Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 1
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 61

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244.

`n Wonderwerk maak nie die gees vry nie

61 Toe hy op die eerste verdieping aankom, sien hy onmiddellik die voorspelde vleuel, hardloop vol verrukking deur die groot geopende deur na binne, gaap die grote saal aan en slaan van verbasing flou neer. Dadelik haas die witgeklede Jongmanne nader, help hom orent en versterk hom. Nadat hy effens tot verhaal gekom het, tree hy na My toe en vra met `n stem wat bewe van uiterste verbasing: “Heer, ek smeek U, oortuig my tog nou dat ek wel wakker is en nie droom terwyl ek in `n diepe slaap is nie!”

[2] Ek sê: “Jou vraag laat dit skyn asof jy meer slaap as wat jy wakker is - nietemin, jy is helder wakker en dit wat jy sien, is die harde werklikheid! Buite in die boord het jy self vir my gesê dat jy verneem het dat Ek die ou huis van Josef, waarin IrhaEl nou woon omdat dit aan haar behoort, in `n oogwink volkome hernu het. Nou, as Ek daardie hele huis kon herbou, behoort ek tog ook in staat te wees om Esau se ou vesting te hernu?”

[3] Die handelaar sê: “Ja, ja, dit is alles goed en wel; maar dit bly ondenkbaar dat `n blote mens so iets kan regkry. Heer, luister na my! As U dan nie `n profeet soos EliJaH is nie, dan moet U minstens `n Aartsengel in menslike gedaante wees, of miskien selfs JaHWeH self, want sulke dinge is net vir God moontlik!”

[4] Ek sê: “Ja, as dit nie vir die teken was wat jy gesien het nie, sou jy My ook nie geglo het nie. Nou glo jy weliswaar ja, maar nie met vrymoedigheid nie. Ten einde jou met vryheid van gees van harte te laat glo, sê Ek nou vir jou: Voorwaar, dit was nie Ek nie, maar hierdie Jongmanne wat dit gedoen het; God die Vader het hulle die Krag daartoe verleen. Vra hulle gerus nou hoe hulle dit vermag het!”

[5] Die handelaar sê: ”Presies! Ek het buite al vir JonaEl gevra wie hierdie wonderbaarlik mooie jong Wesens is en waar hulle vandaan kom, maar sonder om my vraag te beantwoord, het hy my eenvoudig na U verwys. In U teenwoordigheid, vreemd genoeg, het my navraag my skoon ontgaan en het ons gesprek `n heel ander koers ingeneem soos ek my in U verdiep het. Nou herinner ek my die saak weer, en sou graag van U `n verduideliking wou hê oor die oorsprong van die pragtige Jongmense.”

[6] Ek sê: “Om jou nie langer in die duister te hou nie, sê Ek vir jou dat hulle Engele van JaHWeH is - as jy dit wil glo. As jy dit nie so wil aanvaar nie - dink dan wat jy wil, solank jy hulle net nie as demone of dienaars van Satan beskou nie!”

[7] Die handelaar sê: “Heer, o Heer, wat is dit tog met my?! Nou net het ek U gevra of ek wakker is en of ek in my slaap droom; maar nou wil ek weet of ek hoegenaamd nog leef?! Sulke dinge kan tog nie werklik op hierdie aarde gebeur nie?”

[8] Ek sê: “O, inderdaad is jy springlewendig! Ek het maar net jou geestesoog geopen sodat jy nou ook die hemelse Geeste kan sien. Maar genoeg vrae vir eers - dis tyd vir middagete. Alles is gereed; laat ons nou oorbeweeg na die etenstafel.”

[9] Die handelaar sê: “Goed, goed. Maar ek glo nie dat ek veel sal kan eet nie; ek is oorstelp van verwondering; dis een wonderwerk op die ander! Vanoggend nog sou ek so iets nooit kon geraai het nie. Die gebeure volg mekaar te vinnig en te onverwags op. Dis maar pas drie ure gelede dat U my boord uit Sigar betree het, en wat het nie alles in daardie drie ure gebeur nie! - Ongelooflik, maar waar! Maar wie sal dit glo behalwe hulle wat dit self gesien het - al sou daar ook `n duisend ooggetuies wees wat dit wou bevestig? Heer, Heer, grote Heer, deur God self onderrig en gelei, ek glo dit omdat ek dit met my eie oë sien. Maar ook al vertel julle dit aan duisende sal hulle weier om dit te glo; boonop sal hulle hulle vererg en die vertellers vir onbeskaamde leuenaars uitmaak. Moet dit liewer nie verder rond vertel nie, dis te wonderbaar. Wie het al ooit so `n fantastiese saal gesien? Dit lyk asof die mure suiwer edelstene is; die plafon is van goud; die vloer van silwer; die onderskeie tafels van jaspis, hiasint en smarag; die rakke van goud en silwer; die drinkgerei van die suiwerste diamant en die borde is die fynste, vuurrooi robyne; die stoele van edelmetaal met dieprooi bekleedsel; en die kos en drank het `n hemelse geur! En dit alles in - sê maar - drie ure!? Nee, dis meer as ongelooflik!

[10] Heer! U moet God self wees, of dan gewis ten minste God se Seun!”

[11] Ek Sê: “Voorwaar, voorwaar, so is dit. Maar laat ons nou eet. Na afloop van die maaltyd gaan jy nog baie hoor; voor ete wil Ek egter niks meer sê nie. Kyk net hoe baie daar is wat honger en dors het terwyl dit vandag juis buitengewoon warm is. Laat hulle nou eers hulle dors les en hulle honger stil en hulle liggame volkome versterk, waarna ons weer aandag aan die geestelike sal skenk.”


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205