Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 1
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 169

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244.

Oor lag

169 Na hierdie gesprekke gaan ons almal die groot woonhut binne en baie, veral die vroue en maagde, gaan dig by die vuur sit en verwarm hulleself. Maar sommige Judeërs wat ook graag `n bietjie warmte van die vlamme wou gehad het, vererg hulle innerlik vir die vroue, omdat hulle byna al die warmte van die vlamme weghou. Toe kom sommige leerlinge na My toe, sê dit aan My, en hulle kla en mor daaroor by My. Ek verwyt hulle egter sagmoedig oor die onaardige gedrag.

[2] Almal was gekalmeer op één na, maar hierdie een, `n koppige Judeër uit Kapernaum, bly aanhoudend mompel en sê: “Ja wel, wat het julle aan die gepraat? Ek het buite al so koud gekry, dat ek dit byna nie meer kon uithou nie; en noudat ek as oue man my wil verwarm, hou die vroue alle warmte van die vuur weg en ek is bykans heeltemal styf van die koue! Benede is dit midde in die winter nie so koud as nou juis vanaand op hierdie hoogte nie; en ek is al oor die sewentig en daarby is ek van nature nogal koulik! Ek wil nie onvriendelik wees nie; sê U daarom aan die vroue dat hulle my by die vuur moet toelaat!”

[3] Ek sê aan die oue: “Weet jy dan nie dat Ek jou ook sonder vuur sou kon verwarm as jy geloof sou hê?”

[4] Die oue sê: “Ja, Heer, ek glo! Want ek het baie wonders van U gesien en daarom glo ek dat alles wat U sê en wil, dit gebeur.”

[5] “Gaan dan by die drie manne staan”, sê Ek, ”die wat `n paar dae gelede van bo by ons aangekom het en jy sal dadelik warm word!”

[6] En die oue doen dit en hy kry dadelik so warm dat hy dit na `n rukkie nie meer kon uithou van die warmte nie en My besonder bedank vir die weldaad, maar omdat dit nou vir hom te warm was, sou hy graag wou afkoel, want hy was `n bietjie te warm.

[7] Maar Ek sê: “Doen wat jy wil; Ek het jou nie aan die drie manne vasgemaak nie! Gaan na buite, daar sal jy dit dadelik koel genoeg hê!”

[8] En die oue gaan na buite, maar kom hals oor kop onder harde hulpgeroep weer die hut in en roep: “Red, wie hulle kan red! Die hele berg staan in vuur en vlam en dit kom steeds digter na die hut! Om JaHWeH se ontwil, ons is almal vir die dood opgeskryf!”

[9] Terwyl die oue so kla, kom Kisjonah, wat homself buite reeds vir saaklike besighede `n rukkie van ons af verwyder het, en sê aan My: “Heer, U neem my hopelik nie kwalik dat ek vir iets feesteliks vir U gesorg het volgens die gebruik van my alpeherders nie, omdat U vandag, soos U gesê het, die laaste aand op hierdie hoogte sal deurbring. My herders het bosse fynhout wat hulle in die bos versamel het, aangesteek; en dit het hulle ter ere van U aangesteek en hulle sing vrolike liedere en psalms daarby. Sou U nie graag buite wil kom kyk nie?”

[10] “Graag”, sê Ek, “want Ek het jou besonder lief!” En Ek staan op en gaan na buite en al die leerlinge volg My.

[11] Maar die vroue lag die ou Judeër uit, omdat hy tevore gedink het dat die hele berg aan die brand was en toe so `n alarm gemaak asof die hele wêreld vergaan! Die ou man skaam hom `n bietjie en verdra nou heel geduldig die gelag van die vroue.

[12] Maar Ek verwyt die vrolike vroue hulle ongemanierdheid en waarsku hulle. Toe vra die vroue, waaronder die vyf dogters van Kisjonah nie was nie - want hulle maak die aandete in die groot manne-hut klaar, - My en die ou man om vergifnis en sê dat hulle dit beslis nie onvriendelik bedoel het nie.

[13] Die oue vergeef hulle dan ook dadelik van ganse harte. Maar die drie engele kom na die vroue toe en sê: “Luister na ons, vroue! Hierdie ou man is `n nakomeling van Tobias, wat blind was en wat ons met die gal van `n vis weer siende gemaak het; en alle nakomelinge van hierdie oue Tobias, wat `n grafgrawer was, het, as hulle oud word, om `n bepaalde geheime rede wat slegs God en ons maar ken, swak oë. Ons sê egter vir u dat dit `n groot sonde is en op julle ligsinnige hart wys as mens vir `n blinde lag in stede daarvan om hom die hand te reik en hom oor voetpaaie en ongelyk weë lei. As julle nie geweet het dat die oue, wat ook Tobias heet, meer as halfblind was nie, dan sou julle nie gesondig het nie; maar omdat julle wel geweet het dat die oue slegs die helfte kan sien en tog gelag het, sondig julle en verdien julle `n groot straf; maar omdat hy julle na julle verontskuldiging vergewe het, wil ons julle ook vergewe.

[14] Maar wee julle as julle ooit weer `n gebreklike sal uitlag! Sy kwaal sal dan julle kwaal word!

[15] Trouens, die mense moet gladnie of maar heel selde lag; want lag ontstaan deur die opwekking van die geeste van leedvermaak wat in die menslike liggaam woon.

[16] `n Vriendelike vertrekking van die gesigspiere, waaruit `n mens spesiale welwillendheid kan aflees, is hemels; al die ander laggery stam egter meestal uit die hel. Want die duiwels lag altyd as hulle met `n gemene streek slaag; in die hemele lag niemand egter ooit nie, maar mens is steeds vervul met die hartlikste en vriendelikste welwillendheid vir al die nog so armsalige skepsels en vol medelye met elke lydende broer wat nog sy tyd op aarde moet deurmaak. Dink in die vervolg daaraan!

[17] As die mense baie vir die swakhede van hulle broers gaan lag, dan verdwyn die geloof soos die son na sonsondergang, en die liefde in die hart van die mens sal dan net so koud word soos wat hierdie nag nou is, en daar sal dan so `n nood onder die mense heers soos daar nog nooit voorheen was nie!

[18] Dink aan hierdie les uit die hemele! Straf jou kinders as hulle lag; hoor hulle liewer huil as lag! Want laggery ontstaan in die hel, wat altyd vol hoongelag is.

[19] Daar is wel omstandighede waarby slegs die manne oor iets doms of oor `n eiesinnige domheid kan lag, maar dan is die lag `n welverdiende straf vir diegene wat uitgelag word.

[20] Maar as iemand slegs maar vir sy plesier lag en voorwerpe, gebeurtenisse en belaglike praatjes opsoek sodat hy geprikkel word om te lag, dan is hy `n nar! Want slegs die hart van `n nar kan geprikkel word om te lag; elke mens wat enigsins wys is, begryp maar al te goed en vinnig die heilige erns van die lewe en hy sal nie gou daaroor dink om oor iets te lag nie.

[21] Lag in die toekoms daarom nie meer nie en kyk nie na grapmakers en komediante nie, wat hulle daarvoor laat betaal om julle klaar te maak vir die hel. Hou jou hart steeds nugter, sodat jy God se welgevalle en daarmee die ware eer deelagtig kan word!”

[22] Hierdie woorde maak `n diep indruk op die vroue en hulle lê `n belofte af om hulle lewe lank nie meer te lag nie.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205