Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 1
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 11

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244.

TE KANA IN GALILEÁ:

Hoofstuk 11 - Die Bruilof te Kana in Galileá. Die wonderwerk van die wyn: Simbool van die wedergeboorte.
[Johannes 2: 6-11] .

6 En daar het volgens die wassingsgebruike van die Judeërs ses klipkanne gestaan, wat elkeen twee of drie ankers hou.

11 Nadat Maria die dienaars vertel het, “Doen wat hy vir julle sê!” het Ek die dienaars versoek om ses klipkanne wat bedoel was vir die Judeërs se wassing, met water vol te maak waar die gebruik egter nie langer meer deur die Nasaréners en die KanaAniete nagekom is nie. Daarom was hierdie kanne, wat tussen 20 tot 30 galon gehou het, meer vir `n vertoon uitgestal, eerder as vir `n spesifieke doel.

7 Jesus sê vir hulle: Maak die kanne vol water. En hulle het hul tot bo toe volgemaak.

[2] Die dienaars het onmiddellik daaraan voldoen, maar eerder met die gedagte dat die gas wat pas aangekom het, homself dalk wou was en reinig volgens die ou gebruik. Die gas het ingekom en is aan die tafel geplaas sonder dat hy sy hande vooraf gewas het. Omdat die dienaars dit opgemerk het, bespreek hulle dit met mekaar, en wonder: “Hoekom moes ons hierdie swaar kanne met water gevul het? Die gas het dit nie gebruik nie en dit het ons net onnodige werk gekos.”- Hierop sê Ek vir hulle: “Hoekom het julle dit nie vroeër bevraagteken nie, maar nou grom julle oor hierdie werk? Het julle nie gehoor wat Maria My vertel het nie, naamlik dat daar nie meer wyn oor is vir die gaste nie? Alhoewel My tyd nog nie daar is nie, nie volgens die gewone of die geestelik nie, het Ek nog steeds—ten einde die glorie van Hom Wie julle jul God noem, maar nog nooit sodanig herken het nie—die waterkanne verander in wyn, nie deur `n towery nie, maar slegs deur die krag van God binne-in My.

8 En Hy sê aan hulle: Skep nou uit en bring haar vir die hoofdienaar. En hulle het haar gebring.

[3] “Maak die beker vol en neem dit eerste na die opsiener van die fees (die kok) om te proe; laat hy sy opinie daaromtrent gee.”- Die dienaars, taamlik verbyster oor die verandering van die water, neem dadelik die wyn na die kok om te toets.

9 En toe die hoofdienaar die water proe wat wyn geword het - en hy het nie geweet waarvandaan dit was nie, maar die dienaars wat die water geskep het, het geweet - roep die hoofdienaar die bruidegom

[4] Die kok is baie verbaas, stuur onmiddellik vir die bruidegom en sê vir hom: “Moontlik ken jy nie die gebruiklike volgorde nie?”

10 en sê vir hom: Elke man sit eers die goedbeleë wyn op en, wanneer hulle goed gedrink het, dan die jongste; maar u het die goedbeleë wyn tot nou toe bewaar.

