Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 1
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 5

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244.

NABY BETÁBARA

Hoofstuk 5 - Johannes die wasser se getuienis van homself en van die Heer
[Johannes 1: 19-30] .

19 En dit is die getuienis van Johannes, toe die Judeërs uit Jerusalem priesters en Leviete gestuur het om hom te vra: Wie is u?

5 Hierdie vers handel oor `n eksterne feit en daarvoor het dit geen dieper betekenis nie. Uit hierdie sending kan slegs een ding duidelik verstaan word dat die gevoel van verhewendheid van die Judeërs teen hierdie tyd alreeds die oorspronklike Lig begin voel of waargeneem het en wel dat die oorspronklike Lig van God besig was om nader te kom na die mens op aarde en moes alreeds op aarde wees, en het aangeneem dat hierdie oorspronklike lewe van alle lewe binne-in Johannes inwoon en hy die beloofde Messias is.
[2] Dit is waarom, na aanleiding van die genoemde veronderstelling eerder as Johannes se reputasie as prediker, dat hulle afgevaardigdes gestuur het om hom te vra wie hy was, die Messias of EliJaH of `n ander profeet.

20 En hy het erken en nie ontken nie, maar het erken: Ek is nie die Messias nie.

21 Toe vra hulle hom: Wat dan? Is u EliJaH? En hy sê: Ek is nie. Is u die Profeet? En hy antwoord: Nee.
[3] Die rede waarom hulle vir Johannes gevra het of hy EliJaH of `n ander profeet was, was die feit dat hulle profetiese Skrif verklaar het dat EliJaH die voorloper van die beloofde Messias sou wees en sou die hele Israel voorberei vir die groot gebeurtenis van die Messias! - Buitendien, teen daardie tyd sou ook ander profete verskyn wat ook die Messias sou voorafgaan as boodskappers. Dit was bekend aan die gesante van Jerusalem wat deeglik onderrig was in die Skrif en daarom het hulle vir Johannes al hierdie vrae gevra, maar hy het bely dat hy nie een van hulle was nie.

22 Toe sê hulle vir hom: Wie is u? - dat ons antwoord kan gee aan die wat ons gestuur het. Wat sê u van uself?

[4] Daarom moes hulle voortgaan om hom te vra wie hy eintlik was.

23 Hy antwoord: Ek is die stem van een wat roep in die wildernis: Berei die Weg van JaHWeH, maak gelyk
[in die woestyn `n grootpad vir onse God] soos JeshaJaH, die Profeet, gesê het.

[5] Waarop Johannes bely dat hy die roeper in die wildernis is wat die weg voorberei vir JaHWeH, soos voorspel deur JeshaJaH.
[6] Hier sou die vraag geregverdig wees waarom Johannes die wildernis gekies het vir sy werk waar, so neem mens aan, nie baie mense gewees het nie dat dit meer raadsaam sou wees om `n voorloper te plaas in meer dig bevolkte gebiede. Watter nut kan die mees kragtige roep wees in die dooie wildernis waar die klank van die roep homself verloor voordat dit enige oor bereik? Selfs as dit `n menslike oor bereik het, sou dit heeltemal onvoldoende wees in `n saak wat so essensieel belangrik was vir alle mense.
[7] Om hierdie vraag te beantwoord moet daarop gewys word dat die term “wildernis” nie so seer verwys na die klein woestyn te Betábara oorkant die Jordaan nie, maar eerder na die geestelike woestyn in die menslike harte. Die woestyn van Betábara, waar Johannes eintlik gewoon het, gepreek het en gewas/gedoop het, is slegs gekies om aan die mens simbolies te toon hoe dit in sy hart gelyk het, naamlik, net so onvrugbaar, leeg en gestroop van edele vrugte, maar vol dorings en distels, allerhande soorte onkruid, adders en ander ongediertes. En in so `n menslike woestyn verskyn Johannes soos `n ontwaakte gewete, wat hy geestelik ook verteenwoordig, en predik berou vir die vergifnis van oortredinge, waardeur hy die weg vir JaHWeH voorberei na die harte van die mense wat so onvrugbaar soos `n woestyn geword het.
[8] Nou bly slegs die vraag oor waarom Johannes ontken het dat hy EliJaH of `n profeet is, aangesien, volgens My eie getuienis, hy wel die een was sowel as die ander, want Ek Myself het My apostels sowel as die ander luisteraars van My onderrig en baie duidelik gesê dat Johannes wel EliJaH was wat voor My moes kom, as julle dit wil aanneem.
[9] Die rede vir hierdie ontkenning was omdat Johannes homself slegs beskryf volgens sy aktiewe nuwe roeping en nie volgens die vorige een wat aan sy gees gegee is binne EliJaH toe hy op aarde geleef het nie. EliJaH moes Molog straf en vernietig, waar Johannes mense moes oproep tot berou, die vergifnis van oortreding deur was/doop verleen en die weg vir My berei. En in ooreenstemming met hierdie aktiwiteit het hy homself aangebied slegs as dit wat hy nou in der waarheid was.

