Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 1
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 28

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244.

Hoofstuk 28 - Die Heer maak Hom bekend as die Messias

28 Sê die vrou: “Ja, Meneer, nou het U meer duidelik gepraat. Maar sê vir my: Is U nie meer dors nie en wil U nie van die waterbeker van `n sondaar drink nie?” Ek spreek: “Liewe vrou, vergeet daarvan, want Ek verkies jou bo jou beker en jou water. Toe Ek jou vroeër vir water gevra het, het Ek nie bedoel vanuit jou beker nie, maar vanuit jou hart waarin baie meer heerlike water is as in hierdie put en in jou beker. Met die water van jou hart kan jy ook jou hele liggaam genees, want jou innemendheid wat Ek binne jou vind sal jou genees as jy dit kan glo.”
[2] Sê die vrou: “O Heer, hoe sal ek dit regkry om die water van my hart na my private dele toe te bring? Vergewe my, meneer dat ek sulke reguit taal teenoor u gebruik, maar ek is `n ellendige vrou en ellende ken nie beskeidenheid nie, dit ken net homself en maak die tong los na gelang van die behoefte. As ek nie so ellendig was soos wat ek is nie, sou ek waarlik my hart vir U aangebied het. Maar soos dinge nou is – O God, Heilige Vader, help my! – ek is ellendig siek en moet nie tot my oortredinge byvoeg nie, want om so `n onsuiwer hart aan te bied vir `n suiwer man soos U, sal sekerlik die grootste moontlike oortreding wees.”
[3] Ek spreek: “My liewe vrou, dit is nie dat jy jou hart vir My moet aanbied nie, maar ek het dit reeds geneem toe ek jou vir water gevra het. Daarom mag jy jou hart vir My aanbied, want Ek aanvaar ook `n Samaritaan se hart. As jy My liefhet, is dit vir jou goed, aangesien Ek jou alreeds liefgehad het lank voordat jy al aan my kon dink.”
[4] Hierop bloos die pragtige vrou en sê ietwat verleë: “Van wanneer af ken U my? Was U al voorheen hier in hierdie dorp in Samaria? Waarlik, ek het nog nêrens eers `n vlugtige blik van U gekry nie. O, ek bid U, vertel my, wanneer en waar het U my gesien? Vertel my!”
[5] Ek spreek: “Nie hier of in Samaria of enige ander plek nie, nogtans ken Ek jou van jou geboorte af, selfs baie vroeër, en Ek het jou altyd liefgehad soos My lewe. Hoe hou jy daarvan? Is jy gelukkig omtrent My Liefde? Toe jy op ouderdom twaalf jaar in `n dam geval het, was dit Ek wat jou uitgetrek het. Maar jy kon nie die hand sien wat jou uit die dam uitgetrek het nie. Onthou jy dit nog?”
[6] Hier word die vrou regtig verward en weet nie wat om te sê nie, want `n vuur is aangesteek in haar hart en haar liefde groei merkbaar groter.
[7] Nadat haar hart vir `n rukkie aktief was, vra Ek haar of sy enigiets weet van die Messias wat moet kom.

25 Die vrou sê vir Hom: Ek weet dat die Mashiag kom, Hy wat die Messias genoem word. Wanneer Hy kom, sal Hy ons alles verkondig.

[8] Toe praat die vrou, haar wange nog steeds rooi, met groot emosie: “Heer, U as wysste Profeet van God, ek weet dat die beloofde Mashiag moet kom en dat Hy die Messias genoem sal word. Wanneer Hy kom, sal Hy nie net vir ons kom verkondig dit wat U nou so pas vir my vertel het nie? Maar wie sal ons vertel wanneer en van waar die Messias sal kom? Miskien kan U wat so vreeslik wys is, vir my meer uitvoerig inlig omtrent die koms van die Messias. U sien, ons wag alreeds lank, maar nêrens word `n woord gehoor van die Messias nie. U sal my `n groot guns doen as U my vertel wanneer en waar die Messias verseker sal kom om Sy volk te red van sy menige vyande. O, sê vir my as U dit weet! Miskien sal die Messias ook barmhartigheid betoon teenoor my en sal Hy my help as ek Hom smeek.”

26 Jesus sê vir haar: Ek Is Hy, wat met jou praat!

[9] Ek sê kortliks aan die vrou, maar met liefdevolle erns: “Ek is Hy wat nou met jou praat.”

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205