|
Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 1 JACOB LORBER - AFRIKAANS
Hoofstuk 225
|
Spring: |
1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244. |
|
|
Die Leviatan
225 Maar na `n uur klink daar plotseling `n dreunende slag, asof `n kragtige bliksem vlak in die buurt in `n huis inslaan. Iedereen skrik geweldig en vlieg op; maar hulle dink aan My woorde en word gou weer rustig.
[2] Satan laat egter nie lank op homself wag nie; kort na die slag hoor die rustendes, wat egter geestelik aktief was, `n vreesaanjaende gesis en gefluit en dit duur nie lank nie of aan die oewer van die meer hef `n seldsame monster homself op. Die kop lyk soos die van `n wolf, maar dan minstens honderdmaal groter, die ver uit die bek stekende tong lyk soos `n voortdurend wild kronkelende reuse slang, albei ore lyk soos die van `n reusagtige os, die oë sien daar uit soos twee groot plate van gloeiende erts, die voorpote lyk soos die van `n enorme beer, die agterpote soos die van `n leeu van reusagtige grootte, die liggaam soos die van `n krokodil met die stert van `n draak. Sy gebrul is `n dreunende knal en sy asem `n onheilspellende sis en fluit. So kom dit uit die see op.
[3] Maar aan die oewer wei skape, osse, koeie, kalwers en baie esels. Die monster maak dadelik jag op hierdie huisdiere en verslind vinnig die een na die ander. Toe vlug die huisdiere; maar die ondier kom in ons rigting.
[4] Toe sommiges die aankomende ondier sien, maak hulle hulleself klaar om weg te hardloop en sê: “Heer, hierdie toets is darem te erg! `n Aantal kalwers, `n stuk of tien lammers en twee jong eselsvullens het daardie afgryslike monster al opgevreet; nou wil dit hier `n lekker happie kom haal en dit het, op die geur afgaande, sekerlik onder ons iets uitgekies, omdat dit nou ietwat aarselend hierdie kant toe kom. Dit lyk tog wel raadsaam die brenger des doods `n bietjie te vermy! Want met natuurlike middele kan ons tog regtig niks teen die ondier begin nie, en dit sou baie lank kan duur voor dit oorwin is!”
[5] Ek sê: “Laat julle nie in die minste steur nie! Uiterlik kan ons almal saam die ondier nie aanpak nie, want dit is `n algeheel volgroeide leviatan, maar ons innerlike krag sal hom dwing om tot aan die einde van die aarde te vlug; wees dus glad nie besorg nie! `n Korte uurtjie nog, en dan het julle die slagbome en grensvestings van die dood deurbreek, en dan sal die heerskappy oor die hele hel en sy leër julle loon wees!”
[6] Dadelik na My woorde laat die ondier weer `n paar keer agtermekaar sy dreunende stem hoor en daarna beweeg dit homself weer baie rustig, maar tog taamlik vinnig na ons toe, terwyl hy sy vraatsug maar al te duidelik laat blyk deur sy slangtong heftig te beweeg en deur voortdurend te kronkel met sy lang stert, wat so sterk is as `n boom. Maar die leerlinge is nou baie goed geskool en laat sonder vrees en onverskrokke die ondier op hulleself afkom.
[7] Toe dit ongeveer tien treë van ons af is, gee Ek innerlik aan die engel ArgiEl `n wenk en hy gaan plotseling voor die dier staan en vra: “Wat kom jy hier doen, satan? Verdwyn - of ek vernietig jou!” Die ondier open sy bek en maak bewegings asof dit wil praat; maar die engel gebied dit nog `n keer om te verdwyn! Toe stoot die dier `n aantal dreunende geluide uit en hardloop daarna met skerp gesis en gefluit die meer in.
[8] Toe dit weer in die see ingeduik het, beweeg dit `n tyd lank die water in die groot baai so kragtig asof die swaarste storm die opgeswiep het; maar geeneen van die leerlinge trek hulleself dit aan nie, en in hierdie laaste uur word hulle rus in God met groot innerlike ywer in stand gehou.
[9] Maar teen die einde van die rusuur kom daar opeens `n swaar onweer. Felle bliksems skiet deur die lug; harde windstote buig die bome haas tot teen die grond, en groot en swaar reëndruppels met hael gemeng, val uit die donker wolke.
[10] `n Paar swakkere leerlinge wil al die huis in vlug; maar die engel sê: “Bly, en herken die ydele gegoël van die satan!” Daarop bly hy, en die kwaai reën laat hulle ongedeerd. Dit begin weliswaar al harder reën en die haelkorrels spring baie vrolik oor die grond; maar geen mens word daardeur geraak nie en die reën maak skaars iemand se vel nat.
[11] Dan dreig die engel die wolke en dit skeur dadelik uiteen en dit is dadelik helder dag. Na `n paar oomblikke is die selfbeskouing op `n einde en Baram sê: “Heer, wat is vir U die mees geskikte, hier of in huis! Die ete is klaar!”
[12] Ek sê: “Laat nog `n halfuur verbygaan, dan is alles in orde! Ek moet nog `n paar woorde aan My leerlinge sê.”
[13] Baram gaan weer na sy skip toe, waar `n aantal sakke goeie wyn in `n groot kis gebêre is; hy laat dit deur sy mense na die kombuis bring en daar `n paar kruike vul, en hy sê aan die kokke dat hulle nog `n halfuur moet wag, en die kos dan eers moet bedien sodra hy aan hulle `n teken sal gee. Daarna kom hy weer na My toe en luister saam na wat Ek aan al die leerlinge oor selfbeskouing en die nut daarvan sê.
|
|
|
|
|