Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 1
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 137

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244.

Die antwoord van die Heer op Judas se sendingvoorstel

137 Ek sê: “Omdat jy `n mens van hierdie aarde is, daarom praat jy ook soos `n mens van hierdie aarde. Hy wat egter van bo gekom het, praat anders, omdat Hy alleen insien en die beste weet wat die mens ten alle tye nodig het, sodat sy gees vry word van die almag en van die toorn van God en vir ewig ware selfstandigheid sal bereik.

[2] Want die aardse lewe gee die gees nòg lewe nòg vryheid van lewe, maar die dood; die aardse dood is egter die geboorte van die gees tot die Ewige Lewe en die daarby behorende ware, ewige vryheid.

[3] As Ek op menslike manier wil praat, dan sê Ek vir jou dat dit alles en nog veel meer al vir die mensdom gedoen is, en sê jy nou self waar is, volgens jou, die goue vrugte daarvan?

[4] Hoeveel beter het die mense op hierdie aarde geword ná wat daar gebeur het ten tye van Noag, as wat hulle was daar vóór? Wat gebeur nie lank daarna met Sodom en Gomorra nie?

[5] En kyk, al die huidige heidene, behalwe die More en Sjinese in die uiterste verre Môreland, is nakomelinge van Lot, ook baie van die, soos diere verwilderde Skite, wat die middernagtelike lande van die aarde bewoon; hoe vind jy dat hulle geword het, ondanks die les wat hulle vader Lot geleer het?

[6] Gaan na Egipte en ondersoek hoeveel beter daardie volkere geword het deur die sewe plae! Wat het Moses nie alles gedoen nie; wat doen al die profete nie?!

[7] Veertig jaar laat JaHWeH die te sleg geworde Judeërs ellendig versmag in die Babiloniese gevangenskap, hulle word behandel soos die slegste lasdiere en gevoer met die voer van varke en honde; die lieflike dogters van die Judeërs is onder geseling en allerlei martelinge deur die oormoedige Babiloniërs dag en nag verkrag totdat die dood ingetree het, net soos die seuns en jongelinge wat eers gekastreer is! Gaan en vra al die hoë en trotse Judeërs hoeveel beter hulle deur die les geword het!

[8] Noem my `n periode, een jaar, `n maand, `n week, `n dag, waarop die Heer die verslegtende mensdom nie persoonlik of in die algemeen getugtig het nie! In die hele Judea is geen huis te vind wat daarvan vry gebly het nie; sê self nou hoeveel beter die mense nou met die feite is?!

[9] Daarom kom jy veels te laat met jou raad aan My; want dit het alles al plaasgevind, en het vir die geestelike weg ook dít teweeg gebring wat dit teweeg moes bring; maar vir die uiterlike, aardse lewensomstandighede van die mense kan en mag in die grond van die saak geen merkbare gevolg intree nie, omdat dit alleen nooit `n rede was om van bo iets te laat gebeur nie.

[10] As Ek nou egter weer met donder en bliksem die evangelie van die ryk van God op aarde aan die mense sou wou verkondig, sou Ek julle daarvoor nie nodig hê nie; want dan is daar in die hemele nog `n baie groot aantal magtige engele wat veel beter in staat sou wees om die Ryk van God op aarde uit te brei as julle.

[11] Maar nou het die tyd gekom wat aan EliJaH getoon is toe hy verberg was in die grot op die berg. Nie in die storm nie, ook nie in die vuur nie, maar in die fluistering van die wind kom JaHWeH verby! En hierdie tyd van die sagte fluistering van JaHWeH voor die grot van hierdie wêreld het nou aangebreek. Daarom wil en mag ons nou ook nòg met stormgeweld, nòg met vuur daarteen uittrek, maar volgens die ewige ordening van God slegs met alle liefde, sagmoedigheid en geduld. Maar julle moet die versigtigheid nie uit die oog verloor nie! Want Ek sien wel dat julle nou soos lammers onder die verskeurende wolwe kom; maar as julle verstandig is, dan sal julle tog baie tot stand bring!

[12] Pas daarom op vir die bepaalde wolfmense en laat hulle links lê; want dit is hulle wat julle oorlewer en voor hulle rade sal bring en ook sal gésel in hulle skole - en dit des te meer as julle dom en nie versigtig genoeg is nie! (Matthéüs. 10: 17) As `n lammetjie hom op die solder van die huis bevind waar die wolf nie kan kom nie, dan sal die wolf dit ondanks al sy bloeddorstigheid, nie kan seermaak nie. As die lammetjie egter eiewys is en van die veilige solder afgaan om die vyand van naderby te bekyk, dan is dit sy eie skuld as hy deur die wolf verskeur en opgeëet word.

