Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 1
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 24

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244.

Die groot en laaste getuienis van Johannes die Doper aangaande Jesus

Johannes antwoord en sê: “`n Mens kan niks aanneem as dit hom nie uit die Hemele gegee is nie.” Johannes 3: 27

24 Maar Johannes beheer homself en sê vir sy leerlinge: “Luister, ek is hiervan oortuig. `n Mens kan niks aanneem, veral dinge betreffende die Gees, as dit nie eers aan hom uit die hemele gegee is nie. Dié buitengewone Man wat oorkant die Jordaan deur my gedoop/gewas is, en waarop ek die Gees van God sien neerdaal het van die hemele in die vorm van `n klein wolkie van Lig, so sagkens soos `n duif wat op haar nes neerdaal, en van wie ek getuig het, kon nie as gewone mens dit neem wat Hy besit nie. Hy is meer as `n gewone mens en dit wil voorkom of Hy self die mag het om van die hemele te neem en te behou wat Hy geneem het of om dit aan te gee aan wie Hy dit ookal wil. En ek glo dat almal dit wat ons het ontvang het deur Sy barmhartigheid. Daarom kan ons gladnie vir Hom vertel wat om te doen en hoe om dit te doen nie. Hy gee en ons is die wat van Hom neem. Hy het Sy skop in Sy hand en sal die vloer van sy skuur skoonvee, maar die kaf verbrand met die ewige vuur en sal die as gebruik vir wat Hy wil.

 28 Julle is self my getuies dat ek gesê het: Ek is nie die Messias nie; maar dat ek voor Hom uitgestuur is.

[2] (a) Julle is self my getuies dat ek die priesters en die Leviete wat na my toe van Jerusalem gekom het, vertel het dat ek nie die Messias is nie, maar gestuur as Sy wegbereider.

Matthéüs 3: 12: Sy skop is in Sy Hand, en Hy sal Sy dorsvloer deur en deur skoonmaak en Sy koring in die skuur saambring, maar die kaf sal Hy met onuitbluslike vuur verbrand.

[2] (b) Hoe kan ek dan fout vind met die Een wat Sy eie skop in Sy hand het? Hoe Hy ookal Sy vloer wil vee, ons kan nie vir Hom reëls maak nie. Want die land(die wêreld) is Syne, daarom ook die koring(die kinders van God) en die kaf (kinders van die wêreld of die duiwel) en is die skuur(hemele) Syne en die vuur(hel) wat nooit geblus word nie, Syne,

29 Hy wat die Bruid het, is die Bruidegom; maar die vriend van die Bruidegom wat na Hom staan en luister, verbly hom baie oor die stem van die Bruidegom. So is dan hierdie blydskap van my volkome.

[3] Wie ookal die Bruid (Wysheid van die Hemele) het, is die Ware Bruidegom, maar die vriend van die Bruidegom staan daarby en verheug hom as hy die Bruidegom se stem hoor. En sien, hierdie vreugde is nou myne. Maar wanneer die Heer Self kom, is die engel se taak voltooi. Want die boodskapper se enigste taak is om die aankoms van die Heer aan te kondig. Wanneer die Heer aangekom het, is die boodskapper nie meer nodig nie.

30 Hy moet meer word, maar ek minder.

[4] Daarom moet ek nou minder word, maar Hy as Heer moet meer word vir die mense op aarde. Julle was altyd my leerlinge omdat ek as boodskapper na julle toe gekom het. Het enigeen van julle my al gehoor roem daaroor? Ten alle tye het ek die eer behou vir Hom wat dit moes ontvang. Toe ek getuig het dat ek nie waardig genoeg was om sy skoenrieme los te maak nie, het ek my verseker nie bo Hom verhef nie, maar het Hom al die eer gegee wat in die menslike blindheid toegelaat is. Daarom herhaal ek: My sending is nou beëindig. As die Heer self gekom het, is die wegbereider nie meer nodig nie, waar die boodskapper(vlees) nou minder moet word, waar Hy as die Heer(die Gees) moet bo die vlees uitgroei. Daar is `n groot verskil tussen die boodskapper en Hom wat uit Sy eie Mag die boodskapper stuur waar ookal Hy wil.

