|
Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 1 JACOB LORBER - AFRIKAANS
Hoofstuk 213
|
Spring: |
1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244. |
|
|
Die verhaal van Philopold
213 Ek sê: “Moenie verder daaroor praat nie, jy sal jouself weldra daarvan kan oortuig of daar nog iets aan hom te doen is.” En terwyl Ek my na die stoïis Philopold wend, sê Ek: “Glo jy dat jy nie vooraf met God, jou Skepper, `n verdrag gesluit het nie, en dat jy dit nie eens was met al die voorwaardes wat jou dikwels onder oë gebring was, en wat sonder meer noodsaaklik is vir die lewe op hierdie planeet nie? Weet dan, dwaas dat dit al die twintigste hemelliggaam is waarop jou liggaam leef; jou totale liggaamlike leeftyd tel al soveel aardse jare dat dit die aantal fynste sandkorreltjies in al die oseane op die aarde ver oortref! En wat `n, vir `n liggaamlik lewende mens onvoorstelbare, haas eindelose tydsduur bestaan jy al as suiwer gees in die volste sin, en met die helderste selfbewussyn in die eindelose ruimte, waar jy tesame met tallose ander geeste algeheel vry leef en met alle mag hierdie totaal vrye lewe geniet!
[2] Die sonnestelsel waarin jy liggaamlik die laaste gewoon het, noem die geleerdes van hierdie aarde Procyon, maar die eie bewoners van haar uitgestrekte oppervlakte noem haar Akka - en so noem hulle haar daar oral met een en dieselfde uitspraak, want die bewoners van dié planeet praat maar één taal. Dáár hoor jy vanaf `n engel dat die groot, Almagtige, Ewige Gees, die enige Skepper en Bewaarder van alle oneindigheid en alles wat dit bevat, op een van die kleinste planete wat in die eindelose ruimte in tallose hoeveelhede hulle baan volg, Self vlees sou word en `n ten volle mensegedaante sou aanneem. Jy uiter toe die vurige wens om, as dit moontlik sou wees, op daardie planeet geplaas te word om daar die Een wat jou geskape het, te sien en te hoor. Toe kom hierdie selfde engel wat jy hier aan My regterhand as sewende mens sien staan, maar wat tog `n algeheel vrye gees is, en hy vertel jou haarfyn en presies van die sware omstandighede waaraan jy onderworpe sou wees as jy `n bewoner wil word van die planeet waarop jy nou staan, en as jy daar kindskap van God wil verkry.
[3] Jy neem toe al die voorwaardes aan, waaronder ook dat jy as bewoner van die gekose planeet die herinneringe aan jou vroeëre lewens op ander hemelliggame volkome kwyt sou wees tot op die oomblik dat dieselfde engel jou driemaal op jou naam sou roep wat jy op die planeet Akka gehad het.
[4] So het alles in waarheid daaraan toegegaan, en al is dit tot nog toe weliswaar onbegryplik vir jou, hoe onbillik is dit nie van jou as jy beweer dat daar vir jou bestaan op die aarde tussen jou en jou Skepper heeltemal geen verdrag gesluit was nie?!”
[5] Philopold sê: “Wat is dit nou vir hersenskimmige verwarrende taal? Moes ek al êrens op `n ander, mooier en na dit skyn beter wêreld as `n mens van vlees gewoon en geleef het? Nee, dit is darem te erg! Luister eers, jy sewende van regs, wat deur die Násarener `n engel genoem word, hoe heet jy dan en hoe heet ek?”
[6] Die engel sê: “Wag net `n bietjie; ek sal so gou moontlik kenmerke uit jou vorige wêreld gaan haal en dié sal ek jou ter insae en herkenning gee!”
[7] Na hierdie woorde verdwyn die engel, maar kom binne enkele oomblikke weer terug en oorhandig aan Philopold `n rol waarop die naam van die engel en sy eie naam duidelik leesbaar in perfekte ou Hebreeuse letters geskryf staan, en `n tweede rol waarop al die voorwaardes geskrywe staan waartoe hy vir sy oorgang ingestem het.
[8] Terwyl die engel die rolle aangee, sê hy: “Hier, lees en herken dit, voormalige Murahel, Murahel, Murahel! Want ek, wat ArgiEl heet, het dit vir jou van dieselfde altaar gaan afhaal waar jy aan my die groot belofte gedoen het! Moenie vra hoe dit in die paar oomblikke moontlik was nie; want vir God is besonder wonderlike dinge moontlik! Lees eers alles, en praat dan daarna!”
|
|
|
|
|