|
Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 1 JACOB LORBER - AFRIKAANS
Hoofstuk 238
|
Spring: |
1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244. |
|
|
Die verhaal van die diefstal deur die twaalf fariseërs en hulle handlangers
238 Faustus sê: 'Nou, praat dan! Op my woord van eer, daar sal julle geen haar gekrenk word nie!”
[2] Dan sê `n fariseër, hewig bewend van doodsangs: “Heer, skenk u my ook die lewe, as ek praat?”
[3] Faustus sê: “U ook; want u is een van die geringstes onder hulle.”
[4] Toe skreeu die ander elf fariseërs: “Weet jy dan nie dat jy liewer moet sterf as om van God `n verraaier te word nie?!”
[5] Maar die enkele fariseër sê: “Dit weet ek, maar van God is hier geen sprake nie; dit gaan hier maar net oor julle skandalige bedrog teen die Romeine. Deur `n skandelike lis het julle hierdie groot buit die Romeine so keurig ontneem dat die hele wêreld haarself daar werklik oor moet verbaas.
[6] Jy as belangrikste boef was geklee as die opperlandvoog wat nou in Sidon, maar ook dikwels in Tirus bly, jy het die groot keiserlike ring as teken van mag, en jy het `n goue swaard en die heerserstaf van die hele Palestina, Coele-Sirië, Klein-Asië en die hele Pontus.
[7] Bowendien sien jy daar net so oud uit as die hoogs eerwaardige grysaard, Cyrenius, jy neem sy naam aan en jy het vir jou `n gevolg en `n hofhouding aangeskaf wat lyk soos dié van Cyrenius, daarby sit jy op `n imposante perd. Toe die leier van die geldtransport jou begroet as opperlandvoog en aan jou op `n halwe dagreis vanaf Tirus, dinkende dat jy die stadhouder was, die getekende bevelrolle gee en daarby dan ook die gelde en die skatte, wat jou verklede Romeinse soldate in ontvangs neem, gee jy hom bevel om so gou moontlik na die Pontus terug te trek omdat jy met sekerheid verneem het dat daar, vanweë die belastingafpersing, onluste uitgebreek het, en dat die bewoners van die Agterpontus hulleself met `n sterk horde van Skite teen die oorheersing van Rome verbind het. Uitstel sou gevaarlik wees; daarom het hy as die (onegte) opperlandvoog, na `n korte en duidelike opdrag van Rome, hom, die dappere owerste van Pontus en Klein-Asië, so ver tegemoet getrek om hom in hierdie dringende geval die snelle terugweg `n bietjie korter te maak!
[8] Natuurlik het die owerste van Pontus en Klein-Asië toe met sy drieduisend ruiters so gou moontlik omgedraai en binne `n paar uur was hy al so ver van ons verwyder dat ons onmoontlik meer iets van hom te vrese gehad het. Ons almal was op lewe en dood opgedra te swyg en elkeen sou tweehonderd pond silwer kry, wat ons egter tot op hede nog nie ontvang het nie, want dit sou eers in Jerusalem gebeur. Die noodlot wil dit egter anders hê, en van die tweehonderd pond hoef ons nou nie veel meer te verwag nie.
[9] Die geld en die skatte word toe daardie nag na Kapernaum gebring, waar dit nou al ongeveer twee maande lê en die geheime pad is enkel en alleen aangelê ten behoewe van die groot skat en lei, volgens my, nie na Jerusalem nie, maar na `n groot, verborge grot in die berge, waarin - en nie in die tempel nie - al baie, baie duisende ponde goud en silwer lê en wag.
[10] Slegs ons twaalf was met hierdie geheim bekend, en buiten ons dertig handlangers weet geen fariseër daar iets van af nie. Die helpers weet net nie vir watter doel dit is nie. Aan hulle is gesê dat alles bewaar word vir die toekomstige Messias, wat die Judeërs binnekort sal bevry van die juk van die Romeine. Maar ek ken natuurlik wel `n ander rede, en dit is in die eerste plek: `n uitermate luuksueuse lewe - en in die tweede plek, `n geweldige moontlikheid tot omkoop, as mens in belangrike gevalle die Romeine na jou eie pype wil laat dans, of om `n pos van owerste in die tempel te koop, wat natuurlik altyd ontsettend baie geld kos. Nou weet u alles; u kan ook al dertig ondervra, en hulle sal u dieselfde sê.
[11] Slegs die pande was vir Jerusalem bestem, om die tempel gunstig te stem; die gelde en skatte sou egter by die ander in die grot tereg gekom het, as dit hier nie so `n geweldige skipbreuk gely het nie. Nou weet u presies hoe die sake staan en moet u maar doen wat u regverdig vind; maar wees teenoor my en die dertig verblindes nie te hard en te onverbiddelik regverdig nie!”
[12] Faustus sê: “Teen u en die dertig sal ek nie as regter nie, maar as beskermer optree; maar wat met die elf moet gebeur, daaroor sal Cyrenius oordeel! Sê my net nog of daar nog niks van die gelde en skatte weggeneem is nie, of alles wat uit Klein-Asië gebring was hier bymekaar is en of u iets weet van die beroemde grot.”
[13] Die fariseër sê: “Die geheel, insluitend die waens, is nog net so onbeskadig en volledig as by ontvangs. Wat betref die beroemde grot weet ek as mede-eedgenoot natuurlik presies wat dit bevat, en sonder een van ons twaalf kan geen mens die toegang en ingang vind nie.”
[14] Nou prys Faustus die minder ryke fariseër, wat Pilah heet, en hy sê aan Kisjonah: “Wel, vriend en dierbare skoonvader, die grot wat, na dit skyn in jou gebergte lê, dit sal aan u, volgens die eerste oordeel, toekom; maar neem die gelde en die skatte van die keiser in veilige bewaring, want by u sal dit tot aan die einde van hierdie buitengewone proses die beste bewaar bly.
[15] Versorg Pilah op my rekening, maar gee die dertig vir die nag `n goed bewaakte nagverblyf; solank die grot nog nie leeg is nie, kan ek hulle hul vryheid nie gee nie, maar ná die ontruiming kan hulle gaan waarheen hulle wil. Ek wil hulle ook nie laat gésel nie, omdat hulle bereidwilligheid ons tot groot ontdekkings gebring het.”
|
|
|
|
|