Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 1
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 187

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244.

Agab deur die Heer onderrig. Vergelyking tussen die tempel in Jerusalem en die een in Delphi

187 Maar Agab, die jong fariseër, verwyder homself nou van die oudstes en was baie verheug dat Ek hulle so die waarheid vertel het. En hy vra My stilletjies of hy ook so `n erge besetene was.

[2] Ek kyk hom vriendelik aan en sê: “As jy dit was, dan sou jy my dit nie gevra het nie. Vir die satan was jy tot op hede ook nog `n dorre plek; pas egter op, dat jy vir hom geen vrugbare veld word nie! Neem egter jou slegte kollegas in ag!”

[3] Agab sê: ”Majesteit en Heer! As U my nie verlaat nie, dan kan die mag van die hel my sekerlik nie beleër nie! Aan my ywer vir U sal dit nie ontbreek nie!”

[4] Ek sê: “Gaan dan heen! Jy sal sterk wees deur jou geloof en deur jou ywer vir My. Maar pas goed daarvoor op dat jou kollegas jou nie met die een of ander iets verstrik nie, want hulle duiwels het `n fyn neus en `n skerp gehoor ten einde hulle bose doeleindes te bereik!”

[5] Agab sê: “Heer, U ken my nou beslis beter as wat ek myself ken! My lis is subtiel en slu, maar die duiwel is, soos `n mens sê, blind en daarom sal hy elkeen nog wel eers aankyk wat te slim is. Vandag doen ek nog `n proef met hulle. Ek sal nou op `n harde toon onvriendelike woorde met U wissel, sodat hy geen idee het waaroor ek met U gespreek het nie, maar U mag nie kwaad word vir my daaroor nie!”

[6] Ek antwoord: “Doen wat jy wil, maar wees vir alles in alle dinge goed, verstandig en eerlik; want hoe goed `n leuen ook bedoel mag wees, dit help maar net tydelik en bring die mens kort daarna tot nadeel en skade!”

[7] “Ook goed”, sê Agab, ”dan sê ek voorlopig heeltemal niks!”

[8] Ek sê: “Dit sal beter wees. Want om op die regte oomblik te swyg, is beter as om doeltreffend te lieg!”

[9] Na die les gaan Agab deur die volksmenigte weer terug na sy kollegas, waarvan daar één tog gemerk het dat hy met My gepraat het. Die begin hom dan ook dadelik skerp te ondervra. Maar Agab slaag heeltemal goed daarin en die strenge ondervraer moes hom ten slotte selfs nog prys.

[10] Maar Ek wend My gesig van die fariseërs af en begin met die volk te praat. Ek maak dit vir hulle duidelik dat dit teenoor God nie redelik sou wees om die Judese geloof te verlaat nie, omdat die Verlossing van al die mense slegs van die Judeërs af sal kom en dat hulle eerder, soos wat hulle dit al in hulle hart gedoen het, weer terugkeer na die Judeërs, omdat dit andersins nie moontlik sou wees om die kindskap van God te verkry nie.

[11] Daarop vra `n Griek: “Moet ons dan ons knieë weer vir die opgeblase fariseërs buig en hulle ou onverteerbare suurdeeg vreet? Vriend, U is weliswaar `n groot Heer vol goddelike Krag en Mag en U is goed, wys en regverdig, maar nou verlang U iets baie onsinnig van ons. Tot Moses hoef ons onsself nie terug te keer nie - baie eenvoudig, omdat ons hom nog nooit daadwerklik verlaat het nie en die God van die Judeërs is ook in ons hart; die uiterlike naam Judeër of Griek sal tog hopelik geen afbreuk doen aan die Wysheid van God nie? Maar vir ons is dit tog `n goeie beskerming teen die onafgebroke vervolging en verpesting van die fariseërs! Waarom sou ons dan weer Judeërs en nie Grieke heet nie?

[12] Kyk, dit is nie verstandig wat u van ons verlang nie! Wat beteken dit as ons naas Moses ook die wyses van die Grieke met hulle digterlike godedom leer ken het, wie se wyse simboliese gedigte tog baie anders is as die dure tempelmis? Veral omdat ons tog geen waarde daaraan heg nie, omdat ons maar al te goed weet hoe die Griekse en die latere Romeinse gode ontstaan het, en dat slegs JaHWeH God is oor alles, wat alles geskape het en altyd alles onderhou en bestuur!”

