Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 1
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 148

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244.

Die vervloeking van Gorasin, Betsaïda en Kapernaum

148 Na hierdie dreigende woorde kom my leerlinge by My staan en sê: “Heer! Hoe kan U dit aanhoor? U het tog genoeg mag om sulke gespuis te vernietig? Verskeie male word die bewoners van Sigar verdryf omdat hulle hulle teen U wil verset, en tog het U in Sigar nie soveel gedoen as in Kapernaum nie!

[2] Ek sê: “Daarvoor het Ek sekerlik meer as genoeg mag. Maar dit is vir die Heer van die lewe nie nodig om hier reg te spreek nie; want na hierdie lewe kom nog `n lewe wat nooit eindig nie; of dit nou goed is of sleg - dit duur ewe lank. En vir die ewige tyd gee Ek nou vooraf `n regverdige oordeel en vervloek al die stede waarin Ek soveel goeds gedoen het en waarvan Ek nou `n loon ontvang soos wat julle dit sopas gehoor het!

[3] En hulle het nie beter geword nie (Matthéüs. 10:20) ondanks al My prediking, en al My dade laat hulle hart onaangeraak. Daarom, wee Gorasin, wee Betsaïda! As in Tirus en Sidon sulke dade gebeur het soos by julle, dan sou hulle in hulle tyd in sak en as boete gedoen het! (Matthéüs. 11:21)

[4] Maar Ek sê vir julle: op die laaste dag van die gerig in die ander wêreld sal dit met Tirus en Sidon draagliker gaan as met julle! (Matthéüs. 11:22)

[5] En jy, trotse Kapernaum, wat verhewe is tot in die hemele, sal omlaag gestoot word tot in die hel! Want as in Sodom sulke wonders gebeur het as wat by jou gebeur het, dan sou daardie stad op die huidige dag nog gestaan het! (Matthéüs. 11:23)

[6] Maar nogmaals sê Ek vir julle: in die ander wêreld op die laaste dag van die oordeel sal die land van die Sodomiete dit draagliker hê as jy (Matthéüs. 11:24), jou trotse, harde en mateloos ondankbare stad! Het Ek daarom duisende van jou siekes genees en jou dode opgewek sodat jy My nou vervloek?! Duisendmaal wee vir jou op die dag van die oordeel in die hiernamaals! Daar sal julle ondervind wie die Een was wat julle vervloek het!”

[7] Na My strafrede kry baie `n visioen en sien hoe dit op die jongste dag sal gaan met diesulke stede wat nou deur My vervloek is, en hulle sien My gestalte in die wolke en sien uit My mond `n vloek uitgaan en dit tref die vervloekte stede!

[8] Toe die visioen weer verdwyn by die merendeels onmondige, dit wil sê eenvoudige, My liefhebbende manne en vroue wat My omring, val hulle voor My neer en loof en prys My.

[9] Maar Ek hef My hande op oor hulle, seën hulle en sê: “Ook Ek as mens prys U nou, Vader en Heer van die hemele en die aarde, dat U dit vir hierdie wyses en verstandiges van hierdie wêreld verberg het en dit geopenbaar het aan die onmondiges! (Matthéüs. 11:25)] heilige Vader, so is dit goed vir U en vir My! (Matthéüs. 11:26) Want wat U doen, dit doen ook Ek; want Ons is immers van ewigheid af één gewees. Ek was nooit `n ander een as U nie, heilige Vader, en wat van U is, is ook sedert die hele ewigheid van My!”

[10] Deur hierdie laaste woorde word almal bevange deur `n groot vrees. Want onder die leerlinge wat My voortdurend volg, was daar nou al baie wat nie meer getwyfel het aan My goddelikheid nie; en juis húlle word die meeste deur vrees bevang.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205