar blyk te wees; maar tot `n regte ordening is hy nog steeds nie in staat nie. Die mens vermeng nog steeds die natuurlike met die suiwer geestelike, vergeestelik die natuurlike dikwels te veel en sien daardeur ook in die gees nog materiële dinge en is daarom ook nog nie definitief in staat om korrek op te tree nie.

[7] Hy lyk soos `n skoon waterwêreld, wat van alle kante omring is deur lug waar die lig daardeur skyn en hy uiteindelik nie in staat is om te onderskei of sy waterwêreld wat bestaan uit lig deurweefde lug, of dit uit dié waterwêreld ontstaan het nie. Hy weet nog nie duidelik genoeg of hy sy geestelike kennis uit sy natuurlike verstand verkry het nie, of het sy natuurlike verstand homself uit die menseskole ontwikkel, wat waarskynlik al aanwesig was en daarom ook in die begin vir hom heimlik werksame geestelike kennis gegee het. Of, om dit nog duideliker te stel, hy weet nie of die geloof uit kennis voortgekom het nie, of kennis uit die geloof voortgekom het nie en wat die verskil is wat daar tussen beide bestaan het nie.

[8] Kortom, hy weet op die oomblik nog nie wat eerste daar was nie, die hoender of die eier, die saadjie of die boom nie.

[9] Dan kom God weer en help die mens verder, as hy uit dit wat aan hom gegee is en dus uit eie krag genoeg gedoen het vir hierdie tweede dag van sy geestelike ontwikkeling. En die verdere hulp bestaan daaruit dat die lig in die mens versterk word, waardeur dit as die voorjaarson, nie net deur die groter ligsterkte nie, maar veral ook deur die warmte wat hierdeur veroorsaak word, alle sade wat in die hart van die mens gelê het, begin te bevrug.

[10] Die warmte heet Liefde en is geestelik die bodem, waarin die sade gaan ontkiem en wortel gaan skiet.

[11] En sien, dit is die betekenis van wat in Moses geskryf staan, dat God beveel het dat die waters hulleself op bepaalde afgesonderde plekke moet versamel en dat die droë en vaste grond daardeur sigbaar word, wat die sade nodig het om uit te kan groei tot lewende en lewegewende vrugte!

[12] En daar staan geskrywe: “En God noem die droë deel “aarde” en die water wat nou op bepaalde plekke versamel het, “see”.

[13] `n Vraag is dan: “Vir wie het God dit so in woorde gegee?” - Sekerlik nie vir Homself nie, want dit sou tog alte lagwekkend wees om te dink dat die hoogste goddelike Wysheid `n spesiale plesier daaruit sou put sodat dit vir Haar, net soos vir `n mens, gelukkig sou maak om die droë deel “aarde” en die water wat op bepaalde plekke afgesonder was, ”see” te noem.

[14] Hierdie name kon God egter ook sekerlik nie vir iemand anders gegee het nie, omdat daar buite Hom tydens die skeppingstyd nog geen enkele wese bestaan het wat Hom sou kon begryp nie!

[15] Die geskrif van Moses het dus beslis geen materiële, maar slegs `n suiwer geestelike betekenis en het met die vroeëre skepping van die wêrelde slegs in soverre te make, dat die geestelike betekenis tot uitdrukking gebring word deur middel van `n beeld wat teruggryp na hierdie skepping, dit wil sê die geestelike word deur middel van `n materiële gebeurtenis weergegee in `n verband wat waarskynlik slegs deur die wysheid van `n engel deurgrond kan word. Maar soos dit daar staan het dit slegs `n suiwer geestelike betekenis en toon eerstens aan hoe die individuele mens, en dan ook die hele mensdom hulleself van tyd tot tyd en van periode tot periode ontwikkel, van hulle oorspronklike noodsaaklike natuurlike gerigtheid na `n steeds suiwerder meer geestelik gerigte bestaan.

[16] So word in die mens `n skeiding aangebring, selfs binne die natuurlike gedeelte. Die kennis het `n eie plek: Dit is die see van die mens. En die liefde wat uit die vrugbare bodem van die kennis voortgekom het word steeds deur die see, synde die totale kennis van die egte lig, omspoel en versterk om steeds rykliker allerhande edele vrugte voort te bring.”


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205