|
Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 1 JACOB LORBER - AFRIKAANS
Hoofstuk 103
|
Spring: |
1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244. |
|
|
Op die meer. Jesus en die storm.
103 Eweneens, voordat ons nog in die skuit geklim het, kom een van My leerlinge na My en vra of dit My goedkeuring wegdra dat hy eers sy vader, wat plotseling die vorige aand oorlede is, gaan begrawe. Ek sê egter aan hom: “Bly jy maar by My en laat die dooies hulle dooies begrawe.” Die leerling sien dadelik van sy versoek af en volg My in die skuit in - hy het ingesien dat dit beter is om eerder vir die lewendes as vir die dooies te sorg(`n ydele sorg, waarvan dit beter is dat die dooies hulle daarmee besig hou, want - almal wat die begrafnisvertoon belangrik ag, is min of meer dood vir solank hulle eer aan die dode bewys en self eerbetoon aan dooies belangrik vind)
[2] Die ware dood van die mens is selfsug, waarvan die gees hoogmoed is, wat bo alles hunker na eer; in hierdie lig gesien, is die eervolle begrafnis van `n dooie niks anders nie as `n laaste vorm van hoogmoed van `n geestelik lank-reeds-dooie mens.
[3] Nadat die leerling in sy hart die volle waarheid van dit wat Ek aan hom gesê het, besef, volg hy My, soos reeds gesê, sonder enige bedenkinge in die skuit in en ons vertrek vinnig met die gunstige wind en ontkom só aan die steeds sterker aandringing van die volk.
[4] Sommiges klim wel in kleiner bootjies en agtervolg ons vir `n entjie. Maar toe die wind steeds sterker begin waai, draai hulle gou-gou om en bereik met moeite die veilige oewer voor die uitbreek van die storm.
[5] Ons het ons reeds in die middel van die meer bevind toe die aanvanklik gunstige wind in `n geweldige storm ontaard. Tydens ons aan boord gaan, was Ek al liggaamlik vermoei omdat Ek die hele nag wakker was en sê daarom aan Petrus toe ons almal op die skuit is: “Maak vir My `n slaapplek gereed; Ek gaan gedurende die reis `n bietjie rus want, soos jy weet, het Ek die hele nag niks geslaap nie.”
[6] Petrus bring dadelik vir My `n paar kussings, maak daarvan `n lekker rusplek, en gee My nog `n kussing om onder My kop te sit, waarna Ek weldra liggaamlik diep insluimer, hoewel Ek geweet het dat die wind gou-gou in `n heftige storm sou ontaard, en dat die hoë golwe die skuit sou bedreig.
[7] Toe ons ongeveer twee uur van die kus af is, bereik die storm sy hoogtepunt, en die golwe begin oor die dek van die skip te slaan. Toe word selfs My mees toegewyde leerlinge bang. Hulle sien dat die skip begin water skep van die steeds meer oorslanende golwe, veral in die middel, wat volgens die toenmalige boustyl die laagste deel van die skip was. Derhalwe, toe die storm nie afneem nie, maar die golwe daarenteen steeds hoër opwel, kom die leerlinge na My toe, dit wil sê na die hoogste deel van die skip waar Petrus vir My `n lêplekkie gemaak het, en waartoe die golwe nog nie deurgedring het nie, begin aan My skud om My wakker te maak en roep angsbevange uit: “Heer, help ons, anders gaan almal van ons te gronde!”
[8] Daarop staan Ek van My slaapplek af op en sê aan hulle: “O, julle kleingelowiges! Hoe kon julle so bang word terwyl Ek by julle is? Wie is die belangrikste - die storm, of Hy wat ook Heer van al die storms is?”
[9] Maar omdat die leerlinge net soos al die baie ander op die skip, byna sprakeloos van angs is en selfs `n Petrus stamelend is, sê Ek vinnig `n bestraffende Woord aan die storm en die meer, waarop alles ineens stil word. Dit lyk asof die storm afgesny is, en die meer word skielik glad soos `n spieël - net waar die roeispane die water roer, sien mens `n klein beweginkie van die water. Daar is `n taamlike groot aantal mense aan boord wat My nog nie goed ken nie, omdat hulle die oggend pas daar aangekom het, en eintlik meer om sakedoeleindes as om My ontwil saamgaan, en hulle klou in hulle ontsettende verbasing aan die leerlinge vas en vra aan hulle: “In die naam van God - wat vir `n mens is dit dat die wind en die see aan Hom gehoorsaam is?”
[10] Ek gee egter `n wenk aan die leerlinge om My nie weg te gee nie. Petrus sê toe: “Moenie so baie vrae vra nie - help liewer om die baie water uit die skip uit te skep, anders is ons verlore as hier nou `n na-storm kom, wat dikwels gebeur as dit so skielik ophou soos nou net.” Toe vra die vreemdeling niks meer nie maar gryp die wateremmers en skep vinnig die water uit die skip uit - hulle werk daaraan totdat ons die uitgestrekte oewer aan die oorkant bereik.
|
|
|
|
|