|
Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 1 JACOB LORBER - AFRIKAANS
Hoofstuk 126
|
Spring: |
1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244. |
|
|
`n Wyn- en spysoffer. God se seën en Sy onveranderlikheid
126 Toe kom die kombuismeisie geheel-en-al uitasem van binne af en sê aan Matthéüs: “Heer, Heer, kom kyk eers! Daar kom nou net `n groot aantal jong manne en hulle bring allerlei voedsel in so `n hoeveelheid dat ons dit in `n jaar kwalik sal kan opgebruik! En alles sien daar so vars en goed uit! Ook die koringsolder is van bo tot onder toe gevul, en die sakke in die kelder is heeltemal vol met die beste wyn! Heer, Heer, wie besorg dit nou alles op die Judese sabbat?”
[2] Matthéüs en almal in die kamer weet nie hoe hulle dit na hierdie mededeling het nie en die leerlinge van Johannes, waarvan `n paar hulleself reeds tevore volledig oortuig het dat die voorraadkamers leeg was, vra dadelik vir Matthéüs of hy die lewensmiddele miskien êrens bestel het.
[3] Matthéüs sê: “Nie ek nie; want dan sou ek dit immers sekerlik wel geweet het; en ook nie my vrou nie, want sy laat my al voor die meisie sê dat ons ons klein voorraad so goed as moontlik moet oppas. Want behalwe `n tuin en `n paar bewerkte akkers, het ek geen grond vir die kweek van groot hoeveelhede vrugte nie, en daar sou ek ook weinig tyd voor hê, omdat ek ten eerste met die tol baie werk het en ten tweede hier in hierdie verblyfplek vir die versorging van my gaste moet regstaan. Daarom voorsien ek my blyplek gewoonlik van week tot week van voedsel en dié laat ek meestal teen betaling uit Kapernaum kom; julle sorg meestal vir die vis, wyn en graan koop ek van diegene wat tot nog toe my geloofsgenote was, naamlik die Grieke. Dit is kortliks die manier waarop ek tot nou toe my huis van die nodige voorsien het; maar van hierdie bestelling weet niemand in hierdie huis iets vanaf nie.
[4] Die enigste moontlikheid is nog dat `n onbekende goeie vriend dit vir my gedoen het, maar anders is en bly dit `n absolute wonder! Waar en wie hierdie vriend sou wees, weet ek natuurlik net so min as julle. Ek sal egter nou al my mense binneroep en hulle in julle teenwoordigheid vra of hulle miskien iemand van die draers herken het!”
[5] Die vrou en die diensmaagde en die knegte word nou geroep, maar op die gestelde vraag antwoord hulle almal eenstemmig dat hulle niemand ook maar in die verste verte herken het nie: “Die manne sien daar uit soos fyn geboude jongelinge; want daar was by niemand ook maar `n spoor van `n baard te sien nie, wel het hulle almal mooi golwende lang hare gehad en hulle kleding het meer Romeins as Judees gelyk. Daar was baie van hulle, sowel in die voorraadkamers as op die koringsolder en in die kelder. Hulle lê die gebragte goed vinnig neer en sê: 'Dit is `n gawe vir die tollenaar Matthéüs, wat vandag deur die groot Heer geroep is!’ Toe gaan hulle weer vinnig weg, en ons sien nie waar hulle uit die huis uit heengegaan het nie.”
[6] `n Fariseër sê toe: “Dit klink alles ongewoon vreemd maar moet tog waar wees. Daarvan wil ons egter eers die fynere besonderhede van weet!”
[7] Teenoor Matthéüs gaan dieselfde fariseër dan verder en sê: “Meneer, laat vir ons eers `n proetjie van die wyne bring, dan sal ons jou sê waar dit vandaan kom; want deur die smaak en die kleur sal ons weet waar dit rypgemaak is”!
