Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 1
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 202

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244.

Die ware vrye kerk. Die egte Sabbat, die egte huis van God en die ware diens van God

202 (Die Heer: ) “As beide van julle dit verstaan het, keer dan gou weer met julle engel na Sigar terug en doen daar wat Ek gesê het, dan sal weldra al die haglike dinge daar baie anders uitsien.

[2] Maar julle moet nie as vertoornde regters nie, maar as waarlik wyse leraars en vriende van die blindes, dowes en stommes optree, dan sal hulle hulleself wel deur julle laat lei!

[3] Wie kan dan nou redelikerwys kwaad word as `n blinde op sy voet trap? As jy oë het om te sien, is dit dan nie jou eie skuld as die blinde op jou voet gaan staan nie? Trek jou voet van die plek af weg waar die blinde loop, dan kan niemand daarop gaan staan nie!

[4] Sien jy egter dat `n blinde op die rand van `n afgrond staan, hardloop vinnig daarheen, pak hom beet en bring hom na veiligheid en lei hom dan na die lig wat elke blindheid van die siel genees en hy sal die beste, dankbaarste broer vir jou word.

[5] As julle die mense in My Naam leer, doen dit dan altyd soos wat Ek dit doen, eers met goeie dade en dan paslik met beskeie, eenvoudige en ware woorde, en julle sal daardeur gou baie waaragtige leerlinge kan tel.

[6] Maar as julle julleself tot byna bo die sterre uit in loutere ondeurgrondelike geheime hul, en die mense daarvan wil oortuig dat julle deur God uitverkore is om hulle te veroordeel, te seën of te vervloek, en as julle jul dan bowendien nog vererg as My engel julle in hierdie sake nie wil ondersteun nie, dan moet dit vir julle tog wel duidelik wees dat hierdie handelswyse sekerlik nie My wil is wat aan julle geopenbaar is nie, maar dat julle vir julleself `n nuwe orde geskep het, en daaruit `n nuwe ommuurde kerk in die plek van die ou Mosaïese een wil opbou, waarvoor julle lammers hulle knieë al op `n afstand sou moes buig!

[7] Kyk, so gaan dit met die Mosaïese kerk, en dit bring, nadat daar `n muur omheen gebou is, geen of slegs weinig en dan nog baie petieterige vruggies voort!

[8] Ek gee julle nou `n volkome vrye kerk, waarvoor geen omheining nodig is nie, behalwe vir elke mens se eie, baie persoonlike hart, waarin die Gees en die Waarheid woon, en net daar wil God deur die egte vereerders erken, en aanbid word!

[9] Omdat Ek julle die eerste deelgenote van My Gees maak, moet julle nie dink dat julle `n haarbreedte beter is as enige ander mens nie, en die gawe mag geen rede wees vir `n spesiale posisie nie, soos wat dit by die heidene en die tweemaal so in-die-duistere Judeërs en fariseërs is; maar julle het slegs één Heer, julle is as broers en susters almal gelyk, en daar mag onder julle nooit `n onderskeid wees nie!

[10] Ook mag julle geen voorskrifte maak nie, en julle moet ook geen besondere waarde toeken aan bepaalde dae en tye nie, asof dit beter of slegter sou wees as ander, asof God bepaalde dae sou vasgestel het waarop Hy julle gebede alleenlik sal aanhoor en julle offers sal aanneem. Ek sê julle: by God is al die dae gelyk en onder al die dae is die beste dag dié een waarop jy iets waarlik goeds vir jou naaste gedoen het! En so moet in die toekoms die ware en God-alleen welgevallige Sabbatdag alleen maar bepaal word deur julle goeie daad!

[11] Op dié dag dat jy goed doen, sal dit ook as ware Sabbat by God erken word; maar die gebruiklike Judese sabbat is `n gruwel in God se Oë!

[12] En as jy `n sogenaamde huis vir God wil bou, bou dan hospitale en versorgingstehuise vir julle arme broers en susters; gee hulle daarin alles wat hulle nodig het, dan sal jy op hierdie manier die mees egte diens aan God bewys, waaraan die Vader in die hemele baie welgevalle sal hê.

[13] Aan so `n egte en enigste ware diens aan God sal mens kan sien dat julle werklik My leerlinge is.

[14] Gaan dus nou huistoe en werk op hierdie wyse, dan sal julle arbeid geseënd wees.”


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205