|
Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 1 JACOB LORBER - AFRIKAANS
Hoofstuk 157
|
Spring: |
1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244. |
|
|
Die eerste skeppingsdag
157 (Die Heer:) “Daar staan tog geskrywe: “In die begin skep God hemele en aarde, en die aarde het woes en leeg geword en in die diepte was duisternis; maar God se Gees sweef oor die waters.
[2] En God spreek: “Laat dit lig word!”, en dit word lig. God sien dat die lig goed was; toe skei Hy die lig van die duisternis. Hy noem die lig “dag” en die duisternis “nag”. So ontstaan uit aand en oggend die eerste dag.”
[3] Sien, dit is die woorde van Moses! As u hulle volgens hulle natuurlike betekenis opneem, dan moet u tog met die eerste oogopslag al sien watse groot onsin daaruit voortkom!
[4] Wat bedoel Moses dan met die “hemele” en die “aarde”, waaroor hy sê dat dit in die begin geskape is? Die “hemele” is die geestelike en die “aarde” is die natuurlike in die mens; hierdie was en is nog steeds woes en leeg - net soos by u. Die “waters” is u slegte insig in alle dinge, die Gees van God sweef wel daarbo, maar bevind Haarself nog nie daarin nie.
[5] Maar omdat God se Gees steeds sien dat dit in u materiële wêrelddiepte verskriklik donker is, sê Hy as`t ware aan u: “Laat dit lig word!”
[6] Dan begin dit in u natuur skemer word en God sien hoe goed die lig is vir u duisternis; maar u kan en wil dit self maar nie insien nie. Daarom vind daar dan ook `n verdeling in u plaas, dag en nag word naamlik geskei, en deur die dag in uself te herken, herken u dan die vroeëre nag van u hart.
[7] Die eerste natuurlike staat van die mens is die van diepe aand, dus nag. Maar omdat God Hom `n lig gee, daarom is die lig vir die mens `n ware môrerooi en so ontstaan uit die aand en die môrerooi van die mens werklik sy eerste lewensdag.
[8] Dit is tog begryplik dat as Moses wat in alle wetenskappe van die Egiptenare ingewy was, in sy geskrifte die eerste natuurlike dag van die aarde wou aangee, hy met al sy kennis en wysheid tog wel sou gemerk het dat uit die aand en die môre nooit `n dag kan ontstaan nie, want na die aand volg in die natuur altyd nog die donker nag, en die dag kom eers na die môre.
[9] Wat dus tussen aand en môre lê, is nag; maar wat tussen môre en aand lê, is dag!
[10] As Moses gesê het: “En so ontstaan daar uit môre en aand die eerste dag!”, dan sou u wel kon aanneem, dat dit die natuurlike dag was; maar hy sê dit om `n regte beeld te gee, presies omgekeerd, en dit het te maak met die aand en trouens die nag van die mens, wat heel begryplik is, omdat niemand nog ooit `n kind gesien het wat oor al die wysheid beskik nie.
[11] As `n kind in hierdie wêreld gebore word, heers daar in sy siel volkome duisternis en dus nag. Die kind word groot, kry allerhande onderrig en daardeur steeds meer insig in allerhande sake en dit is die aand, dit wil sê, dit begin in die siel so skemerig te word soos dit vergelykenderwys saans is.
[12] U sê wel dat dit ook smôrens skemer is en Moses kon dan ook gesê het: “En so ontstaan uit die oggendskemering en uit die eintlike ligte môre die eerste dag!”
[13] Dan sê Ek: Sekerlik, as hy volgens die betekenis van die geestelike beeld die grootste onsin aan die mense wou vertel het! Maar Moses het geweet dat net die aand ooreenstem met die aardse toestand van die mens; hy het geweet dat dit met die suiwer aardse verstandelike ontwikkeling by die mense presies so gaan as met die steeds swakker wordende lig van die natuurlike aand.
[14] Hoe meer die mense met hulle verstand aardse dinge probeer vind, des te swakker word die suiwer goddelike Lig van die Liefde en van die geestelike lewe in hulle harte. Daarom noem Moses so `n aardse lig van die mens ook die aand.
[15] Slegs wanneer God deur Sy Barmhartigheid `n lewensliggie in die hart van die mens aansteek, dan begin die mens eers die onbeduidendheid in te sien van alles wat hulle eerder met hulle verstand, die geestelike aand, hulleself toegeëien het en hulle sien dan ook langsaam maar sekerlik steeds meer in dat al die skatte van dié aandlig net so verganklik is soos dié lig.
[16] Maar God se ware Lig, aangesteek in die hart van die mens, Hy is die môre wat met en uit die voorafgaande aand `n noodsaaklike voorwaarde is vir die eerste egte dag van die mens.
[17] Deur hierdie verklaring wat Ek nou gee, moet u nou ook insien dit daar `n enorme verskil bestaan tussen die twee ligte of liewer insigte, want alle kennis in die wêreldse aandlig is bedrieglik en daarom ook verganklik. Slegs die Waarheid duur vir ewig; maar die bedrog moet uiteindelik tot niet gemaak word.”
|
|
|
|
|