Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 1
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 108

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244.

Maria, die moeder van die Heer

108 Ons gaan nou op pad en baie mense wat ons teëkom groet ons weliswaar, maar vra nie waar ons vandaan kom of waar ons heengaan nie.

[2] Maar onderweg kom ons wel vir Judas Iskariot teë, en hy vra ons waar ons was en waar ons heengaan. Hy was nie in die sinagoge nie, omdat hy met sy vis en sy pottebakkersware op die mark gestaan het, en baie geld gemaak het, wat hom groot plesier verskaf. Tog gaan hy saam met ons na My huis toe en eet daar lekker saam omdat dit hom niks kos nie. Maar na ete gaan hy dadelik terug na sy stalletjie toe en doen daar goeie besigheid, want die mark duur drie dae en allerhande handelaars doen daar baie sake en verdien goeie geld uit hulle koopware.

[3] Die volgende dag vra moeder Maria aan My of Ek hier weer in die openbaar iets gaan doen, en hoe lank Ek hierdie keer in die huis gaan bly en of daar nog meer mense gaan bykom, sodat sy die kosvoorraad kan aanvul want daar was amper niks meer oor nie.

[4] Ek sê: “Vrou, moenie oor My bekommerd wees nie, of oor My metgeselle of oor voldoende kosvoorraad nie! Want kyk, Hy wat die hele groot aarde voed en die son, maan en die sterre met Sy Liefde versadig, Hy weet alles van hierdie kleine huisie en Hy weet baie presies wat dit nodig het! Moet dus nie besorg wees nie, want waaroor u nou bekommerd is, daarvoor is reeds van Bo gesorg!

[5] Die Vader in die Hemele laat nie sy kinders honger ly nie, behalwe wanneer dit vir hulle verlossing nodig is.

[6] U het immers in Sigar baie duidelik gesien hoe die hemelse Vader vir sy kinders gesorg het. Dink u dat Hy sedertdien hardvogtiger geword het? Gaan kyk in die spens, en u sal sien dat u verniet bekommerd was.”

[7] Maria haas haar na die spens, en vind dit volgepak met brood, meel, vrugte, gerookte en vars vis, met melk, kaas, botter en heuning! Toe My moeder so `n groot voorraad in die spens sien, skrik sy daarvoor; sy kom vinnig na My toe terug, val op haar knieë voor My neer en bedank My knielend vir so `n ryklike voorsiening in haar spens. Ek buk egter vinnig, hef My moeder op en sê aan haar: “Wat doen u nou vir My wat die Vader alleen toekom? Staan op, ons ken mekaar al immers dertig jaar lank; Ek is nog steeds dieselfde, Ek het nog nie verander nie!”

[8] Maria se oë skiet vol trane van vreugde, sy groet al My leerlinge en gaan dan vinnig om `n goeie middagete vir ons voor te berei.

[9] Die leerlinge kom na My toe en sê: “Kyk tog, wat `n liewe vrou en wat `n tere moeder! Sy is tog nou al vyf-en-veertig jaar oud, maar sy lyk asof sy pas twintig geword het! En sy is so buitengewoon lieftallig en sorgsaam, en kyk hoe swel haar waarlik heilige en suiwer bors van pure moederliefde! Regtig, dit is `n vrou wat verhewe is bo al die ander vroue op aarde!”

[10] Ek sê: “Ja, ja, sy is die Eerste en daar sal nooit weer een soos sy wees nie! Maar dit sal ook gebeur dat mense vir haar meer tempels bou as vir My, en dat mense haar tienmaal meer sal eer as vir My, en mense sal glo dat hulle net deur haar verlos kan word!

[11] Daarom wil Ek dan ook nou nie hê dat mense haar te veel vereer nie, omdat sy goed weet dat sy die moeder van My liggaam is en ook weet Wie agter die liggaam wat sy gebaar het, teenwoordig is.

[12] Wees daarom buitengewoon goed en lief vir haar, maar pas daarvoor op om haar nie een of ander goddelike verering te bewys nie!

[13] Want, met al haar buitengewoon voortreflike eienskappe is sy tog steeds net `n vrou; en vanaf die beste vrou tot by ydelheid is en bly maar `n baie klein treetjie!”

[14] En al die ydelheid is die saad van hoogmoed, waaruit al die kwaad in die wêreld gekom het, nog steeds kom en altyd sal kom! Hou daarom, ook jeens My moeder, rekening met wat Ek julle nou gesê het!”


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205