24 En die wat gestuur was, was uit die fariseërs.
25 En hulle vra hom en sê vir hom: Waarom was/doop u dan as u nie die Messias of EliJaH of die Profeet is nie?

[10] Aangesien hy gedoop/gewas het, wat slegs toegelaat was deur die priesters en die profete wat bewys kon lewer dat hulle hiervoor geroep is, naamlik die priesters en Leviete, wie na hom gestuur is deur die jaloerse fariseërs, en gevra het waarom hy mense doop/was as hy nie een of die ander was nie.

26 Johannes antwoord hulle en sê: Ek was/doop in water, maar onder julle staan Hy vir wie julle nie ken nie -

[11] Maar Johannes sê, ek doop/was slegs met water, wat beteken, ek was harte wat besoedel geword het vir die waardige ontvangs van die Een Wie, soos dit is, in julle midde was vir `n geruime tyd, maar Wie julle nie herken het nie weens julle blindheid!
[12] Hier word ook almal wat My, JaHWeH daarbuite soek, verteenwoordig deur die gesante wat oor land en see reis en die wysgere vra, “Waar is die Messias, wanneer en waar sal Hy kom?” - die ware Een Wie `n woonplek vir Homself in hulle harte gebou het, en Wie slegs daar gevind kan word, (O, daardie misleide soekers) vir Hom soek hulle nie, ten minste nie in die enigste plek waar Hy gesoek moet word en gevind sal word nie

27 dit is Hy wat ná my kom, wat voor my geword het, Wie se skoenriem ek nie waardig is om los te maak nie.
28 Dit het gebeur in Betábara, oorkant die Jordaan, waar Johannes besig was om te was/doop.