31 Hy wat van BO kom, is bo almal; hy wat uit die aarde is, is uit die aarde en praat uit die aarde. Hy wat uit die Hemele kom, is bo almal.

[5] die Een wat die mag het om wette te gee is bo en die een wat moet gehoorsaam, is onder. – Niemand kan regtens bo wees nie, behalwe as hy oorspronklik daarvandaan kom. Maar Hy wat waarlik van bo kom, is bo almal. Hy wat van die aarde is, kan nooit van bo kom nie, maar behoort aan die aarde en kan van niks anders as van aardse dinge praat nie. Hy wat egter van die hemele kom, is bo alles, want Hy is Heer en kan daarom doen wat Hy ookal wil. Hy kan doop met water, vuur en Gees, want alles is Syne.

[6] Ek glo nog nie dat Hy Self met water doop nie, maar slegs met die Vuur van die Gees, waarin sy leerlinge die mense vooraf sal doop op die manier waarop ek dit doen, dit is diegene wat nog nie die doop in water van my af ontvang het nie. Die doop in water is vir die mens nutteloos, as dit nie opgevolg word met die doop met die Gees van God nie.

32 En wat Hy gesien en gehoor het, dit getuig Hy; en niemand neem Sy getuienis aan nie.

[7] Water getuig van niks behalwe water en maak die vel skoon van die aardse vuilheid. Die Gees van God daarinteen, waarmee slegs die Heer mee kan doop, aangesien God se Gees Sy Gees is, getuig tot God en dit wat slegs Hy ten alle tye sien en hoor in God.

[8] Ongelukkig aanvaar feitlik niemand sover hierdie heilige Getuie nie, want wat klei is, bly klei en verwerp die Gees, tensy die klei eers deur die vuur gaan om self Gees te word. `n Behoorlike vuur verteer alles, behalwe die Gees, wat Self `n magtige vuur is. daarom sal die Heer se Geesdoop baie vernietig, en as gevolg daarvan sal baie bevrees wees om dit te aanvaar.

33 Wie Sy getuienis aangeneem het, het Sy Seël daarop gesit dat die God waaragtig is.

[9] Wie ookal hierdie doop en sy heilige Getuie sal aanvaar, sal binne-in homself, weg van die wêreld, die kennis verseël dat die Een wat hom met die Gees gedoop het, waarlik God is en alleen in staat is om Ewige Lewe te gee. Nou kan u onder mekaar sê: Waarom die hemelse Getuie van God deur God verseël hou binne-in onsself? Ek het julle alreeds vertel: Klei is en bly klei en gees is en bly gees. As die sterflike mens wat wesenlik klei is, egter die gees ontvang in sy klei in, sal hy in staat wees om sy gees te behou, behalwe as hy dit versigtig binne-in bewaar, dit wil sê, in sy hart?

[10] Of is daar `n sekere maatstaf waarvolgens Gees uitgedeel word sodat elkeen kan weet hoeveel Gees hy ontvang het? As daar nie so `n maatstaf bestaan nie, is dit die verantwoordelikheid van die tydelike man van klei om in sy hart so `n maatstaf te vestig vir die gees wat ontvang word. Eers wanneer die gees homself dan eenmaal in hierdie hoeveelheid tot blywende rus neergelê het en die nuwe maat opgevul het, sal die man van klei binne-in homself agterkom hoeveel van die gees hy ontvang het.

[11] Watter nut sal dit vir jou wees as jy by die see water skep in `n vaatjie met gate? Kan jy ooit eis en erken dat jy `n gegewe hoeveelheid water van die, vir jou, onmeetbare see getrek het? As die vaatjie goed met hoepels beslaan is, sal jy by magte wees om te oordeel hoeveel seewater dit bevat. Die water van die see is egter deur en deur dieselfde, in groot- of in kleinmaat – dit is van geen belang nie. Daarom is die see as sulks deur en deur see, en waar iemand ookal water sou trek vanuit die see, baie of min, trek hy elke deel seewater in en sal eers later die hoeveelheid weet.

