Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 1
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 82

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244.

Afskeid van IrhaEl, Joram en JonaEl

(Maar na twee dae gaan Hy daar weg en trek na Galilea. Johannes 4: 43)

82 Ek sê: ”Ek sal julle weer in die geheim besoek, maar dan moet die hele plek nie van My aanwesigheid in kennis gestel word nie, want deur die groot belastingdruk in Judea en Galilea sal steeds meer mense hulleself hier vestig, omdat die land die minste onder druk staan en My Jaïrus vir die armes byna alle belasting betaal.”

(Want Hyself, Jesus, getuig dat `n profeet in sy eie land nie aansien het nie. Johannes. 4: 44)

[2] Te midde van so baie streekgenote het `n profeet egter weinig waarde, tensy hy `n grysaard is! Slegs wat `n grysaard sê beskou die dwase as God se Woord en die wysheid van `n jonge man beskou hulle as `n spel van verhitte fantasie, waar soms `n vlugtige verstand te voorskyn kom. En ook al is die wonders buitengewoon, sien hulle dit as toordery, wat tans, helaas, so baie voorkom. Die mense is nou so blind dat hulle die valse nie van die ware kan onderskei nie en dus verwerp hulle maar alles.

[3] Daarom is dit beter dat `n profeet buite sy eie streek verkeer; want daar waar mense hom nie ken nie, kan hy nog die meeste teweeg bring by die mense. En daarom sal Ek julle nou saam met My leerlinge verlaat, maar Ek sal, soos Ek beloof het, julle binnekort weer besoek.

[4] Ek neem egter Matthéüs, `n man wat hier skrywer by die tol was, met My saam vanweë sy vinnige en leesbare handskrif, om My lesse en dade op te teken; gee hom daarom vir wêreldse doeleindes `n reispas.

[5] Die owerste sorg dadelik daarvoor en bedank My uit die diepte van sy hart vir alles. Alle oorblywende gaste volg die voorbeeld van die owerste en doen dieselfde; maar sommige was, vermoeid deur die dagreis, by die tafels en banke aan die slaap. Die wakendes wil hulle wakker maak. Ek sê egter: “Laat hulle rus tot dit dag is! Ek gaan nou liewer middernag in stilte weg, dan veroorsaak die vertrek geen opskudding nie. Bly julle almal hier tot dit dag word en laat niemand ons geleide doen, behalwe in julle harte nie.

[6] Jy My JonaEl, sorg daarvoor dat My leer hier wortel skiet en dan as `n nuwe lewensboom vele en goeie vrugte dra! Ek gee jou deur My Naam ook `n hemelse mag; laat jou egter deur jou ywer nie verlei om daarvan ontydig en daardeur onwys gebruik te maak nie, want dit sal jou meer skaad as help! Op `n stadium sal Ek jou `n Engel in jou huis gee; van hom sal jy leer om die hemelse mag wys te gebruik. Sê egter aan geen enkele vreemdeling dat daar `n Engel uit die hemele in die huis van JonaEl woon nie.”

[7] Nou kom ook IrhaEl en Joram na My toe. Hulle het trane in hulle oë en kan van liefde en dankbaarheid geen woord uitkry nie! Ek seën hulle en sê: ”Wees getroos! Binnekort kom Ek weer na julle toe!”

[8] Beide val egter aan My voete, maak dit met hulle trane nat en Joram roep: ”O heilige tyd, haas jou en bring die Heer van Glansrykheid vir altyd by ons in Sy huis! - O Heer, dink aan ons wat U liefhet uit die volheid van ons hart, en kom gou en bly dan vir altyd by ons!”

[9] Ek sê: “Ja, Ek sal terugkom, maar soos gesê, in die geheim; want in die toekoms mag My aanwesigheid nooit die rede daarvoor wees dat iemand aan My sending van Bo en daarom aan My Woord glo nie”.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205