[8] Die manne gaan direk die kelder in en vul al die drinkbekers. En toe die fariseërs en skrifgeleerdes die wyne proe, sê hulle vol verbasing: “Nee, so `n wyn het ons nog nooit geproe nie! Dit is onbeskryflik goed en lieflik! Ons het wel al die wyne wat ook maar êrens op die wêreld groei wat aan ons bekend is, gedrink en hulle was soms ook heel goed en fyn van smaak, maar hiermee vergeleke was dit kwalik lou water gewees! Dit is en bly dus `n raaisel!
[9] Maar noudat jy tog so `n groot voorraad van hierdie onoortreflike heerlike wyn het, sou jy ons dan nie vir geld en `n goeie woordjie `n paar sakke saam kan gee nie? Dit sou regtig die moeite werd wees om daar iets van na die hoëpriester in Jerusalem te stuur!”
[10] Maar Matthéüs sê: “Verniet het ek dit gekry, en ek gee dit ook verniet weer weg; maar daar gaan geen druppel na die hoëpriester in Jerusalem nie, behalwe wanneer hy toevallig as gas hierheen kom, dan sal hy net soos enige ander bedien word; maar dan wel net soos enige ander gewone mens, nooit as Judese hoëpriester nie, want hy is vir my die gruwel van al die verwoesting en `n moordenaar van die gees van die mense wat sy eie geloofsgenote is!”
[11] Daarop sê `n skrifgeleerde: “Vriend, jy beoordeel die hoëpriester in Jerusalem nou heeltemal verkeerd en jy weet maar niks van sy wese, en hoe hy sy amp uitoefen nie!”
[12] “Hou op daarmee”, sê Matthéüs, “van dit word ek oombliklik woedend van egte en ware woede! Julle is sy oë en daarom sien julle dit wat die naaste aan julle is, die slegste, naamlik julle eie neus, voorhoof en julle hele gesig; ons, wat teenoor julle staan, sien dit alles maar al te goed en presies! Maar nou niks meer daaroor nie, anders wen ek my op en ek wil julle as my gerespekteerde gaste nie beledig nie!”
[13] `n Meer gemoedelike fariseër sê: “Nou, nou, laat ons hierdie saak maar met rus en laat ons liewer eers met Heer Jesus praat, Hy sou ons miskien van hierdie voorval die beste verklaring kon gee, want hy staan hoog bo ons in al die wetenskap en wysheid!” Hy wend hom tot My en vra: “Wat dink u van hierdie geskiedenis? Want, haas op dieselfde oomblik dat u aan die leerlinge van Johannes sê dat God vir diegene sorg wat Hom waaragtig liefhet en werklik op Hom vertrou, en wat die afskuwelikheid en verwerplikheid van selfsug grondig en duidelik verfoei, gebeur dit, en daarom dink ek by myself dat u daaroor deur die een of ander in kennis gestel is, of dat u heimlik self die oorsaak is!”
[14] “Goed!”, sê Ek, “as julle dit van My dink, dink dan ook aan wat Ek aan die leerlinge van Johannes gesê het en erken dan in julle hart dat Ek die volle waarheid gepraat het!
[15] Wie van julle op dieselfde manier uit die grond van sy hart te werk gaan, die sal van God ook altyd dít ondervind wat ons vriend en broer Matthéüs nou ondervind het.
[16] Want glo My: God bly in Sy hart steeds dieselfde. Soos wat Hy was toe daar aan die koepel nog geen son, geen maan en geen sterre was wat lig gegee het nie, so is Hy nog en so sal Hy ewig bly!
[17] Wie Hom op die goeie weg soek, die sal Hom ook vind en word in al die ewigheid der ewighede geseën.”
[18] Hierdie woorde tref almal diep in die hart en die leerlinge van Johannes begin diep na te dink en sê: “Hy moet tog wel `n veel groter profeet wees as wat ons Johannes was! Want ons was tien volle jare in sy geselskap, maar so iets het ons by hom nie meegemaak nie! -Die fariseër het gelyk as hy sê dat hierdie Nasarener daar meer vanaf weet. -Jy sou egter byna wou beweer dat dit alles van en deur hom op `n onbekende wyse aan ons geskied het, en in geheel `n duidelike sigbare bewys vir die blindheid wat nou aan die lig gekom het van ons en ons groot meester Johannes!”
|
|
|
|
|