Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 1
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 151

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244.

Die mense klim op die berg van Kisjonah; die berg beef en die fariseërs draai om

151 Maar die leiers in Kapernaum benoem ander en stuur hulle agter My aan. En ook hulle moes dikwels veg teen die storm, want dit was die sogenaamde hondedae en die herfs was digby, en in hierdie tyd storm dit baie in Galilea en nog meer op die meer as op die land. En eers op die vyfde dag kom hulle in die plek aan waar Ek nog vertoef het en hulle verlang `n gesprek met My. Ek laat hulle egter nie binnekom nie, want Ek het geweet wat hulle wou hê, maar Ek laat hulle weet dit Ek nog langer hier sou bly en van hier af die nabygeleë plekkies sou besoek, en dat hulle hulleself kalm moes hou, want anders sou dit hulle heel sleg bekom!

[2] Dit was net na die sabbat, wat nou Sondag is, en `n besondere helder en mooi dag daarby; en Kisjonah kom na My toe en stel dit aan My en alle aanwesiges voor om die nabye hoë berg te klim.

[3] Dit was `n berg wat nog geen naam gehad het nie. Want die aardrykskunde het toe nog in die kinderskoene gestaan en daarom het die meeste berge, dale, vlaktes, mere, spruite en die kleiner riviere geen algemene geldige eiename gehad nie, maar slegs name waarmee hulle deur die mense wat in die omgewing gewoon het, aangedui is. Die lastigste was die name van die berge.

[4] Berge wat nie soos Tabor, Libanon, Ararat en Sinai alleen gestaan het nie, maar wat tot `n groot en uitgestrekte bergketting behoort het, het gewoonlik geen eienaam gehad nie, behalwe sommiges wat `n plaaslike en tydelike naam gehad het. Dit was dikwels die naam van die een of ander ryk bergbesitter wat sy kuddes daar laat wei het; as daar `n ander besitter gekom het, dan kry die berg ook `n ander naam. So was dan ook hierdie berg, omdat dit die eiendom van die tollenaar was en eintlik nog aan Griekeland* behoort het, na die eienaar vernoem. *

[Dit wil sê in bestuursopsig as `n Romeinse provinsie. ]

[5] Daarom was die plekkie ook, omdat dit op die grens tussen Galilea en Griekeland gelê het, `n belangrike tolhek, want daaruit loop `n taamlik begaanbare bergpad, wat vanuit Galilea oor die gebergte na Griekeland lei en daaroor trek baie duisende handelaars op kamele, bergperdjies en esels om hulle veelsoortige ware te vervoer.

[6] Toe die fariseërs, wat pas aangekom het, hoor dat ons die hoë berg wou klim, vra hulle aan Kisjonah of hulle met die geselskap mag saamgaan. Kisjonah sê: “As u geen kwade bedoelinge het nie, bied die berg, wat vanaf hier na Griekeland ongeveer twintig uur lank en ongeveer vyf uur breed geheel en al in my besit is, voldoende ruimte om ook vir u op te neem. Maar Ek kan u beslis nie gebruik as u kwaadwillige spioene van die priesters in Kapernaum en Jerusalem is nie, want Ek is `n Griek en nou `n baie toegewyde aanhanger van die heilige en volgens my oortuiging enigste ware leer van ons goddelike Heer van alle meesters, en dan sou Ek my met alle middele teen u geselskap moet verweer! Raadpleeg u hart! Is dit suiwer, dan het u vrye toegang; is dit onsuiwer, dan kan u eerder dadelik weer daarheen gaan waar u vandaan gekom het!”

[7] Die fariseërs sê: ”Ons is skoon en het geen arglistigheid in ons harte nie. Ons volg Moses en ons is Judeërs, soos ook Jesus `n Judeër is en die wet van Moses nooit tot niet kan maak nie. `n Mens word egter van alle kante baie vertel oor Sy dade en lesse, en ons moet daarom beslis weet of Sy dade en lesse Moses se wet ophef al dan nie. As hulle Moses en die profete bevestig, dan neem ons hulle ook aan; doen hulle die teendeel, dan is dit wel duidelik dat ons daarteen moet wees!”

[8] Die tollenaar sê: “Soos u nou praat, het u voorvaders ook almal teen die profete gespreek en hulle het hulle later as godloënaars gestenig, en Ek weet maar van min wat nie gestenig was nie. En tog haal u by elke geleentheid die profete aan en roem met hulle! Maar u voorvaders was presies dit wat u is, en u is geen haar beter as u voorvaders wat die profete gestenig het nie. Daarom vertrou Ek u ook nie ten opsigte van hierdie heilige Profeet van alle profete nie.

[9] U noem uself wel volgelinge van Moses; maar met u doen en late staan u verder van Moses af as wat hierdie aarde van die hemele verwyder is! Ondersoek uself dus of u waardig is om my berg saam met ons te klim!”

[10] Ek sê aan Kisjonah: “Laat hulle saamkom! As dit teveel vir hulle word sal hulle wel teruggaan, want geeneen van hulle het nog ooit `n berg geklim nie! Miskien reinig die suiwer lug van hierdie hoë berg hulle harte `n bietjie.”

[11] Kisjonah vind dit goed en voorsien alles wat ons nodig gaan hê op pad boontoe.

[12] Die vyf dogters ontbreek nie en spring soos kuikentjies om My heen, stel My vrae oor verskillende dinge van die oerskepping en oor die ontstaan van sulke berge, en Ek lê hulle alles uit in die mate waarin hulle dit kon begryp. Ook die baie leerlinge en baie mense wat ons begelei, luister soveel hulle kan na wat Ek praat en dit verskaf hulle besondere baie genoeë.

[13] Nathaniël, wie die meeste deurdrenk was van My goddelikheid, praat so nou en dan met die berg en sê: “O berg! Voel jy wie Hy is wat nou Sy voete op jou plaas?” En elke keer as Nathaniël so `n belangrike vraag stel aan die berg, tril die berg so dat almal dit waarneem.

[14] Die fariseërs word daardeur baie bang en begin om die volk te oorreed om hulleself nie verder na bo te waag nie. Dit kon `n van oudsher heilige berg wees, wat `n onwaardige nie mag betree nie of die berg kon begin bewe en te kere gaan en vanweë die een onwaardige alles vernietig!

[15] Die volk sê egter: “Gaan julle dan maar alleen terug, want deur ons sal die berg nooit begin bewe nie, en ons het hom al dikwels geklim.

[16] Toe begin die fariseërs met die volk te murmureer. En die berg beef weer tydens die murmurering van die fariseërs en hulle keer daarop vinnig om en loop so vinnig as wat hulle kon die berg af terug na die vlakte toe, en op hierdie manier was ons één keer verlos van ons hinderlike begeleiers.

[17] Ons sit toe ons reis heel rustig voort en bereik so teen die aand die groot bergboerderye van Kisjonah, waar ons ook die nag deurbring. Vanweë die vermoeidheid van die vrouens, begin ons weer op die tweede dag na die hoogste top van hierdie berg te klim, waarvandaan mens `n buitengewone mooi en ver uitsig oor die hele Judea, Samaria, Galilea en `n groot deel van Griekeland* gehad het. (*Hier sal die provinsie Fenisië bedoel word.)


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205