Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 1
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 193

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244.

Die Heer met Syne in die storm op die meer. Agab getuig nederig oor die Messias

193 Ons vaar egter in `n heel ander rigting weg van Jesaïra af en weer moes dit gebeur dat ons ook midde in die see deur `n storm oorval word, by watter geleentheid al die leerlinge en almal wat op die skip was nogmaals baie angstig word, soos dit al `n keer tevore gebeur het. Weer begin hulle van angs en vrees uit te roep dat Ek hulle moes help anders sou almal vergaan!

[2] En Ek gebied net soos voorheen die wind en die see, waarop oombliklik `n groot windstilte intree en die see spieëlglad word en die hele volk op die skip hardop sê: “Wie is Hy, dat wind en die see hom gehoorsaam?”

[3] Maar Agab het nie ingestem met die vraag nie en sê aan die leerlinge en verskeie ander: “Vriende, die vraag en die verwondering was weereens dom en uit sy plek uit! Julle is tog al solank in Sy omgewing en tog verwonder julle julle nog net so asof dit die eerste teken is wat julle sien gebeur het! Ek is nog geen hele dag by julle nie en vir my is dit alles so begryplik soos wat iets maar vir `n mens begryplik kan wees! As Hy naamlik die groot, beloofde Messias is, wat volgens Dawid niks meer en niks minder is as JaHWeH Self nie, werksaam deur vlees en bloed, dan sal dit vir Hom tog baie eenvoudig wees om aan `n storm op see `n einde te maak, aangesien dit vir Hom sekerlik nie moeilik was die hele wêreld te skep nie! As dit egter onweerlegbaar so is en julle Hom ken, hoe kan julle dan so `n vraag en so `n verwondering in julle harte hê?”

[4] Judas sê, ietwat vererg deur die aanmerking van Agab: “Vriend, dat ons dit en nog veel meer van Hom gesien het, is dit dan `n rede vir ons om ons oor niks meer te verwonder wat die Heer in ons teenwoordigheid doen nie?”

[5] Agab sê: “In geen geval nie, broer! Maar ek bedoel dit slegs so: dit moet ons in al die nederigheid van ons hart wel verwonder dat Hy so iets in ons teenwoordigheid doen en ons, hoewel ons egter nie sulke waardevolle skepsels is nie, so waardig geag is vir Sy Liefde, Wysheid en Mag dat Hy sulke dade ten aanskoue van ons verrig het! Ek vind myself tenminste as die minste nog nie waardig genoeg nie! Maar as ons weet wie Hy is, dat Hy die hemele en aarde geskape het, en as ons, indien Hy iets buitengewoons doen, ons daaroor net so verbaas asof dit deur `n mens gedoen was, dan beskou ons Hom ten slotte as Heer vir niks meer as slegs `n ietwat buitengewone mens nie. En dan dink ek dat die manier waarop julle julle verbasing getoon het na die plotselinge verdwyning van die storm nie in plek is nie!

[6] Sou dit nie belaglik wees om jou ook te gaan verwonder oor die son, oor die maan, oor al die sterre, oor die aarde en oor al die wonderbaarlik toegeruste en gevormde skepsels, wat tog ewe goed Sy werke is soos wat die kalmering van die hewige storm op see Sy werk is? Ek meen dat as ons ons dan tog wil verbaas, ons dit slegs maar moet doen omdat die Almagtige, onuitspreeklike God JaHWeH vanaf Sy ewige, onmeetbare hoogte so oneindig diep neergedaal het na ons sterflike, uitermate swak mense. Daarom sou dit haas ongelooflik wees as dit wat nou hier is en volkome waar gebeur, nie al vanaf Adam, Henog en deur al die profete tot op die arme ZekarJaH en tot sy seun Johannes toe, voorspel was nie.

[7] Ek vind die grootste wonder dat dit wat deur honderde profete eenstemmig geprofeteer is, nou hier is! Wat nou plaasvind, is niks anders as `n natuurlike gevolg van die eerste wonderbaarlike verskyning op die aarde, naamlik: die voorspelde verskyning van JaHWeH in vlees en bloed!”

[8] Dan vra selfs die twaalf apostels aan My: “Heer, waar haal hy dié woorde en dié suiwer wysheid vandaan?”

[9] Ek sê: “Sy vlees en bloed gee hom dit nie in nie, maar die gees wat al sover in hom gewek is, dat hy nie meer ver is van die algehele wedergeboorte van die gees nie! Maar dit is werklik geen besondere eer vir julle dat hy julle leraar is, in plaas daarvan dat julle dit vir hom is; hy is egter veel op julle voor, omdat hy die Skrif baie goed ken en Ek het hom lief soos Ek julle liefhet; want daar is baie nederigheid in sy hart!”


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205