Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 1
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 21

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244.

Hoofstuk 21 - Die Heer gee vir Nikodémus nadere insig oor sy menswording. Wie nie in die Heer glo nie, is alreeds geoordeel.
[Johannes 3: 16-21]

16 Want so lief het JaHWeH die wêreld gehad dat HY SY eniggebore Seun gegee het, sodat elkeen wat in Hom glo, nie verlore mag gaan nie, maar die Ewige Lewe kan hê.

21 Ek sê: “Ek sê vir jou: God is Liefde en die Seun is Sy Wysheid. En so lief het God die wêreld gehad dat Hy Sy eniggebore Seun, dit is Sy ewige uitgaande Wysheid in hierdie wêreld gegee het sodat almal wat in Hom mag glo, nie verlore mag gaan nie, maar die Ewige Lewe sal ontvang. – Sê vir My, verstaan jy dit ook nie?”
[2] Sê Nikodémus: “Ek kry die gevoel dat ek dit verstaan, maar dan verstaan ek dit werklik nie. As ek net kon weet waar die Seun van die Adam inpas, dan sal ek verstaan. U het ook gepraat van God se eniggebore Seun, wat deur die Liefde vir die wêreld gegee is. Is die ‘Seun van Adam’ en ‘God se eniggebore Seun’ een en dieselfde persoon?”
[3] Ek sê: “Kyk hier, Ek het `n kop, `n lyf en hande en voete. Die kop, die lyf, die hande en voete is Vlees, en hierdie Vlees is die Seun van Adam, want wat vlees is, kom van die vlees, maar in die Seun van Adam wat Vlees is, woon God se Wysheid en dit is God se eniggebore Seun. Nie God se eniggebore Seun, maar slegs die Seun van Adam sal, soos die brons Moses-slang in die wildernis, verhoog word en baie sal aanstoot neem daaroor. Daardie wat nie aanstoot sal neem en sal glo en vashou aan Sy Naam, aan hulle sal Hy mag gee om kinders van God genoem te word en hulle lewe en koninkryk sal vir ewig wees.

17 Want God het SY Seun in die wêreld gestuur nie om die wêreld te veroordeel nie, maar dat die wêreld deur Hom gered kan word.

[4] Jy moet nie die oordeel van die wêreld verwag nie, soos byvoorbeeld oorloë vloede of selfs vuur uit die hemele wat alle heidene sal verteer nie. Want waarlik, God het nie Sy eniggebore Seun (goddelike Wysheid) in die wêreld gestuur (in die menslike vlees) om hierdie wêreld te oordeel (te vernietig) nie, maar om haar ten volle te red, dit is sodat ook die vlees nie mag verderwe nie, maar sal opstaan in die Ewige Lewe saam met die gees (Onder vlees moet in hierdie geval nie soseer die fisiese vlees beskou word nie, maar eerder die vleeslike begeertes van die siel). Ewenwel, om hierdie toestand te verkry, moet die materiële gesindheid van verhewenheid in die vlees vernietig word deur geloof, naamlik geloof in die Seun van Adam dat Hy in die wêreld gekom het, gebore van ewigheid vanuit God, sodat almal wat glo en vashou in Sy Naam, die Ewige Lewe sal hê.

18 Hy wat in Hom glo, word nie veroordeel nie; maar hy wat nie glo nie, is alreeds veroordeel omdat hy nie geglo het in die Naam van die eniggebore Seun van God nie.

