|
Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 1 JACOB LORBER - AFRIKAANS
Hoofstuk 161
|
Spring: |
1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244. |
|
|
Vervolg van die vierde skeppingsdag
161 (Die Heer:) “Solank die mens `n skepsel is, is hy tydelik en verganklik en kan hy nie bly bestaan nie, want elke mens is as natuurlike skepsel slegs `n bruikbare houer, waarin die eintlike mens hulleself slegs met voortdurende hulp van God kan ontwikkel.
[2] As die houer self `n voldoende graad van ontwikkeling bereik het, waartoe God die houer oorvloedig met alle nodige bestanddele en eienskappe toegerus het, dan wek of liewer ontwikkel Hy Sy ongeskape ewige gees in die hart van die mens. Hierdie gees is na die mate van sy uitwerking dit wat Moses bedoel en ook wil hy dat dit so begryp moet word, as hy spreek oor die twee groot ligte wat aan die uitspansel geplaas word, en dit het alle aartsvaders en profete ook altyd so en nooit anders bedoel nie.
[3] Die ewige ongeskape vir ewig lewende Lig aan die uitspansel in die mens is dan slegs die volledige ware Dirigent van die ware dag in die mens, en Hy leer die vroeëre houer om homself geheel en al te omvorm tot `n ewige ongeskape goddelike wese en om so die hele mens tot `n ware Kind van God te maak.
[4] En elke geskape mens het `n lewende siel, wat ook `n gees is en die nodige bekwaamheid het om goed en waar en kwaad en sleg te onderskei en ook om haarself die goeie en ware haar eie te maak en die kwade en slegte uit haarself te ban; maar die siel is desondanks geen ongeskapene nie, maar `n geskape gees en kan daarom as sodanig nooit die kindskap van God bereik nie.
[5] As sy egter volgens die wet wat aan haar gegee is, die goeie en ware in alle nederigheid en beskeidenheid van haar hart en volgens die mee saam aangenome vrye wil wat aan haar deur God gegee is, doen, dan het so `n nederige, beskeie en gehoorsame wil, om dit maar konkreet uit te druk, `n egte hemelgewelf geword, omdat sy haarself nou ontwikkel het volgens die hemelse opgawe wat in die siel lê en dus heeltemal geskik is om die suiwer ongeskape goddelike in haarself op te neem.
[6] Die suiwer Goddelike, oftewel die ongeskape Gees van God wat nou vir ewig geplaas word aan so `n hemelgewelf, is die groot Lig; maar die siel van die mens, wat deur die groot Lig dan ook omvorm word tot `n byna ewegroot lig, is die tweede kleiner lig, wat nou egter net soos die ongeskape groot Lig aan dieselfde uitspansel geplaas word en deur die ongeskape Lig omvorm word tot `n mede ongeskape lig, sonder om van haar natuurlike aard iets te verloor, maar om juis, met voorbehoud van volledige geestelike suiwerheid, oneindig baie te wen. Want die siel van die mens sou op sigself nooit God in Sy suiwer geestelike wese kon sien nie en omgekeerd sou die suiwere ongeskape Gees van God nooit die natuurlike kon sien nie, omdat die materiële vir hierdie Gees nie natuurlik is nie. Maar in die bogenoemde volledige verbinding van die suiwer gees met die siel kan die siel deur die nuwe gees wat sy kry God sien in Sy oergeestelike suiwerste wese, en die Gees kan dan deur die siel die natuurlike sien.
[7] Dit bedoel Moses, as hy sê dat dit een groot Lig is wat die dag en een klein lig is wat die nag regeer en die tekens vasstel, dit wil sê: In al die Wysheid die oorsprong van alle verskynsels en van alle geskape dinge vasstel, en dus ook die tye, dae en jare, wat dieselfde is as: In alle verskynsels word die Wysheid, Liefde en Barmhartigheid van God herken.
[8] Die sterre, waaroor Moses ook spreek, is die tallose nuttige insigte wat die mens in al die afsonderlike dinge verkry, welke kennis natuurlik voortvloei uit die eerste belangrikste insig en daar aan dieselfde uitspansel geplaas word soos die twee hoofligte.
[9] Wel, dit is dan die vierde skeppingsdag waaroor Moses in sy Génesis spreek. Net soos die vorige drie het hierdie, soos maklik te begrype is, ontstaan uit dieselfde aand en oggend van die mens.
|
|
|
|
|