Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 1
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 153

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244.

Drie maangeeste praat oor die maanwêreld

153 Kisjonah het ook iets van sterrekunde af geweet en begin aan die hand van die beweging van die sterre te bereken of middernag al verby is al dan nie, want in die tyd had die mens nog lank nie sulke horlosies soos nou nie en die mens het hulleself daarom met, `n natuurlik baie onbetroubare berekening, aan die hand van die sterre gehelp.

[2] Na `n rukkie sê Kisjonah: “Volgens my berekening is middernag nou al verby.”

[3] Ek antwoord: “Vriend! Jou berekening klop nie, want dit duur nog `n uur tot die middel van die nag. Reken daarom liewer nie, want die loop van die sterre is anders as wat jy dink! Jou berekening is op sigself al verkeerd en daardeur is dit bykans onmoontlik om met die stand en die beweging van die sterre die middel van die nag te bepaal. Mense wat dit sal kan doen, sal nog gebore moet word; maar nou is dit nog gladnie so gevorderd nie.”

[4] Tog kom gedurende die verloop van verskillende gesprekke die middel van die nag naderby en presies volgens die wette van die natuur kom die maan voor die helfte verlig op. Toe vra die dogters van Kisjonah My alweer vinnig wat die maan tog was en hoe sy steeds haar lig so kan verander.

[5] Maar Ek sê aan hulle: “My liewe dogtertjies! Daar staan drie maangeeste net agter julle; vra dit vir hulle! Hulle sal julle presies vertel wat die maan is en op watter manier sy reëlmatig haar lig wissel en dit af en toe heeltemal verloor!”

[6] Die oudste stel toe dadelik vrae aan die drie geeste oor die maan en hulle antwoord: “Bekoorlike! Oor die aarde waarop jy woon sou ons aan jou presies dieselfde vraag kon stel. Jy weet nie waarom dit nou donker is op aarde nie en tog stel jy daar geen vraag oor nie; waarom wil jy dit dan oor die maan weet, wat tog soveel verder van jou af is as die aarde wat jou dra?

[7] Kyk, net soos jou aarde, is ook ons maan `n wêreld. Jou aarde is rond soos `n bol; ons maan is dit ook. Jou aarde word steeds maar vir die helfte deur die groot son beskyn en ons maan ook. By jou duur die nag gemiddeld ongeveer dertien van julle kort ure en jou aardse dag is ook ongeveer ewe lank; op die maan egter duur sowel die nag as die dag ongeveer veertien aardse dag- en nagtye, en daardeur sien jy ook vanaf jou aarde die voortdurende wisseling van die lig op die maan, - en dit is een groot verskil tussen die maan en jou soveel groter aarde.

[8] Daar is egter nog `n baie groter verskil tussen jou aarde en die maan en dit is dat die maan slegs aan één kant, wat jy egter nie kan sien nie, bewoon word deur wesens van my soort, terwyl die aarde aan alle kante bewoon word of vir die grootste deel bewoonbaar is.

[9] O, op die maan leef mens met so gelukkig soos op jou aarde! O, daar heers baie koue en baie onverdraaglike hitte, baie honger en dikwels brandende dors! Verlang daarom glad nie na die kleine, maar buitengewoon harde wêreld, waarop die velde geen gerwe en geen koring en heeltemal geen wyn groei nie!

[10] Maar slegs op die kant wat jy vanaf jou aarde altyd kan sien, woon geen liggaamlike wesens nie, geen dier en ook geen mens nie, maar daar woon net ongelukkige geeste wat hulleself moeilik of ook wel heeltemal nie kon help nie. - En nou weet jy alles wat jy moet weet.

[11] Begeer egter nie om nog meer oor die maan te wete te kom nie, want die kennis sal jou ten slotte baie ongelukkig maak!

[12] Hou jy slegs maar aan die Liefde en laat alle Wysheid vaar, want dit is beter om aan die tafel van die Liefde te eet – as om op die maan die spaarsame dou van die klip van wyses te lek!”

[13] Na hierdie beskrywing verwyder die drie maangeeste hulleself en die dogter vra My heel vertroulik of dit daar op die maan wel so uitsien soos wat die drie maangeeste haar nou vertel het.

[14] En Ek sê: “Ja, liewe dogter, - dit is presies so en dikwels nog baie erger! -Maar laat ons nou die maan verbygaan, en ons kyk nou almal na die môre!

[15] Ek sal nou sommige engele uit die hemele roep en jy sal hulle daarvandaan sien kom; kyk nou dus na die kant!”


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205