Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 1
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 25

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244.

ONDERWEG NA SAMARIA:

Hoofstuk 25 - Jesus gaan na Galilea
[Johannes 4: 1-4] .

1. TOE die Messias dan verneem dat die fariseërs gehoor het dat Hy, Jesus, meer leerlinge maak en was/doop as Johannes -
2 alhoewel Jesus self nie gewas/gedoop het nie, maar Sy leerlinge -
3 het Hy Judea verlaat en weer na Galiléa gegaan.

25 Na hierdie woorde van Johannes, het sy leerlinge kort daarna by My aangesluit en My aantal leerlinge het van dag tot dag toegeneem, somtyds van uur tot uur. Want elkeen wat in My begin glo het, en waarop Ek, volgens die maat van sy geloof volgens die doop in water wat deur My eerste leerlinge uitgevoer is, My hande opgelê het, is vervul met geestelike krag en moed en het alle vrees vir die fisiese dood verloor.
Die oorsake van die eerste vals getuienis.
[2] Aangesien baie hiervan te hore gekom het, het hulle die nuus versprei waar hulle ookal heengegaan het, alhoewel Ek dit verbied het. Benewens dit is al My dade, ook dikwels met byvoegings en oordrywings, regoor Judea bekend gemaak en met die Judeërs, wat altyd versot was op wonderwerke, het dit noodwendig tot gevolg gehad dat daar daagliks meer en meer van hulle na My toe gekom het en in baie gevalle ook by My gebly het.
[3] Maar dit is betreurenswaardig dat dit ook tot gevolg gehad dat die fariseërs al hierdie dinge gehoor het, soos alreeds genoem, met byvoegings en oordrywings, waarvan sommige so eienaardig geklink het dat selfs sekere Romeine begin dink het dat Ek eerder Zeus homself was, of ten minste een van sy seuns.
[4] Die Romeine het ook ondersoekers na My gestuur, maar het nie gevind waarna hulle gesoek het nie. By hierdie geleenthede het Ek gewoonlik geen wonderwerke gedoen nie, om te verhoed dat hierdie bygelowige mense nog meer toe raak as wat hulle alreeds was.
[5] Vanuit hierdie oordrywings het daar uiteindelik `n hele aantal vals evangelies ontstaan wat die ware een verdraai het.
[6] Die fariseërs, hierdie haatdraende en uitermatige jaloerse hoofde van die tempel en die Skrifte, het onmiddellik saamgesweer hoe om ons te kortwiek. Hulle het beplan om in `n oënskynlike onskadelike manier van ons ontslae te raak of ten minste om vir ons te voorsien van `n lewenslange verblyf in `n inrigting – netjies ondergronds ingerig – soos wat hulle lateraan ingerig het met Herodus vir Johannes (die doper).
[7] Dat Ek ten volle bewus was van hierdie edele voornemens is natuurlik voor die hand liggend, maar, ten einde vegterye en hinderlike herries te vermy, het Ek geen ander keuse gehad as om hierdie tempelgesinde donker Judea te verlaat en om na die meer verligte Galilea te gaan.

4 En Hy moes deur Samaría gaan.

[8] Dit was nie eers aan te bevele om met die direkte roete na Galilea te reis nie, maar eerder deur Samaria wat met die hulp van die Romeine hulleself lankal reeds bevry het van die priesterdom van die Tempel (`n maklike en wenslike taak vir die Romeine wie se plan dit in elk geval was om die die grondgebied op te deel ten einde makliker daaroor te regeer).
[9] Om hierdie rede was die Samaritane die mees veragte en godslasterlike mense op aarde in die oë van die priesterdom. Aan die ander kant het die priesters van Jerusalem so `n slegte naam met die Samaritane gehad dat hulle die ergste moontlike ding beskryf het met die naam van `n tempelpriester. Wanneer `n Samaritaan vir argumentsonthalwe in `n toestand van ongeoorloofde opgewondenheid aan iemand sou sê: “Jou fariseër!” sal die beledigde die oortreder aanskryf wat dan dikwels moes betaal met `n stywe boete en jarelange gevangeskap vir sy onbesonnenheid. Natuurlik is dit voor die hand liggend dat dit nie aan te bevele was vir `n fariseër of enige ander priester om Samaria binne te gaan nie. Dit was vir My en almal wat My gevolg het, uiters nuttig, want ons was in Samaria veilig van die bose vervolging deur die Tempeliere.

5 Hy kom toe by `n stad van Samaría wat Sígar genoem word, naby die stuk aarde wat Jakob aan sy seun Josef gegee het.

[10] Die pad het deur Sigar gekronkel, `n dorp naby die outydse klein dorpie wat Jakob vir sy seun Josef met sy geboorte gegee het tesame met die inwoners van die klein dorpie wat meesal bestaan het uit herders wat hy saam met Ragel ontvang het as haar bruidskat. Die dorpie van Sigar was nie werklik `n vooraanstaande stad van die land nie, maar baie welgestelde Samaritane het hier gewoon, sowel as baie ryk Romeine, omdat hierdie dorp pragtig geleë was en die hele streek baie gesond was.

6 En die Fontein van Jakob was daar. Jesus het toe, omdat Hy moeg was van die reis, somaar by die fontein gaan sit. Dit was omtrent die sesde uur.

[11] Volgens die huidig berekende tyd, het ons alreeds om vieruur die oggend uit Judea vertrek, flink aangestap sonder om te rus en presies om twaalfuur daar by die eertydse put van Jakob aangekom wat ongeveer veertig tree voor die klein dorpie in die rigting van Sigar was, wat toe die sesde uur was. Hierdie put het `n baie goeie fontein gehad, was omring met `n randsteen sierlik uitgekap op die ou manier en omring deur skaduryke bome.
[12] Aangesien dit midsomer was, was die dag warm en My liggaam was baie moeg na hierdie strawwe rit. Diegene wat My gevolg het vanaf Judea en vroeër van Galilea, het reeds in hul uitputting, skaduwee en `n welverdiende rus opgesoek, gedeeltelik in die dorpie, gedeeltelik onder die skaduryke bome.
[13] Selfs die eerste leerlinge, dit is Petrus, My Johannes, die evangelis, Andreas, Thomas, Fillipus en Nathaniël, het hulleself neergevlei in die digte gras onder die bome. Ek alleen, alhoewel ook baie moeg, het Myself op die randsteen geplaas welwetende vooraf dat daar binnekort `n goeie geleentheid sal wees om `n nuttige gesprek met die koppige maar andersins onbevooroordeelde Samaritane by die put te hê. Terselfdertyd was Ek alreeds baie dors en het gewag vir `n houer om water te trek. `n Leerling het reeds na die dorpie gegaan daarvoor, maar het nog nie daarmee teruggekeer nie.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205