|
Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 1 JACOB LORBER - AFRIKAANS
Hoofstuk 199
|
Spring: |
1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244. |
|
|
Die gelykenis van die groot pêrel en van die net
199 (Die Heer:) “Die hemelryk is ook te vergelyk met `n koopman wat in al die lande na mooi pêrels soek. (Matthéüs. 13:45) En hy vind `n groot pêrel van onskatbare waarde, vra na die prys en toe die mens dit aan hom genoem het, gaan hy ook dadelik na sy woonplek, verkoop alles wat hy het en gaan toe terug en koop die groot pêrel (Matthéüs. 13:46), wat eweneens duisend maal meer werd was as wat hy daarvoor betaal het. - Begryp julle wat dit uitbeeld?”
[2] Die leerlinge antwoord: “Ja, Heer, ook dit begryp ons; want ons almal is die koopman, omdat ons alles vir U verlaat het; en U is vir ons die groot onskatbare pêrel!”
[3] Ek sê: “Ook die gelykenis het julle volkome begryp, want dit is ook weer `n duidelike beeld van die hemelryk! - Maar luister na nog `n gelykenis.
[4] Nou weer is die hemelryk soos `n net wat in see gewerp word en waarmee `n mens allerlei soorte vis in vang. (Matthéüs. 13:47) Wanneer die net vol is, trek die vissers dit na die oewer; die vissers gaan dan daarby sit, soek die goeie visse daaruit en gooi dit in `n bak, maar die siek en bedorwe visse gooi hulle weg! (Matthéüs. 13:48)
[5] So sal dit ook aan die einde van die wêreld gaan: die engele sal daarop uittrek en die slegte mense skei van die goeie (Matthéüs. 13:49) en hulle sal hulle in die vuuroond van hulle eie bose hart werp, en daar sal `n groot gehuil en geklapper van tande wees (Matthéüs. 13:50), wat `n ware duisternis vir die slegte siel is wat daarna met haar verbrande wêreldse verstand sal soek na dinge om haar slegte liefde te bevredig, maar nooit iets sal vind nie!” - En Ek laat die leerlinge oor die beeld nadink en sê na `n rukkie: “Het julle ook hierdie beeld heeltemal begryp?”
[6] Hulle antwoord: “Ja, Heer, ook die beeld het ons heeltemal begryp (Matthéüs. 13:51); dit lyk na diegene waarvan U op die oewer by Jesaïra gepraat het: wie het die sal voor gegee word, sodat hy in oorvloed het; maar wie nie het nie, van hom word ook nog geneem dit wat hy het!”
[7] En Agab voeg nog daaraan toe: “Vir my is die bedorwe en siek visse vernaamlik die fariseërs en al die passiewe skrifgeleerdes, wat steeds maar hulle ou speletjie te koop aanbied en die hele natuur en haar vrugbaarheid loof, maar alles verag en vervolg wat die hede bied, ook al is dit nog so heerlik. Dit is tog sekerlik ook bedorwe en siek visse? Hoe moet jy dit anders noem as jy met jou verstand fariseër en skrifgeleerde is en daarom dink dat jy iets beter is as ander mense, en dan daarvoor nog offers en belasting eis van die merendeels beter broers en susters, en daarby nog `n leë en klipharde, gevoellose hart het?
[8] Daarom glo ek, dat in die toekoms die geleerdes wat U hemelryk met die hart bestudeer het, die ou verdorwe, onbetroubare en siek papiere en boeke van die fariseërs heeltemal sal moet wegwerp en vir U leer `n hele nuwe basis moet lê; want U leer is wys en regverdig en daardeur die teenoorgestelde van die van die fariseërs!
[9] Ek weet wel dat Moses en al die ander profete uit U Gees geprofeteer het; maar hoe is dit nie nou vervorm nie! En nou is U Self hier om aan ons U heilige wil te openbaar, waarom dien die onbetroubares en siekes dan nog vir Moses, net soos al die profete?
[10] Wie in sy hart volgens U leer deur die daad gevorm is vir die hemelryk, het geen Moses en geen profete meer nodig nie!”
[11] Ek sê: “Wat jy daar sê is waar en jy het gelyk op `n kleinigheid na, en wel, dat `n egte skrifgeleerde, dit wil sê wat `n kennis het van die hemelryk, vergelyk word met `n wyse huisvader wat die oue en die nuwe uit sy huislike besittings en voorrade aan sy naaste bekendstel (Matthéüs. 13:52) en aanbied om van te geniet. Of moet mens as die nuwe wyn in sakke gesit is, daarom die ou wyn weggooi, of moet mens die ou koring weggooi as die nuwe in die skure gebring word? Daarom moet `n egte skrifgeleerde vir die hemelryk sowel die ou skrif as die nuwe woord van My ken en daarvolgens handel!”
[12] Agab sê: “Maar tog net maar Moses en die profete sonder die sekerlik gedeeltelike, onderduimse, vervormde, staatswette, die inhoudlose, godsdiensbepalings wat nou nêrens meer goed is nie omdat ons ons van staatsweë tog almal moet onderwerp aan die Romeinse wette?”
[13] Ek sê: “Dit is vanselfsprekend. Wat jy uit die ou wette moet weglaat ter wille van die egte naasteliefde, dit vind jy al opgeskrywe; my twee vriende uit Sigar is hier, hulle kan getuig van My uitgebreide bergrede waarin al hierdie sake in voorkom.” Daarmee is Agab heeltemal tevrede gestel.
|
|
|
|
|