Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 1
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 179

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244.

In Jesaïra:

Die nederigheid van die ou gasheer

179 Toe alles gereël was vir die slaap, kom die ou man met sy seuns wat merendeels vissers, skippers en skrynwerkers was, na My toe en sê: “Hier is nou alles vir U onderdak so vinnig en so goed as wat dit in die kort tydsbestek moontlik was, klaargemaak, en U kan nou na hartelus daarvan gebruik maak. U is nou die Heer soos altyd, dus ook in die huis, wat ek met my sewe seuns gebou het. As U iets verlang, U sê net en ek sal U kneg wees en U met my hele huis dien!”

[2] Ek antwoord daarop: “U is wat u is, en Ek is ook wat Ek is; maar omdat u so nederig is en hulle verneder, daarom sal u eendag in My Ryk ook daaroor verhoog word! Maar nou het ons maar slegs rus nodig; laat die siekes van hierdie plek egter môre hierheen kom, sodat Ek hulle kan genees.”

[3] Toe sê die ou man: “Dan sal U veel te doen hê; want die plekkie is nie so klein nie en daar is bykans geen huis sonder `n sieke nie. Dit is weliswaar een van die vrugbaarste streke langs die uitgestrekte oewer, maar merkwaardig genoeg, vir mense ook die minste gesond; niks behalwe koors en allerhande bulte nie!”

[4] “Laat dit maar daar!”, sê Ek. “Môre verander alles; sorg môre vir vis, sodat My leerlinge wat vandag merendeels gevas het, weereens goed kan eet. Dit word u alles vergoed.”

[5] Maar die ou man sê: “Heer! Vergeef my dat ek hier teen U moet spreek. Daar het in my huis al duisende onderdak en voedsel gevind en ek het nog nooit van iemand iets aangeneem nie, laat staan dus van U! Ek strooi my rekeninge altyd in die wind en die dra dit na die sterre, waar die almagtige Vader woon; Hy is altyd nog my betroubaarste betaler en vergelder gewees en sal dit ook hierdie keer wees! Hoeveel siekes en gebrekkiges is daar nie maandelank by my verpleeg nie, en ondanks die ongesonde omgewing het daar nog nooit van die mense wat aan my huis behoort het, siek geword nie! Heer! Dit is `n guns van bo en daarom moet U nie oor vergelding of selfs betaling praat nie, want ek sou nóg die een nóg die ander aanvaar nie.”

[6] “Ja”, sê Ek, ”maar daar kleef `n beswaar aan! As Ek dit nie aan u vergeld nie, dan sal die vergelding van die sterre ook uitmekaarval. Want Ek het ook in en bo alle sterre baie en uiteindelik selfs alles te vertel en te reël!”

[7] Daarvan kyk die ou man uit die veld geslaan op en hy weet nou nie wat hy moet sê nie. Na `n rukkie sê hy, effe sag: “Om JaHWeH se wil! Is U miskien `n engel uit die hemele, of word U deur een van hulle gehelp en het die Vader in die hemele hom vir U as dienaar gegee?”

[8] Ek sê: “Geniet nou maar sonder sorge u nodige slaap; môre sal daar baie aan u geopenbaar word. En gaan nou na buite en sê aan die volk wat nog lawaai maak dat hulle ook moet gaan slaap en dat hulle môre alle siekes hierheen moet bring; Ek sal hulle almal genees. ”Toe gaan die ou man na buite en doen wat Ek hom beveel het.

[9] Die volk begin toe hardop te jubel en roep: “Ere aan die verhewe Seun van Dawid! Hy kom na ons om ons van elke plaag te bevry! Ons weet weliswaar nie vanwaar Hy na ons toe gekom het nie; maar dit is sekerlik so dat God se Gees met Hom is, soos wat dit met Sy aartsvader Dawid was. Want as God se Gees nie met Hom was nie, dan sou Hy die besetene nie kon genees nie!”

