|
Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 1 JACOB LORBER - AFRIKAANS
Hoofstuk 183
|
Spring: |
1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244. |
|
|
Agab die tempelier met sy kollegas: Sy suksesse. Hulle mik vir Baram se huis
183 Agab gaan nou weg en haas homself na sy kollegas. Toe hy by hulle kom, bestook hulle hom almal met vrae en sê: “Maar in die naam van die tempel, wat doen jy tog solank? Wat `n angs het ons ter wille van jou uitgestaan! Hoe staan sake? Wat doen die towenaar? Hoe het jy gevaar? Kom die soldate al? Ons sit op hete kole! Weet jy dan niks daarvan af nie?”
[2] Agab vra: “Wat is dit dan? Waarvan weet ek dan niks van nie?”
[3] Die oudstes antwoord: “Verbeel jou! Skaars `n halfuur gelede kom hier drie inwoners, Judeërs uit hierdie plek aan en hulle deel ons mee dat die hele markplaas van Jesaïra sonder enige uitsondering oorgegaan het na die Grieke en dat ons hier nou niks meer te doen het nie! Wat sê jy daarvan! - Dink maar dat dit alles die werk is van die vervloekte towenaar, wat niks anders is as `n apostel van die hel wat besete is deur die gees van Beëlsebul! Ja, wat sê jy daarvan?!”
[4] Agab sê: “Ja, as dit so is, dan is dit sleg vir ons en ons beter dan gou besig raak met ons toekomsplanne! Ek het gister wel iemand daaroor hoor mompel, maar ek kon nog nie presies uitvind wat die hele geskiedenis daaragter was nie. Maar dit is wel alles ons eie skuld! Ek het julle al dikwels gesê dat ons met ons domhede en duisternis, waarmee ons almal in die tempel ingewy was, by hierdie besonder wakker Grieke nie sou kon volhou nie en dat dit vir hulle kinderspeletjies sou wees om ons die duimskroewe aan te sit; maar dit was altyd olie op die vuur! Nou het die onvermydelike gebeur wat ek al vroeër vir julle voorspel het, en ek begryp egter nie waarom julle nou so verbaas daaroor kan wees nie! Ek het al so dikwels vir julle gesê: laat ons tog eindelik ophou met die domhou en die onderdrukking van die volk; want alles in die wêreld het grense wat nie oorskry mag word nie! Wat kry ons daarvan as ons die volk sistematies dom hou? Die domheid sal ten slotte oorslaan in boosheid en dan sal ons moet verdwyn. En nou is dit so!
[5] Die volk glo in Moses en die profete; maar ons sê: hulle is dood en hulle geskrifte ook! God openbaar nou Sy wil in die tempel en sê vir die ware mens om hegter aan Moses en die profete vas te hou. Die hoëpriester, die leviete en al die fariseërs en skrifgeleerdes is nou die lewende Moses en die lewende profete! - Dit is ons leer!
[6] Ek het julle wel honderd keer duidelik gesê dat die aanmatiging van ons binnekort slegte gevolge sal hê. Maar julle het my uitgelag en julle hou vol dat dit volstrek onmoontlik kan gebeur! Nou het dit gebeur! Hou julle nou nog vol dat so iets onmoontlik was?!
[7] En ek sê julle weereens dat dit heeltemal ons eie skuld is; want wie by ernstige dinge geen raad aanneem nie, is egter nie te help nie!
[8] Ek het daar by die huis van Baram juis al die moontlike moeite gedoen om die opgewonde gemoedere van die volk te kalmeer. Ek het vir die heethoofde gesê dat hier binnekort soldate uit Kapernaum sal aankom om hulle te bestraf! Maar hulle lag en sê: “Dan kan jy maar lank op hulle wag; want ons het julle bode in ons mag - net soos alles van julle! Maak dat jy goedsmoeds hier wegkom, anders sal jy op `n ander manier verwyder word!” Dit was die aardige antwoord op my waarskuwing en dreiging aan die volk; sodat ek ook nie iets veel beter kon doen nie!
[9] Maar wat die towenaar aanbetref, Hy het met dit alles heeltemal niks te doen nie; want hy en sy leerlinge en Baram is nou waarskynlik die enigste Judeërs in die plek! Dat hy inderdaad `n towenaar blyk te wees sal ek nie bestry nie; maar dat hy dit met die krag van Beëlsebul doen, durf ek nie beweer nie, hoewel ek nie daarmee julle mening wil beïnvloed nie. Gaan nou self daarheen en praat met hom en oortuig julleself daarvan!”
[10] Die oudstes vra: ”Het hy die siekes al genees?”
[11] Agab antwoord: ”Dit is bes moontlik so, hoewel ek niks daarvan gesien het nie. Daar staan nog wel `n groep mense, manne sowel as vroue voor die huis van Baram, merendeels Grieke wat ek goed ken en hulle bespreek allerhande dinge met die baie beskeie towenaar of wat Hy dan ook al mag wees; maar ek het niks meer gesien van die siekes nie. Miskien het hy hulle genees, terwyl ek hier vir julle waggehou het. Maar soos ek sê, laat ons nou daarnatoe gaan, dan kan julle julleself daarvan oortuig hoe die sake daar uitsien!”
[12] Toe vra die oudstes: “Loop ons geen gevaar om ons lewens te verloor nie?” En Agab antwoord: “Wat se dom vraag is dit nou weer! Is dit dan hier veiliger vir julle? Omdat alles so tot ons nadeel verander het, is dit vir ons beter om na buite te gaan waar ons ons voete nog kan gebruik, as wat ons onsself hier tussen vier mure laat ombring!”
[13] “Ja, ja”, sê die oudstes daarop, ”jy het gelyk; laat ons dus na buite gaan en al ons skatte agter slot en grendel berg, want hulle is baie waardevol!” Agab sê: ”Baie goed, - laat ons maar gaan, want wie sal nou gereedstaan om ons skatte te steel? Die mense hier het baie ander dinge om te doen as om aan ons skatte te dink!”
[14] Na hierdie woorde staan die oudstes op, plaas alles agter slot en grendel en sê selfs nie eers aan hulle dienaars wat hulle van plan was om te doen nie.
|
|
|
|
|