34 Want Hy wat God gestuur het, spreek die Woorde van God; want God gee Hom die Gees (aan Hom wie HY gestuur het) nie met mate nie (nie soos aan `n mens nie, maar in al sy oorvloed).

[12] So is dit met die Een wat van God gekom het, om getuienis te gee van God en die suiwer woord uitspreek. Hy is die onmeetbare see Homself (die Gees van God). Wanneer Hy iemand van Sy Gees gee, gee Hy dit nie in `n onmeetbare hoeveelheid nie, wat slegs in God in eindelose oorvloed kan bestaan, maar volgens die maat in die mens teenwoordig. As `n mens begeer om die Gees te kry, moet sy eie maat nie defektief en lekkend wees nie – dit moet goed met hoepels beslaan en goed verseël wees.

[13] Hom wie julle so pas gesien en gevra het of Hy die Messias is, het, alhoewel uiterlik ook die Seun van die Adam, God se Gees nie volgens `n mens se mate ontvang nie, maar volgens die oneindige maat van God alreeds vanaf die begin, want Hy is Self die onmeetbare see van die Gees van God binne Homself. Sy Liefde verteenwoordig die Vader van ewigheid af, en dit is nie buite die sigbare Seun van Adam nie, maar binne-in Hom, wie die Vuur, Vlam en die Lig van ewigheid is in en van die Vader.

 35 Die VADER het die Seun lief en het alles in Sy Hand gegee.

[14] Hierdie dierbare Vader het SY ewige Seun innig lief, en alle Mag en Gesag lê in die hande van die Seun, en alles wat ons het volgens die korrekte maat, het ons getrek vanaf Sy onmeetbare oorvloed. Hy is Self deur Sy eie Woord nou `n Mens in die Vlees onder ons, en Sy Woord is God, Gees en Vlees, en ons noem dit “Seun”. Daarom is die Seun ook binne Homself ewiglik die Lewe van all Lewe.

36 Hy wat in die Seun glo, het die Ewige Lewe; maar hy wat die Seun ongehoorsaam is, sal die lewe nie sien nie, maar die Toorn van God bly op hom.

[15] Wie die Seun aanneem en in Hom glo het die Ewige Lewe alreeds in hom. Want, net soos God Homself in elke woord sy mees volmaakte Ewige Lewe is, is Hy dit ook in elke mens wat Sy lewende Woord opneem en daaraan vashou. Ower geset synde, hy wat nie die Woord van God aanvaar vanuit die mond van die Seun nie, dus wat nie in die Seun glo nie, sal en kan binne-in hom geen lewe ontvang of sien of ervaar nie, en die grimmigheid van God, wat die oordeel van alle dinge wat geen lewe bevat nie, behalwe die een van die ewige onveranderlike wet van dwang, sal op hom rus solank as wat hy nie in die Seun glo nie.

[16] Ek, Johannes, het julle nou alles vertel en was vir julle `n volkome wettige getuie. Met my eie hande het ek julle skoon gewas van die vuilheid van die aarde. Gaan nou en aanvaar Sy Woord, sodat julle die doop van Sy Gees kan ontvang, want daarsonder is al my moeite om julle ontwil tevergeefs. Ek sal graag self na Hom toe wil gaan, maar Hy wil dit nie hê nie en openbaar aan my deur my gees dat ek hier moet bly, aangesien ek alreeds in die gees dit ontvang het wat julle nog kortkom.”

[17] Hierdie was die laaste en grootste getuienis van Johannes aangaande My en het geen verdere verduideliking nodig nie, aangesien dit alreeds selfverduidelikend is.

[18] Die rede waarom dit egter nie in sulke besonderhede in die evangelie aangetoon word nie, is en sal altyd dieselfde bly. Eerstens, omdat dit in daardie dae die manier was waarop dinge geskryf was, naamlik dat slegs die hoofpunte aangeteken was en alles anders wat `n persoon met `n wawyd wakker gees maklik kon verstaan, was uitgelaat. Tweedens, om te keer dat die lewende heilige inhoud van die Woord besoedel en geskend word. Daarom is elke so `n vers soos `n goedbedekte korrel saad met `n sluimerende kiem vir `n onverganklike lewe met sy onmeetbare oorvloed van Wysheid.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205