|
Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 1 JACOB LORBER - AFRIKAANS
Hoofstuk 147
|
Spring: |
1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244. |
|
|
Die gelykenis van die fluitende kinders
147 Na hierdie antwoord skei die aartsfariseërs en aartsjode hulle van die tweede spreker en sy meer gematigde groep af en gaan, terwyl dit al taamlik laat in die aand is, op weg na Kapernaum. Hulle gaan oor land, want die meer was rumoerig en hulle vertrou die skippers nie, hoewel dié hulle verseker dat daar veilig gevaar kon word.
[2] Maar die hele karavaan, ongeveer honderd-en-vyftig man sterk en onbekend met die regte pad, kom nie baie ver nie, naamlik nie verder as `n plek waar `n onklimbare hoë rots in die meer uitsteek en daar `n baie sterk branding veroorsaak. Direk bo die rots verhef `n hoë en steil gebergte hom, waaroor vanaf hierdie plek aan die kus geen pad loop nie, en so bly vir die karavaan niks anders oor as aan die taamlik lange terugweg van enige ure te begin. Hulle kom in die stikdonker, terwyl dit geweldig storm en reën, bliksem en donder, net na middernag by die huis van tollenaar Kisjonah aan en soek daar beskutting en onderdak; want die hele karavaan was tot op die vel deurweek en op die punt om inmekaar te sak. Die tollenaar en sy mense neem die vermoeides vriendelik op en gee hulle `n droë rusplek, wat die waternat mense goed te pas kom.
[3] Die volgende dag, al taamlik laat, kom die natgereënde en nog ietwat vermoeide fariseërs weer uit hulle ruskwartiere te voorskyn en droog hulle klere in die sonskyn.
[4] Maar dit was sabbat en Kisjonah en sy mense doen hulle werk net soos op `n ander dag; en toe dit middag word, word daar tafels gedek en daar word allerlei goedvoorbereide kos voorgesit.
[5] Kisjonah nooi ook die deurnat en vermoeide groep uit vir die middagete; maar hulle neem die uitnodiging nie slegs nie aan nie, maar begin te mor en skerp verwensings te uiter teen sulke sabbatskenders en sabbatverbrekers; want `n egte Judeër mag voor sononder niks doen en ook niks eet nie - dit was slegs toelaatbaar om driemaal te drink.
[6] Omdat die uitgenooides die vriendelikheid van die tollenaar só beloon, wend hy (Kisjonah) hom tot My en vra: “Heer! Wat moet daar met hierdie dwase gebeur? Ek wil aan hulle goed doen en daarvoor vervloek hulle my! Kan U my ook sê of God ag slaan op die vloek van sulke dwase, tot nadeel van die een wat deur hulle vervloek word!”
[7] Ek antwoord: “O ja, maar nie tot nadeel van die wat deur hulle vervloek word nie, maar tot nadeel van die vervloekers self. Wie ore het om te hoor, moet hoor! (Matthéüs. 11:15) Want Ek sal julle vertel wat daar in feite met hulle aan die gang is. Dink julle dat hulle sabbat hou omdat Moses dit voorgeskryf het? Of dink julle dat hulle daarom vas?
[8] Ek sê vir julle: in hulle hart gee hulle geen drie staters om vir Moses en al die profete nie, maar hulle doen dit vir die mense wat hulle die tiende saam met baie geld gee, sodat dié hulle sal sien as waardige opvolgers van Aäron!
[9] Met wie sal Ek daardie slegte saadlyn vergelyk? Lyk hulle nie na die kinders wat op die mark sit en hulle kameraadjies toeroep (Matthéüs. 11: 16): “Ons het vir julle gefluit en julle wil nie dans nie, en ons het vir julle geweeklaag, en julle wil nie huil nie!” (Matthéüs. 11:17) Maar Ek bedoel met die kinders nie die fariseërs en Judeërs wat daar staan nie, maar diegene wat hier by ons is; want hulle het in hulle hart daardie dwase en volmaakte godloënaars gister hier wou hou, en daardie dwase het met hulle en My gespot; en die skippers wou hulle, omdat die wind goed was, oor die meer na Kapernaum bring en hierdie dwase vertrou die skippers nie; hulle gaan te voet en `n kwaai storm dryf hulle weer hierheen. Nou het julle hulle vir middagete uitgenooi en hulle vervloek julle!
[10] Liewe kinders, julle wat hier by My op die ware mark van die lewe sit, Ek sê vir julle, moenie meer vir hierdie dwase fluit nie; want hulle gees is verlam en daardeur kan hulle nie meer dans nie. En hou ook op met klaag; want hulle gemoed is `n uitgedroogde klip!
[11] Johannes, waaroor gister so baie gepraat is en oor wie Ek `n ware getuienis gegee het, kom en leef so streng dat hy, behalwe sprinkane en wilde heuning wat hy met baie groot moeite uit die grotte van die aarde haal, byna niks eet en drink nie; en hierdie en andere van daardie gespuis sê vir hom in sy gesig dat hy deur die duiwel besete was (Matthéüs. 11:18), wat hom snags kos bring en in die lewe gehou het!
[12] Johannes het tog, soos niemand voor hom nie, gefluit en meer as genoeg geklaag en kyk - hierdie en baie van hulle soort wil nie dans en ook nie huil nie!
[13] In My het nou die lang verwagte Menseseun gekom. Hy eet en drink. Wat sê hulle nou? Julle het gister self gehoor hoe hulle oor My oordeel en roep: “Kyk! Wat `n vraat en wynsuiper is hierdie mens en ook nog `n vriend van tollenaars en sondaars!”
[14] Maar Ek sê vir julle: die wysheid moet deur hulle kinders geregverdig word! (Matthéüs. 10:19) Dit wil sê dat hulle eie kinders hulle dwaas noem, en so is in hulle kinders sulke wysheid, wat hulle hier voor ons geuiter het, geregverdig; maar ook My Wysheid, omdat hulle kinders My Wysheid aanneem en erken. So is dan die juistheid van beide soorte wysheid, die verkeerde en die regte, voldoende aangetoon.”
[15] Toe staan die fariseërs en aartsjode op en sê aan My: “Pas op - jy is nog steeds `n Judeër! Ons verteenwoordig die wet en het die reg om jou as `n aartsketter te vernietig; want jy wil Moses vernietig en die profete ondergrawe. Pas op, as jy sulke wense nie wil laat vaar nie! Ons het van die keiser die belangrike toegewing dat ons ons in geval van nood mag bedien van die Romeinse regspraak en elke stadhouer moet aan ons wense voldoen!”
|
|
|
|
|