Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 1
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 140

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244.

Die oneindige skepping en die bestemming van die kinders van God daarin

140 Simon van Kana vra: “Heer, kan U ons dan nie vertel waar die hemele waarin die engele woon nou eintlik is, en hoe groot dit is nie; en hoe groot die wêreld van die sintuie waaroor U praat, dan wel mag wees?”

[2] Ek sê: “Vriend, jy is blind as jy dit nie sien en verstaan nie. As Ek sê dat die hemele oneindig groot is, hoe kan jy dan nog na die omvang daarvan vra? Die hemelryk is geestelik oral ewe oneindig uitgestrek soos die eindelose wêreldruim, waarvan jy met jou oog slegs `n onnoembaar kleine deeltjie kan sien.

[3] Hierdie aarde, die groot son, die maan en al die sterre wat daar waar hulle hulleself bevind, enorme groot hemelliggame is, sommige baie duisendmaal duisendmiljoenmaal groter as hierdie aarde - is, vergeleke met die eindelose groot skepping van die sintuiglik waarneembare wêreld, alles bymekaar verreweg nie so groot en uitgebrei as die kleinste doudruppeltjie vergeleke met die hele groot wêreldsee nie, wat tog so groot is dat `n goeie skipper die hele oppervlak daarvan nie sou kon bevaar nie al word hy dubbel so oud as Metusalem. Maar die huidige, sintuiglik waarneembare wêreld, sover dit nou geskape is, het tog `n grens waaragter nog `n eindelose, ewige ruimte hom bevind, wat met haar na al die kante onbegryplik eindelose afmetinge dit tot die vroeër genoemde skepping van die hele sintuiglik waarneembare wêreld in verhouding is soos die ewigheid teen één oomblik van die tyd.

[4] Die geesteswêreld op sigself is net so oneindig soos die ewige, nimmereindigende ruimte!

[5] Hoewel die ruimte in der ewigheid nêrens eindig nie en daarom in die ware sin van die woord na alle kante oneindig is, is daar tog in die eindelose dieptes en vertes van die ruimte geen puntjie waar die Gees van die Wysheid en Mag van God nie net so aanwesig is as nou hier by julle op hierdie plek nie. Die ware kinders van God, wat deur die ware liefde tot God, die ewige heilige Vader, en ook in suiwere liefde tot die naaste blyk te lewe, sal in die hiernamaals in die groot Vaderhuis die mag en krag kry om die ewige ruimte wat nooit volgemaak kan word nie, steeds met meer nuwe skeppings te vul.

[6] Maar julle ontwikkeling is nog lank nie ver genoeg om te kan verstaan wat Ek julle nou vertel het nie. Maar dit sê Ek julle nogtans: geen sterflike oog kan sien, geen oor hoor en geen aardse verstand kan ooit begryp wat diegene wat dit werd word om kinders van God te heet, in die hiernamaals in die hemelryk te wagte is nie.

[7] Want voor die oë van die ware kinders van God sal die aarde en ander planete, sonne en mane swewe soos skitterende stof.

[8] Wees daarom nie net hoorders nie, maar veeleer uitvoerders van My woord! Luister daarom nie net na My woord nie, maar handel ook daarvolgens.

[9] Slegs deur die daad sal julle kan onderskei of die woorde wat Ek tot julle gespreek het en nog spreek, uit die mond van `n mens of uit die mond van God tot julle gekom het! (Johannes. 7:17)

[10] Maar net soos julle self vóór alles my woord algeheel sal moet toepas, as julle ten minste in jul harte regtig wil ervaar wie Hy is wat julle hierdie leer en hierdie gebod van die Liefde gegee het, moet julle ook almal aan wie julle My woord sal verkondig, aanspoor om daarvolgens te handel; want solank die woord slegs maar in die brein bly hang, het dit niks meer waarde nie as die leë gebalk van `n esel wat ander ook kan hoor.

[11] Slegs as die woord tot die hart deurdring, word dit lewend, word dit meester van die wil, wat die swaartepunt van die liefde is, en spoor daaruit die hele mens aan tot die daad.

[12] Deur so te handel, verander die ou mens in `n nuwe mens en My woord word dan werklik nuwe vlees en bloed.

[13] En hierdie nuwe mens in julle sal julle gou duidelik vertel dat My woorde werklik God se woorde is, wat nou en in alle tye der tye dieselfde Mag, Krag en uitwerking het as ewighede gelede; want alles wat julle sien, voel, ruik, proe en hoor, is in die grond van die saak niks anders as die Woord van God nie.

[14] Hy, wat ewighede gelede die wêrelde, sonne en mane uit Homself gebied het om te wees en hulle in hulle uitgestrekte bane geplaas het, die plaas julle nou ook in nuwe bane van die Ewige Lewe!

[15] Ek sê bowendien vir julle dat wie julle opneem, ook vir My opneem; wie My egter opneem, die neem ook Hom op wat My na julle gestuur het (Matthéüs. 10:40), - en dit moet julle goed verstaan!”


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205