[13] Later, as Ek weer na die hemele opgevaar het om ewige wonings vir julle gereed te maak in die huis van die Vader, sal mense julle ter wille van My Naam wel voor vorste en konings sleep om te getuig oor hulle en oor die heidene (Matthéüs. 10: 18), sodat daardeur ook vervul sal word wat JeshaJaH, My profeet, vir alle tye en vir My Ryk op aarde wat nou opgerig moet word, aan die domme konings voorspel het, toe hy sê (JeshaJaH 32: 6-20):

[14] ‘`n Dwaas praat oor dwaasheid en sy hart gaan met die ongeluk om, omdat hy huigelary veroorsaak en predik om van die Heer af te dwaal, sodat die hongerige siele nog meer uitgehonger word en die dorstiges niks te drinke kry nie. Die regering van die gierige het slegs maar nadeel; want hy vind genoeg vals streke om met vals woorde die ongelukkige te verderwe as hy op moet kom vir die reg van die arme. Maar egte vorste sal ook vorstelike gedagtes hê en daarmee die reg handhaaf.

[15] Verhef u egter, trotse vrouens en luister na my stem! Julle dogters wat so seker van julleself is, spits julle ore vir wat ek sê! In een jaar en `n dag sal julle, wat so seker van julleself is, sidder; want as daar geen wynoes is nie, dan word daar ook geen wyn geskink nie. Skrik, julle trotse vrouens! Want dit is hoog tyd om julle swakheid raak te sien en die lendene te omgord!

[16] Manne sal treur oor die akkers, ja, oor die lieflike akkers en oor die vrugbare wynstokke; want op die akker van my volk sal dorings en doringheinings groei ook oor al die bordele van die vrolike stad. Die paleise sal verlate wees en die menigte in die stad eensaam, sodat die torings en vestings ewige hole word tot vreugde van die wild, tot weiveld vir die kuddes. En dit solank - totdat die gees van omhoog oor ons uitgegiet word.

[17] Dan sal die woestyn `n akker word en die akker sal mens as `n deel van die woud sien. En die reg sal in die woestyn woon en die Geregtigheid sal op die akker vertoef. En die vrug van Geregtigheid sal vrede wees en die nut van die Geregtigheid sal ewige stilte en sekerheid wees.

[18] Dan sal my volk in huise van vrede woon, dus in veilige wonings en in trotse rus. Maar langs die bos sal tog hael val en die stad op aarde sal beklem wees.

[19] Nou, dit sal met julle dus goed gaan as julle vlytig saai langs die waters; laat rustig die pote van esels en osse daaroor gaan!’

[20] As julle dus deur die slegte dwase van hierdie wêreld na die deur JeshaJaH beskrewe narrekonings gebring en aan hulle oorgelewer word, moet dan nie besorg wees oor wat julle moet sê nie, en hoe julle julleself moet verantwoord nie; want in daardie uur sal dit julle ingegee word wat julle moet sê en hoe julle julleself moet verantwoord! (Matthéüs. 10:19) Want dit sal nie julle wees wat daar praat nie; maar My Gees, wat die Gees van die Vader is wat deur julle spreek! (Matthéüs. 10:20)

[21] Dit het egter slegs betrekking op die hiervóór aangeduide tweede uitsending wat julle na My hemelvaart moet uitvoer; nou sal julle dit nie so swaar hê nie.

[22] Want wat die profeet aan die einde sê, dit sê Ek nou ook vir julle: dit gaan goed met die wat gaan saai aan die oewers van die meer; want op hierdie grond mag julle julle esels en osse, dit wil sê julle vlyt om die goeie en regte te doen waarvoor Ek julle geroep en uitgekies het, veilig laat loop! Julle sal daar geen narrekoning teëkom nie en ook geen trotse en hoogmoedige vrouens nie, maar wel liggaamlike en nog meer geestelike armes, siekes, besetenes, lammes, dowes en blindes; gaan daarheen en predik aan hulle die evangelie van die Ryk van God en genees elkeen wat glo en verswyg hom nie My Naam nie!”


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205