|
Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 1 JACOB LORBER - AFRIKAANS
Hoofstuk 188
|
Spring: |
1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244. |
|
|
“Wie is My moeder en wie is My broers?” Baram stuur die fariseërs met geweld weg
188 Terwyl Ek My nog besig hou met die volk, kom moeder Maria daar aan met My broers; want in die huis van Kisjonah het sy gehoor dat Ek na Jesaïra gevaar het en My waarskynlik daar bevind. Dit was vir haar `n voetreis van `n halwe dag en omdat sy die môre baie vroeg van die huis af weggegaan het, was sy die Maandagmiddag in Jesaïra.
[2] Enersyds wou sy met My praat oor `n huislike aangeleentheid, andersyds ook oor `n geestelike, omdat sy soveel uit Kapernaum van My gehoor het waaroor sy veral met My oor wou praat. (Matthéüs. 12:46) Maar deur die gedrang kon sy nie die huis inkom nie, sodat sy gedwonge was om buite te wag tot Ek na buitentoe sou kom.
[3] Maar omdat sy al `n hele tyd tevergeefs gestaan en wag het, vra sy aan een van die huisgenote van Baram of hy nie vir My wou sê dat sy al `n geruime tyd buite staan en wag nie en dat sy dringend met My moes praat nie. Die boodskapper baan vir homself `n weg deur die volk, kom in My nabyheid en sê: “Heer! U moeder en U broers staan buite en sou graag met U wou praat.” (Matthéüs. 12:47)
[4] Toe sê Ek op `n ernstige toon aan die boodskapper: “Wat sê jy? Wie is My moeder en wie is My broers?” (Matthéüs. 12:48) Toe tree die boodskapper wat geskrik het `n tree terug.
[5] Maar Ek hef My regterhand op bo My leerlinge en sê: “Kyk, dit is My moeder en My broers! (Matthéüs. 12: 49) Want wie die wil doen van My Vader wat in die hemele is, dit is werklik My broer, My suster en My moeder. (Matthéüs. 12: 50) Gaan egter na buite en sê vir die wagtendes dat Ek sal kom.”
[6] Daar is toe die wat die gesegde van My hard vind en My verwyt en vra of Ek nie weet hoe die gebod van Moses gaan oor die eer van ouers nie.
[7] Ek gaan egter nie in op die vraag nie en sê: “Ek weet wie Ek is en My leerlinge en My aardse moeder weet dit ook, en daarom mag Ek die Waarheid praat; wees julle dus besorg oor julleself, - niemand hoef homself besorg of bedruk te maak oor My nie; want Ek weet die beste wat Ek moet doen.” Toe swyg almal en niemand durf iets terug te sê, nie daarvoor nie en nie daarteen nie.
[8] Na `n tyd van stilte kom die meester van die huis, Baram, na My toe en sê: “Majesteit en Heer! Dit is middag en die maaltyd staan gereed vir U, U leerlinge asook vir U aardse verwante wat daarbuite op U wag. Sou U my arme sondaar die eer en die barmhartigheid bewys om die goed voorbereide maaltyd te neem?”
[9] Ek sê: “Weliswaar verwag Ek van jou nog meer as `n maaltyd; maar omdat jy My op so `n passende manier uitgenooi het, sal Ek jou graag die eer en die barmhartigheid aan tafel bewys. Maar Ek sê daarby dat Ek geen fariseër in die kamer wil hê waar Ek eet nie, behalwe die jong Agab wat Ek by My leerlinge sal opneem. Want hy sal homself by sy kollegas, wat swaar op hom gaan wees en hom gaan verdink omdat hy heimlik saggies met My gepraat het, nie meer kan handhaaf nie. Sê nou egter aan die volk dat Ek hier in die huis niks meer sal sê of doen nie, sodat hulle na buite kan gaan en vir ons plekmaak; want in die gedrang sal dit moeilik wees om op natuurlike wyse buite te kom.”
[10] Na hierdie woorde van My wend Baram homself tot die volk en sê: “Beste bure! Die goddelike Heer is nou uitgepraat en sal hier in die huis geen toespraak meer hou nie en sekerlik niks meer doen nie, gaan julle dus nou rustig na buite, behalwe Agab; want die Heer wil met hom praat.” Na hierdie woorde gaan die volk na buite, behalwe die fariseërs.
[11] Sodra die volk buite was, stap die ou fariseërs vol woede in hulle hart op My af en vra My baie brutaal wat se planne Ek met Agab het en of Ek hom ook wil gereedmaak vir die hel? Toe Baram die vraag hoor, word hy egter boos en sê aan hulle: “Ek het elke jaar my belasting tot op die laaste sent betaal en is daardeur wetlik die baas van hierdie geboude huis van my en daarom duld ek dit van niemand nie dat iemand wat ek in my eie huis as gas eer en versorg deur vreemdelinge soos julle onaangenaam behandel word! Ek gebied julle daarom in alle erns om my huis oombliklik te verlaat en julleself buite die omheining van my grondgebied te begewe, omdat ek andersins nie kan wag om gebruik te maak van my duur betaalde regte as eienaar nie!”
[12] Maar die fariseërs sê: “Het jy dan ook al `n Griek geword, dat jy jou teenoor ons met eienaarsregte wil aanmatig? Weet jy nie dat die Judeërs teenoor `n fariseër geen eiendomsregte het nie! Is elke fariseër nie in elke Judese huis wat hy betree, volledig die baas nie, en word die eintlike huismeester nie eers uit barmhartigheid weer die meester as die fariseër die huis verlaat het nie? En weet jy as Judeër ook nie dat jy slegs pagter is nie en dat jy nie die baas is nóg van jou huis, nóg van jou grond, en dat ons jou grond en huis van jou kan afneem as ons wil en dit vyftig jaar lank aan `n ander kan verpand nie?”
[13] Baram antwoord: “As Judeër het ek dit tot my groot ergernis uitgevind; daarom is ek nou ook `n Griek, het respektiewelik `n Romein geword en het ek teen betaling van `n vaste bedrag by die keiserlike geregskantoor die volledige, onomstootlike eiendomsreg verkry, en dit wil ek jou laat proe, as jy nie nou onmiddellik doen wat ek gesê het nie!”
[14] Die fariseërs sê: “Laat ons die eiendomsbrief van die Romeinse gereg sien!” Baram gryp die brief wat nog pas op goeie perkament geskryf was en wat voorsien was van die keiserlike seël, hou hom onder die neus van die oudstes en sê: “Lyk dit bekend vir julle?” Dan skreeu hulle: “Ook jy is dus `n verraaier van God, die tempel en van ons! Dit het ons sekerlik aan die Seun van Dawid te danke! Daarvoor vervloek ons ook vir jou en jou hele huis!
[15] Toe die fariseërs die vloek uitgespreek het, gryp Baram gou `n fris stok en begin dadelik met alle mag die fariseërs te slaan, waarby hy sê: “Wag, satansknegte, ek sal julle eers die regte loon uitbetaal vir julle vloek!” `n Fariseër wat die stok nog nie gevoel het nie, roep: “Daar staan geskrywe: ‘Wee hom wat die hand aan `n gesalfde slaan.’ ”Dit weet ek”, sê Baram, ”en daarom gebruik ek nou juis die stok!” En Baram laat nou ook die gesalfde proe van die stok. Dan vlug al die bose fariseërs, uitgesonderd Agab, na buite, waar die volk hulle verder onder hande neem.
|
|
|
|
|