[13] Ek sê vir hom: “Vriend, jy praat en het My nie begryp nie, terwyl diegene wat My begryp het, nie praat nie, hoewel hulle tog net sulke goeie Grieke is as jy. Dit sit sekerlik nie in die naam nie, maar in die geloof van die hart! Maar dit is ook waar en iets om mee rekening te hou, dat dit beter is om `n bedevaart na Jerusalem te maak en die feeste met passende en oplettende aandag by te woon, as om `n reis na Delphi te maak en goeie raad te vra van die onsinnige Pythia!

[14] Die geweldige misbruik van die tempel ken Ek beslis beter as julle en jy het van My gehoor hoe erg Ek daarteen is. Maar ondanks al die slegtigheid is die tempel tog baie beter as dié te Delphi, waar die priesters en priesteresse slegs baie goeie dialektici is wat op elke vraag weet om so `n antwoord te gee dat hulle altyd gelyk het!

[15] Toe jy `n vrou wou trou, maak jy eers die reis na Delphi en vra daar vir baie geld aan Pythia of jy gelukkig sou wees met die vrou wat jy wou neem. Vertel eers, wat kry jy toe as antwoord?”

[16] Die Griek sê: ”Wel, die volgende: “By die vrou vind u die geluk, nie wag u die ongeluk!”. En weet U, die orakel het my die waarheid voorspel, want ek is gelukkig met my vrou!”

[17] Ek sê: “Kyk, die orakel sou ook gelyk gehad het as jy ongelukkig was met jou nuwe vrou!”

[18] Die Griek sê: “Ek sien nie in hoe dit dan moontlik kan wees nie!” Ek sê: “Omdat jy geestelik blind is! Kyk die sin lui soos volg: ‘By die vrou vind u die geluk nie wag u die ongeluk.’ As jy die sin in twee deel na die ontkenning, dan het die orakel gelyk as jy ongelukkig sou wees; want dan sou die sin, sonder dat daar iets in die woordvolgorde verander het, so lui: ‘By jou vrou vind u die geluk nie, wag u die ongeluk!’

[19] Maar as jy My nie wil glo nie, vra dan eers aan jou buurman, wat een jaar daarna vir dieselfde geleentheid na Delphi gereis het, of die antwoord nie presies dieselfde was as joune nie! En hy is ongelukkig met sy vrou omdat sy `n groot slet is; maar die orakel het by hom dieselfde voorspel as by jou, en tog heg jy veel waarde daaraan! Oordeel nou self wat beter is, die tempel in Jerusalem of die orakel in Delphi!”

[20] Die Griek is verbaas na die uitleg en sê: “Heer, nou begryp ek dit! So iets kan slegs `n God weet en geen mens nie. U is Self God, of minstens `n deur God verwekte Seun en nie die seun van `n mens soos ons nie! Daarom sal ons weer na die tempel terugkeer, maar nie onder die tugroede van die fariseërs nie, maar heeltemal vry! Maar die fariseërs moet weg; want hulle het ons te veel bedrieg en ons van al ons besittings ontneem, in die geestelike sowel as in die materiële opsig! In naam bly ons dus Grieke, maar volgens die waarheid in ons hart volmaakte aanhangers van Moses en die profete. Ons sal ook jaarliks na Jerusalem gaan en die tempel besoek; en as die vir ons gesluit word, dan bly die vreemdelingsaal nog vir ons oop wat tog ook by die tempel hoort.”

[21] Ek antwoord: “Doen wat julle wil, maar gee julle harte nie oor aan valsheid, toorn, wraak en vervolgingslus nie. Wees daarby kuis en rein in julle gedagtes; wees vir God waaragtig bo alles lief en julle naaste soos julleself, seën die wat julle vervloek, doen diegene geen kwaad wat julle haat en vervolg nie, dan sal julle God welgevallig wees, rus hê en gloeiende kole stapel op die hoof van julle vyande!”


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205