[5] Wie ookal, of hy `n Judeër of `n ongelowige is, en in Hom sal glo, sal nooit, ooit geoordeel word en tot niet gaan nie, maar die een wat aanstoot sal neem in die Seun van Adam en nie in Hom gaan glo nie, is alreeds geoordeel. Want die feit dat hy nie wil en nie kan glo nie omdat sy gevoel van verhewenheid veroorsaak dat hy aanstoot neem vir die Naam en natuur van die Seun van Adam, is alreeds so `n man se oordeel. Verstaan jy dit nou? Ek het dit nou baie duidelik aangebied.”
[6] Nikodémus sê: “Ja, ja, ek verstaan so halfweg die betekenis van U hoogs mistieke woorde, maar dit wil voorkom of dit tevergeefs gespreek is solank die deur U hooggeagte Seun van Adam, waarin die volheid van die Wysheid van God inwoon, nie daar is nie, en U is of onbekwaam of onwillig om besonderhede te verstrek oor die tyd en plek waar Hy sal verskyn.
[7] Daarom, ook U oordeel, wat U hoofsaaklik verbind met ongeloof, klink ietwat raaiselagtig. As die oordeel nie `n vloed of `n oorlog of pestilensie en nie `n verterende vuur is nie, maar slegs ongeloof, om die waarheid te sê, geliefde Heer, kan ek nog steeds nie die betekenis van U woorde begryp nie. Want wie ookal nie een of miskien twee begrippe van `n rede verstaan nie, verstaan werklik nie die hele rede nie. Wat beteken U “oordeel” dan? Watter nuwe betekenis dig U aan hierdie begrip toe?”
[8] Ek spreek: “My vriend, binnekort kan Ek ook vir jou sê: Ek vind dit moeilik om te verstaan waarom jy nie by magte is om die duidelike suiwer betekenis van My woorde te verstaan nie. Jy sê dat jy die begrip van “oordeel” nie verstaan nie en Ek het dit so mooi aan jou verduidelik.

19 En dit is die oordeel: dat die Lig in die wêreld gekom het, en die mense het die Duisternis liewer gehad as die Lig; want hulle werke was besoedel.

[9] Waarlik, dit is die oordeel, nie dat die Lig van God van die hemele af in die wêreld ingekom het nie, maar dat die mens, vrygelaat uit die duisternis en in dié Lig geplaas, nog by verre die duisternis verkies bo die Lig van God, nou oorvloedig voor hul oë. Dat die mens dié Lig verwerp, word bewys deur hul werke wat deur en deur besoedel is.
[10] Waar vind jy `n volkome aanvanklike geloof met die regte gelowigheid? Waar het iemand `n ander lief, behalwe as hy een of ander selfsugtige motief het? Waar is die wat hul vroue liefgehad het ter wille van vrugbaarheid? Hulle het die jong hoere lief vir sensuele plesier, wellustigheid en hoerery want hy wat met die ander geslag in pure afgodery van wellustigheid en owerspel omgaan, pleeg ware hoerery, en dit is die euwel van alle euwels. – Waar is daar `n dief wat wat `n lamp neem en openlik steel?

20 Want elkeen wat besoedel, haat die Lig en kom nie na die Lig nie dat sy werke nie bestraf mag word nie.

[11] Waarlik, almal wat kwaadwillig is en daarvolgens optree, is diegene wie se werke besoedel is. Wie ookal sulke dade liefhet en beoefen, is `n vyand van die Lig, haat Hom en sal alles vermag om Hom te vermy sodat sy besoedelde werke, wat hy besef deur die Lig verbied en veroordeel word, nie in die Lig herken word vir die haatlikheid daarvan en hy gestraf word nie.
[12] En waarlik, daarin bestaan die eintlike oordeel, maar wat jy verstaan as oordeel, is nie oordeel nie, maar slegs `n straf wat volg na die oordeel.
[13] As jy dit geniet om in die nag rond te loop, is dit reeds `n oordeel van jou siel, aangesien jy die nag verkies bo die dag. Maar as jy dan teen iets stamp en jouself sleg seermaak of as jy in `n gat of `n diep sloot val, is so `n stamp of val nie die oordeel nie, maar slegs die gevolg van jou oordeel, omdat jy die nag liefhet en die dag haat.

21 Maar hy wat die Waarheid gehoorsaam, kom na die Lig, sodat sy werke openbaar kan word dat hulle in God gedoen is.

[14] As jy egter `n vriend van die Lig, die dag en die Waarheid van God is, sal jy ook handel ooreenkomstig die goddelike Waarheid en sal sekerlik begeer dat jou werke in die Lig kom, en aan almal openbaar word, want jy weet dat jou werke, omdat hulle in die Lig van Waarheid uit God gedoen is, goed en regverdig is en daarom waardering sowel as sigbare beloning verdien.
[15] Want daarom, wie `n vriend van die Lig is, sal nie in die nag wandel nie, maar in die dag, en hy sal die Lig onmiddellik herken, want hy is van die Lig, en hierdie Lig word genoem – geloof van die hart.
[16] Daarom, wie ookal glo in die Seun van Adam dat Hy een Lig is vanuit God, het alreeds lewe in homself. Maar wie nie glo nie, het alreeds die oordeel in homself, en die oordeel is sy eie ongeloof.
[17] Ek dink dat jy My nou goed verstaan het.”

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205