Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 1
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 142

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244.

Die eerste daad van die uitgestuurde apostels

142 Toe die twaalf na `n paar ure in die bogenoemde markplek aankom, vind hulle die bewoners huilend en skreeuend en sommige hartverskeurend klaende in groepies voor die poorte van die plekkie; want die belastingafpersers van Herodes gaan daar te kere. Hulle plunder die huise en neem van die ouers wat nie kon betaal nie die liefste, beste en mooiste kinders af, bind hulle soos kalwers met toue aanmekaar vas en gooi hulle op hulle met osse bespanne belastingwaens. Toe die leerlinge hierdie gruwels vasgestel het, rig hulle hulle in hul harte tot My.

[2] En toe hulle in hulle hart duidelik die woorde verneem: “Wat julle wil, dit sal ook dadelik gebeur!” - sê hulle aan die verskriklik treurige bewoners: “Vrede sy met u! Die Ryk van God, waarvan ons in die Naam van die Heer die verkondigers is, het na u gekom! Gaan met ons saam u plek in en ons sal vir u afreken met die onregverdige en hartelose belastingafpersers!”

[3] Die inwoners sê: “O, hulle sal nie na u luister nie! Want die onregverdige belastingafpersers is nie mense nie, maar wilde, verskeurende diere wat u boosaardig sal aanval.”

[4] Petrus sê: “Liewe broers, aanvaar wat ons u bring; die res sal die Heer deur ons doen! Verwag geen goud en silwer van ons nie; maar wat ons het, dit sal u ook van ons kry. Laat ons egter vinnig gaan, sodat die kinders nie te lank ly nie!”

[5] Toe die leerlinge saam met die bewoners die plekkie binneloop, sien hulle verskeie waens vol van allerlei besittings, `n paar waens met kinders en nog andere met skape en kalwers belaai, en die belastingafpersers gee al die teken om weg te ry en let nie op die geskreeu en gejammer van die vasgebinde kinders nie.

[6] Petrus stap na die leier van die belastingafpersers en sê op `n heel ernstige toon: “Ongelukkige mens! Met watter reg begaan u sulke afgryslike dade? Weet u dan nie dat bo u `n almagtige God leef wat u saam met u medepligtiges in `n oogwink kan vernietig nie? Hou met u gruwels op, gee alles terug, anders gaan u op hierdie plek die volle strengheid van God se toorn oor u sien kom!” Die leier van die belastingafpersers sê aan Petrus: “Wie is jy dat jy dit waag om met so `n toon met my te praat? Weet jy miskien nie watter mag ek van Herodes gekry het nie, wat dit gepag het van die keiser in Rome? Weet jy miskien ook nie dat ek elkeen wat in my pad kom, oombliklik sonder enige voorafgaande regspraak kan laat doodmaak? Staan nou opsy! Nog één woord en jy voel die skerpte van my swaard!”

[7] Petrus sê: “Nou dan, omdat u - hoewel ook `n seun van Jakob - geen mens meer is nie, maar `n wilde, verskeurende dier, daarom sal die gerig van God u en u handlangers tref! Want ek wat u dit verkondig, is `n afgesant van God en hulle wat saam met my is, is dit ook! Wat u met my wil doen, omdat ek u in die naam van God van gruweldade afhaal, had u met God wou doen; daarom sal vir u dan ook die gerig van God tref! Amen!”

[8] Toe Petrus dit met groot vuur uitspreek, spring daar vuur op uit die aarde, gryp die leier en verteer hom in `n oogwink. Toe sy handlangers dit sien, skrik hulle so ontsettend dat hulle voor Petrus neerval en beloof om alles te doen wat hy ook maar sou beveel, as hy hulle maar nie so verskriklik sou straf nie!

[9] Petrus sê: “Laat dan almal vry en gee alles terug en gaan dan in vrede! Maar sien daarvan af om Herodes ooit weer so `n diens te bewys; want by die eersvolgende stap in hierdie rigting gebeur met julle wat nou voor julle oë met julle leier gebeur het!”

[10] Na hierdie woorde maak die belastingafpersers dadelik die kinders los en laat hulle vry en doen dit ook met die vee, soos skape en kalwers, en ook met alles wat hulle in daardie plekkie afgepers het, waartoe hulle en ook Herodes geen reg gehad het nie. Want die plekkie het hulle by die Romeine al een jaar vantevore vrygekoop van Herodes, soos ook meer plekke dit gedoen het vanweë die grenslose onderdrukking van Herodes. Maar Herodes onderneem heimlike strooptogte, laat die afkoopoorkonde ongeldig verklaar en gee aan sy belastingafpersers volmag deur `n nuwe oorkonde, waarmee hy homself by die keiser kon verantwoord.

[11] Petrus lê nou aan die belastingafpersers uit watter onreg hulle hulle broers aandoen en hulle begin Herodes te vervloek en hulleself te verwens dat hulle so dom was om so `n tiran te help.

[12] Maar Petrus begin oor die Ryk van God te onderrig en kyk, al die belastingafpersers bekeer hulle en volg nou vir Petrus, ongeveer honderd in getal, en dit was `n goeie vangs; want hierdie belastingafpersers word toe self buitengewoon aktief en dra veel by tot `n vinniger verspreiding van My leer.

[13] Die bewoners van die plekkie hou die leerlinge drie dae by hulle en laat hulle selfs in My Naam doop. Want die leerlinge doop in My Naam ook elkeen wat die doop verlang, met water.

[14] Daartoe het hulle van My weliswaar nog geen opdrag ontvang nie; maar hulle weet dat dit nie teen My wil was nie.

[15] Die inwoners doen alles om die leerlinge so goed moontlik te versorg en bring ten slotte geld, omdat hulle hulle siekes genees het. Die apostels neem egter geen geld aan nie, en ook niks anders nie, waaroor die vroeëre belastinggaarders baie verwonderd was en sê: “U ongeëwenaarde onselfsugtigheid bewys nog meer as u wonderdade dat u waaragtig deur God gestuur is; want mense van hierdie wêreld dink slegs maar aan hulle eie belang”.

[16] Judas was natuurlik uit die veld geslaan toe hy die baie geld sien wat die mense hom wil gee; maar Thomas bly steeds by hom en daarom durf die geldsugtige leerling dit hierdie keer nie aanneem nie, wat hom heimlik regtig spyt.

[17] Na drie dae verdeel die leerlinge hulleself hiervandaan in groepies van twee en met elke tweetal gaan ook tien tot vyftien van die bekeerde belastinggaarders saam en bewys die leerlinge goeie dienste; want hulle was baie moedig en het geen vrees vir mense geken nie.

[18] Die twaalf doen nou wat Ek hulle aangeraai het en hulle doen orals goeie sake.

[19] Wat doen Ek egter nadat Ek die twaalf leerlinge met die gegewe opdragte uitgestuur het?


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205