Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 1
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 224

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244.

Innerlike selfbeskouing

224 Dadelik staan ons van ons rusbanke af op en gaan die tuin in, waar al `n ryklike ontbyt op ons wag - wat Baram alweer vir ons voorberei het.

[2] Weliswaar sê Kisjonah aan Baram: “Maar broer, wat doen jy tog! Dink jy miskien dat my solders, voorraadkamers en wynkelders leeg staan?”

[3] Baram sê: “Broer, ek weet maar al te goed dat duisend gaste per dag jou voorrade in `n duisend jaar nie kan klaarmaak nie; maar ek behoort goddank tog ook nie tot die armes van die land nie, dus, gun my vandag nog die plesier om al die gaste te versorg! Want ek skep baie genoegdoening daarin om met die bietjie wat ek het die Heer te mag dien! Môre sal jou stowe weer so veel werk hê as wat maar moontlik is!”

[4] Kisjonah en Baram omarm en kus mekaar en gaan dan ook aan tafel sit en eet `n heerlike vis met brood en wyn.

[5] Na die maaltyd vra Kisjonah wat ons die dag gaan doen, en of Ek miskien weer êrens heen wil gaan sodat hy voorbereidings kon tref vir `n gemaklike reis.

[6] Ek sê: “Vriend en broer! Moet jy jou maar nie bekommer nie! Wat die tyd sal lewer, dit pak ons aan! Maar die tyd van vandag en môre sal weinig of niks oplewer nie, behalwe onsself, en daarom het ons ook geen spesiale voorbereidings nodig nie. Môre, teen die aand sal Philopold uit Kana kom; hy sal ook baie te vertelle hê.

[7] Nou sal ons ons egter tot die middag oefen in selfbeskouing onder die koel skadu van die bome!

[8] Want waarlik, Ek sê vir julle: daar is vir `n mens niks heilsamer dan so nou en dan homself innerlik te ondersoek nie! Wie homself en sy krag wil ontdek, moet self meermale selfondersoek doen en homself innerlik bekyk.

[9] Omdat dit so dringend nodig is, sal ons so `n oefening vandag vir die middag doen en ná die middagete sal ons die see opvaar en sien wat dáár uiteindelik gedoen kan word.”

[10] Sommiges weet egter nie hoe hulle `n begin moet maak met die innerlike selfbeskouing nie, en vra dit aan My. Toe sê Ek: Rus en dink in stilte aktief na oor julle doen en late, oor die aan julle welbekende wil van God, en of julle dit nagevolg het tydens die verskillende periodes van julle lewe. Op hierdie manier het julle julleself innerlik ondersoek, en daardeur bemoeilik julle die binnedringing van die satan in julleself steeds meer. Want hy probeer met al sy energie om die innerlike selfbeskouing van die mens deur middel van allerlei niksseggende begogelings te verhinder.

[11] Want as die mens eenmaal deur oefening enigsins vaardig geword het in die beskouing van sy innerlike, dan ontdek hy in homself ook baie maklik en baie gou watter valstrikke die satan vir hom gestel het, en dan kan hy dit behoorlik onklaar maak en vernietig en tydige maatreëls tref teen al die toekomstige valsheid van die vyand. Dit weet die satan maar al te goed, en daarom is hy so ywerig moontlik besig om die siel self met allerlei begogelings af te lei na uiterlike sake, en naderhand het hy dan nie veel moeite om onsigbaar vir die siel allerlei valle op te stel nie, waarin sy ten slotte so verstrik raak dat sy dan nie meer tot selfbeskouing kan kom nie, en dit is baie erg.

[12] Want daardeur word die siel steeds meer geskei van haar gees en kan sy dit nie meer opwek nie, en dit is in die mens dan al die begin van die tweede dood.

[13] Julle weet nou waaruit die innerlike selfbeskouing bestaan. Doen daarom van nou af tot teen die middag in stilte so `n oefening en laat julle intussen deur geen uiterlike gebeurtenis steur nie! Want die satan sal sekerlik nie nalaat om julle af te lei met die een of ander spektakel van buite af nie. Maar herinner julle dan dat Ek julle dit vantevore gesê het en keer dan weer gou na julle selfbeskouing terug!”

[14] Nou word almal baie rustig en iedereen doen sy uiterste bes om homself te verdiep in selfbeskouing, en `n uur verloop so sonder enige steuring.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205