[5] “Bedien almal nie die beste wyn eerste aan die gaste nie, en dan wanneer hulle vrylik gedrink het, en hulle smaak ietwat verflou het, dan die swakker soort? - Maar jy het net die teenoorgestelde gedoen.”
[6] Maar die Bruidegom antwoord: “Jy praat soos `n blinde oor kleur! Kyk, hierdie wyn was nie iewers op aarde gepars nie, maar soos eens met die manna, gekom vanaf die Hemele na ons tafel. Daarom moet dit sekerlik beter wees as enige ander wyn op aarde.
[7] Die kok sê: “Lyk ek vir jou soos `n idioot of is jy self een? Hoe kan `n wyn na jou tafel kom vanaf die Hemele?! JaHWeH Homself of Sy dienskneg Moses sal aan die tafel moet sit.”
[8] Sê die Bruidegom: “Kom kyk vir jouself.”
[9] Die kok volg die bruidegom na die eetsaal en kyk na die ses klipkanne en sien dat hulle gevul was met die beste wyn. Nadat hy homself vergewis het van die wonderwerk, sê hy: “Heer, vergewe my oortredinge. Slegs God kan so `n ding doen, en Hy moet hier tussen ons wees, want so iets is onmoontlik vir `n menslike wese.”
[10] Toe word die wyn bedien aan die gaste en nadat hulle dit geproe het, sê almal: “So `n wyn word nie op ons wingerde gepars nie. Dit is waarlik `n hemelse wyn. Ere aan Hom Wie God sulke mag gegee het.”
[11] Daarop het hulle op my en op die pas aangekome gas, Thomas, `n heildronk ingestel en ons verwelkom.
[12] Nou het al die mense op die bruilof teenwoordig sonder twyfel geglo dat Ek sêkerlik die beloofde Messias was.
[13] Maar Petrus sê in die geheim aan My: “Heer laat ek weer weggaan. Want U is JaHWeH Homself soos geprofeteer deur U dienskneg Dawid in sy Psalms, maar ek is `n arme sondaar en absoluut onwaardig vir U.”
[14] Ek sê vir hom: “As jy onwaardig voel om langs My sy te loop, wie beskou jy as waardig vir dit? Voorwaar, Ek het nie na die sterkes gekom nie, want hulle kan orals gevind word, maar Ek het gekom vir die swakkes en die siekes. Een wat gesond is, het nie die geneesheer nodig nie, slegs die siekes en die swakkes het. So bly by My en wees opgeruimd, want Ek het jou oortredinge lankal vergewe, en selfs al sal jy langs My sy sondig, sal Ek jou ook daarvoor vergewe, want omdat jy My herken het, en altyd `n rots was in jou geloof, sal jy gesuiwer word—nie in jou sterkte nie, maar in jou swakheid—slegs deur die barmhartigheid vanuit die hoogte.”
[15] Hierdie woorde van My bring trane in sy oë en Petrus sê met groot entoesiasme: “Heer, - as almal u sal verlaat, ek sal U nooit verlaat nie, want u heilige woorde is Waarheid en lewe.”
[16] Nadat Petrus dit gesê het, neem hy die beker en praat: “Geseënd is jy Israel, en driemaal geseënd is ons, want ons is getuies van die vervulde belofte. God het sy volk besoek. Dit wat swaar was om te glo, is nou vervul voor ons sintuie! Nou moet ons nie langer huil vanaf die afgrond na die Hemele nie, want die Hoogste het neergedaal na ons toe in die diepste van ons nood. —Daarom, al die Glansrykheid met Hom Wie tussen ons is en hierdie wyn voorsien danksy Sy mag en barmhartigheid, sodat ons in Hom mag glo en van nou af God in Hom sal eer!”- Daarna drink Petrus sy wyn en almal drink op hom en sê: “Hierdie is `n regverdige man.”
[17] Maar Ek sê vir Petrus in die geheim: “Hierdie was nie vir jou deur die vlees gegee nie, maar die Vader wat in My is, het dit openbaar aan jou gees. Maar van nou af bly maar stil, `n tyd sal egter kom, wanneer jy dit sal uitskree sodat die hele wêreld jou kan hoor.”- Toe het kalmte weereens onder die gaste geheers en as gevolg van hierdie daad, het hulle almal in My geglo en My beskou as die ware Messias Wie gekom het om hulle te bevry van alle vyande.

11 Hierdie eerste een van Sy tekens het Jesus te Kana in Galiléa gedoen; en Hy het Sy Majesteit geopenbaar, en Sy leerlinge het in Hom geglo.

[18] Hierdie was die eerste buitengewone teken wat Ek voor die oë van baie gegee het tydens die aanvang van My groot werk van verlossing, en met hierdie teken het Ek getoon—hoewel verborge—die groot werk wat moes volg. Nietemin, nie `n enkele persoon in die hele vergadering het dit besef nie—want, soos My vas in die woestyn profeties heengewys het na My vervolging wat Ek van die tempel in Jerusalem sou moes deurgaan en die doop deur Johannes na My dood aan die folterpaal, het hierdie bruilof na My opstanding heengewys en hierdie teken het die model geword van die wedergeboorte van die gees tot Ewige Lewe.
[19] Net soos Ek die water in wyn verander het, sal die mens se natuurlike wese wat deur sy sintuie beheer word, verander word na gees deur My Woord, op voorwaarde dat hy daarvolgens sal lewe.
[20] Maar elkeen sal die advies in sy hart moet volg wat Maria die dienaars gegee het, toe sy gesê het: “Doen net wat Hy sê!”, dan sal Ek met elkeen doen wat Ek in Kana in Galilea gedoen het, naamlik `n behoorlike teken waarby elkeen wat lewe volgens My woord, dit makliker sal vind om die wedergeboorte van die gees in homself te herken.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205