[10] Daar kom egter ook `n paar fariseërs met die volk saam, omdat hulle as tempelpolisie uit Jerusalem alles moes registreer wat Ek nog verder hier sou doen, want hulle het al baie van My gehoor. Die genesing van die besetene, wat doofstom en blind tegelyk was, het hulle al behoorlik van stryk gebring en hulle pleeg deurgaans oorleg met mekaar wat hulle kon doen om My by die volk verdag te maak as rondloper, skurk, bedrieër of selfs as towenaar wat met die duiwel `n verbond gesluit het. Daarom sê hulle ook aan die volk: “Môre sal dit wel blyk van watter gees hy besiel is! Ons sal eers maar moet sien hoe Hy die baie kreupeles, lammes en melaatses sal genees!” Die volk sê: “Noudat Hy so pas die ergste een genees het, sal Hy ook die ander sekerlik net so maklik genees! Maar julle kan daaroor maar eerder julle mond hou; want julle het nog nooit `n mens genees nie, nie deur julle dure gebede nie en nog minder deur julle amulette wat julle die siekes aanbeveel en vir baie geld verkoop!

[11] In Hom woon die Gees van God, want dit het Hy ons deur hierdie enkele daad al meer as voldoende bewys; julle het heeltemal geen gees in julle nie, behalwe die van hoogmoed, hebsug en heerssug!

[12] Julle wil ná God wel die eerste wees en julle verlang `n goddelike verering van ons mense; maar ons sê vir julle dat julle vir ons die laaste is en honderdmaal erger as al die heidene! Want vir ons welsyn doen julle niks; julle werk nie en die wat by julle op skool kom, word na verloop van `n paar jaar so dom en somber dat geen engel sonder spesiale magte en kragte van God hulle weer sou kon regmaak nie! En dit is altyd nog die beste deel van al julle sorge en inspanning waaraan ons ons welsyn te danke het!

[13] Julle verlei die vrouens van julle geloofsgenote, die Judeërs, honderdvoudig tot die pleeg van egbreuk en met hulle dogters bedryf julle ontug; maar dit vind julle nie erg nie! Wanneer `n ander arme duiwel egter so iets sou doen, dan word hy gestenig as hy arm is, maar as hy ryk is en in aansien staan, dan kan hy homself vrykoop en bly hy bowendien nog ook julle vriend!

[14] Die Judeërs, julle geloofsgenote, ken julle beslis nie so goed soos ons Grieke nie en soos wat hulle julle ken, mag hulle tog niks sê nie. Maar ons ken julle en mag praat; veral by hierdie geskikte geleentheid sê ons vir julle dan ook presies wat ons van julle dink!

[15] Gaan nou maar vinnig huistoe, anders gaan die Griekse vuiste regeer! Ons sal hier waghou; waag dit veral nie om hierdie mens enigsins lastig te val nie, anders kan julle iets van ons te wagte wees!

[16] Ons was ook Judeërs gewees en is nou bly dat ons Grieke is; hoewel ons in naam en voor die polisie Grieke is, is ons in ons harte tog egte Judeërs, -maar beslis nie soos julle nie, waar julle die gebede wat aan God toegewy is, vir geld verkoop en daaraan die leuenagtigste uitwerkinge toeskryf!

[17] Ons self bid tot God, omdat Hy God is en ons as Sy skepsels verplig is om Hom te aanbid. Gaan julle daarom weg, want julle teenwoordigheid staan ons nog meer teë as stinkende aas!”

[18] Na hierdie ondubbelsinnige opmerking van die volk, wat vir meer as die helfte uit Grieke bestaan het wat hier woonagtig was, maak die fariseërs hulle so gou moontlik uit die voete en die volk juig oor hierdie oorwinning en ook oor die feit dat hulle hierdie leeglêers, soos wat hulle die fariseërs meestal genoem het, nou eers die naakte waarheid onder hulle snuffelneuse kon vryf.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205