[13] Wat `n nederige getuienis lewer Johannes voor die priesters en die Leviete, aangesien hy volkome bewus was Wie aarde toe gekom het as die Messias. Maar wat is dit nou vir so `n wêreldse wyse priesterdom! Hulle het Johannes se ware getuienis geïgnoreer want hulle het nie erg gehad aan `n nederige, arme en beskeie Messias nie, maar wou een gehad het waarvoor elkeen moes beswyk van vrees en angs.
[14] Met sy eerste verskyning—natuurlik nêrens anders as in Jerusalem nie—wie sigbaar sal moet neerdaal vanaf die Hemele en wie sal moet skyn helderder as die son, vergesel van ontelbare engele en wat slegs in die tempel gaan inwoon, moet hierdie Messias onmiddellik al die bestaande heerskappye afskaf en vernietig, onmiddellik die Judeërs onsterflik maak, hulle voorsien van al die geld op aarde en sal ten minste honderde oortollige berge met dawerende geraas in die see moet gooi, en terselfdertyd ook die arm, vuil gepeupel teregstel! Dan sou hulle in hom geglo het en sou gesê het, “Heer, U is so vreeslik sterk en magtig, almal sal diep moet neerbuig voor U en hulleself in die stof neergooi, en die hoëpriester is nie waardig om U skoenrieme los te maak nie”.
[15] Maar die Messias het aarde toe gekom, werklik arm, onbeduidend en klaarblyklik swak, het nie een teken bewerk voor die oë van die vooraanstaandes vir amper dertig jaar nie. Hy het hard gewerk saam met Josef as `n skrynwerker en het die geselskap van die laer klasse opgesoek. Hoe kan, in die oë van die trotse en baie wyse Judeërs, dit dan die langverwagte Messias wees? Weg met so `n lasteraar, so `n towenaar wat sy prestasies tot stand bring met die hulp van die hoofduiwel! So `n ongepoetste en vulgêre skrynwerker wat iewers met die hulp van Satan geleer het om towery te beoefen, wie kaalvoet loop, wie `n vriend is van die laagste gepeupel en wat met hulle rondwandel, wat hoere ontvang en eet en drink in die geselskap van openbare sondaars en daardeur die wet openlik teenstaan—hoe kan hy ooit die Messias wees, die beloofde Mashiag (in Hebreeus)?
[16] Dit was die opinie oor My deur die verhewe en wyse Judeërs gedurende My volle teenwoordigheid in die vlees op aarde. En presies dieselfde beskouing word vandag nog gehuldig deur miljoene omtrent My, wat net gladnie wil hoor van `n sagmoedige vergewensgesinde God Wie Sy woord hou nie
[17] Eerstens, hulle elohim moet hoog bo die uitspansel wandel en as gevolg van Sy oneindige verhewendheid, feitlik nie bestaan nie. Daar word nie verwag dat hy enigiets minder as sonne moet skep om `n waardige elohim te wees nie. Tweedens, hy mag nie waag om enige ander vorm aan te neem nie, laat staan nog `n menslike vorm, maar hy moet `n onverstaanbare absurditeit wees.
[18] Derdens, as die Messias moontlik God kon wees, mag Hy Homself slegs bekend maak deur die innerlike Woord aan die lede van die professie, aan sekere verenigings, rade, buitengewone vromes, dwepers omring met die sogenaamde ligkrans (hálo) en modelle van reinheid, en moet onmiddellik so `n geseënde een toerus met mag om berge te skuif. Andersins kan daar geen goddelike boodskappe of openbaringe bestaan deur die Messias nie.
[19] Die Heer Jesus mag Homself ook nooit bekendmaak aan `n leek of selfs `n sondaar nie, want in so `n geval sal die openbaring alreeds onder verdenking wees en sal nie aanvaar word nie, net soos Ek nie aanvaar was deur die hovaardige Judeërs nie, want in hulle trotse en eersugtige oë was My verskyning by verre nie genoegsaam goddelik en eerbaar nie. Hoe dit ookal sy, dit maak nie saak nie. Wat saak maak is slegs die getuienis van Johannes.
[20] Die wêreld verander nie en gaan voort om die woestyn van Betabára te wees waar Johannes getuienis gegee het. –Maar ook Ek verander nie en sal aanhou kom na die mens om sy hoogmoed te onderdruk en om ware nederigheid en liefde op te wek op dieselfde manier waarop ek na Judea gekom het. Geseënd is hulle wie My sal herken en sal aanvaar soos Johannes volgens sy getuienis aangaande My voor die oë en ore van die hoogmoedige priesters en Leviete gedoen het, en hulle daardeur grootliks ontstig het.
29. Die volgende dag sien Johannes vir Jesus na hom toe kom en sê: “Kyk, daar is die Lam van God, wat die oortreding van die wêreld dra!”
[21] Die volgende dag, met hierdie gesante nog steeds in Betabára, daar om uit te vind wat hierdie Johannes besig was om te doen en waaroor hy hoofsaaklik gepredik het, getuig Johannes weer aangaande My, en dat tydens die bekende geleentheid van My koms na hom vanuit die woestyn Ek hom sal versoek om My te doop/was in die water van die rivier.
[22] Alreeds soos wat Ek aankom na hom toe wys hy die leier van hierdie afgevaardigdes daarop, wie gedurende die nag dit bepeins het wat hulle van Johannes van My gehoor het, naamlik, “Kyk, die Een wat aankom is die Lam van God Wie al die mens se swakhede op Sy skouers geneem het, sodat alle mense wat Hom sal aanneem `n nuwe lewe kan ontvang en sal die krag binne-in hulle hê, as gevolg van so `n nuwe lewe, om kinders van God genoem te word. Want JaHWeH kom nie in die storm of die vuur nie, maar Hy kom net in die sagte bries.”
30. “Hierdie is die Een van Wie ek (gister) gesê het, na my kom iemand wat voor my was, want Hy was daar voor ek was.”
[23] Hier herhaal Johannes weer `n keer wat hy die vorige dag aangaande My aan die afgevaardigdes gesê het. Aan die een kant getuig hy van My dat ek na die mens gekom het, as`t ware, soos `n spieël van die mens se ware onmisbare nederigheid en deur hierdie nederigheid te bewys dat Ek gekom om die mens in sy swakheid te help en nie in hulle veronderstelde krag nie, wat hulle gladnie besit het nie. Aan die ander kant, getuig Johannes ook dat die Een wat hy die Lam van God noem, ook Hy is wat alle bestaan voorafgegaan het, want die uitdrukking, “Hy was voor my” beteken dat Johannes - wat vir `n oomblik die verhewe Gees in Hom herken het—te kenne gee aan die afgevaardigdes dat, alhoewel dieselfde oorspronklike Gees van dieselfde natuur in hom woon, was Hy ingebring in `n vrye en totaal onafhanklike bestaan slegs deur die krag van die Eerste Oorsaak—die oorspronklike Bron en Skepper—inwonend in hierdie Lam en nie deur Sy eie krag nie. Deur so `n voortbrenging tot onafhanklike bestaan—`n ware daad van die Eerste Oorsaak—het die eerste siklus ook begin, waar daar vroeër niks in die hele oneindigheid was, behalwe die Eerste Oorsaak JaHWeH en, trouens, presies Hy soos nou sigbaar voor hulle oë in hierdie Lam van God wat begeer om deur hom (Johannes) gedoop te word.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205