Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 1
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 30

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244.

Hoofstuk 30 - Die lewende brood van die Heer. Die Sabbat

31 EN intussen het Sy leerlinge by Hom aangedring en gesê: My Heer, eet.

30 Terwyl hierdie aansienlike menigte van die dorp uitkom na die put toe, dring My leerlinge by My aan om iets vooraf te eet, want hulle het geweet dat wanneer mense na My toe kom, Ek geen voedsel inneem nie, en hulle het My liefgehad en was bevrees dat Ek sou verswak en siek sou word. Alhoewel hulle geweet het dat Ek die Messias is, het hulle My liggaam nog as swak en broos beskou, daarom het hulle aangedring dat Ek moet eet.

32 Maar Hy sê vir hulle: Ek het voedsel om te eet waar julle nie van weet nie.

[2] Maar Ek kyk hulle aan met liefdevolle erns en sê: “My liewe vriende, Ek het nou `n voedsel om te eet waarvan julle niks van weet nie.”

33 Die leerlinge sê toe vir mekaar: Het iemand dan vir Hom ete gebring?

[3] Die leerlinge kyk na mekaar en vra: “Het iemand dan alreeds voedsel vir Hom van iewers af gebring? Watter soort voedsel kan dit wees? Het Hy dit alreeds geëet? Niks kan nêrens gesien word nie – behalwe die betreklike vol waterbeker. Miskien het Hy die water in wyn verander?”

34 Jesus sê vir hulle: My voedsel is om die wil te doen van HOM wat My gestuur het en om SY werk te vervolmaak.

[4] Ek sê vir hulle: “O, moet nie sulke dwase raaiskote maak oor wat Ek geëet of nie geëet het nie. Julle het alreeds baiekeer gesien dat terwyl Ek met julle was, Ek Myself nooit apart laat bedien het nie. Ek praat nie nou met julle van enige voedsel vir die liggaam nie, maar `n veel hoër en waardige geestelike voedsel wat bestaan daaruit dat Ek die wil doen van Hom wat My gestuur het en om Sy groot werk te voltooi. En Hy wat My gestuur het, is die Vader, wie julle sê dat Hy julle God is, alhoewel julle Hom nie noual ken nie. Maar Ek ken hom en daarom doen Ek Sy Woord, en dit is My ware voedsel wat julle nie ken nie. Ek vertel julle, nie net die brood nie, maar elke goeie daad of werke is ook voedsel, alhoewel nie vir die liggaam nie, maar te meer vir die gees.

35 Sê julle nie: Dit is nog vier maande, dan kom die oes nie? Kyk, Ek sê vir julle, slaan julle oë op en aanskou die lande dat hulle al wit is vir die oes.

[5] Baie van julle het landerye by die huis, en julle sê: Nog vier maande en die tyd van die volle oes het gekom. Maar Ek sê vir julle. Rig julle oë op. Die landerye is alreeds wit, ryp vir die oes. Ek bedoel egter nie die natuurlike landerye nie, maar die groot land wat die hele wêreld is, waar die mense rypgemaakte koring is en bymekaar gemaak moet word in God se skure.

36 En hy wat maai, ontvang loon en vergader vrug vir die Ewige Lewe, sodat die saaier en die maaier saam bly kan wees.

[6] En sien, hierdie bymekaar maak is ware werk en hierdie werk is ware voedsel wat Ek sowel as julle in oorvloed sal eet. Hy wat `n ware maaier op hierdie land is, maak die ware oes bymekaar vir die Ewige Lewe, sodat aan die einde van die oes, beide die saaier en die maaier saam bly kan wees.

37 Want hierin is die Woord die Waarheid: Dit is een wat saai, en `n ander wat maai.

[7] Want na die oes sal die saaier sowel as die maaier beide eet van een en dieselfde vrug en van een en dieselfe Brood van die lewe. Dan sal die ou gesegde heeltemal waar word: Een saai en `n ander maai, maar beide sal gelykop leef van hulle werk en een en dieselfde voedsel eet.
[8] Kyk na die groot menigte wat van die dorp na ons toe gekom het om die Beloofde in My te sien, en soos julle kan sien, is meer op pad. Kyk al daardie wat alreeds ten volle ryp are koring is, wat lank gelede reeds geoes moes gewees het. Ek sê vir julle met groot blydskap: Die oes is groot en daar is te min arbeiders, daarom, smeek die eienaar om meer arbeiders te stuur om Sy oes te maai.

38 Ek het julle gestuur om te maai waar julle nie aan gewerk het nie. Ander het gewerk, en julle het in hulle arbeid ingegaan.

[9] Ek het julle aangestel en het julle daardeur alreeds in die Gees uitgestuur om te maai wat julle nie gesaai het nie, want ander het gesaai en julle het nou ingekom vir die oes van hulle arbeid, waarvoor julle julleself baie bevoorreg moet ag. – Hy wat saai is nog ver van die oes, maar hy wat maai oes ook en het die nuwe Brood van die lewe alreeds voor hom. Wees nou dus ywerige maaiers, want julle pogings bring meer saligheid as vir die saaier.”
[10] Meeste van die leerlinge het hierdie lering verstaan en het dadelik begin om My Woord van die Liefde tot God en die liefde vir `n mens se naaste aan die Samaritane te predik, ook dat Ek waarlik die Messias was.
[11] Maar `n paar wat nog in hulle hartsbegrip nog betreklik dom was, het na My gekom en in die geheim gevra: “Heer, waar kan ons sekels kry? Buitendien is dit nog `n sabbat ook vandag.”
[12] Waarop Ek geantwoord het: “Het Ek julle opdrag gegee om die natuurlike garslanderye wat voor ons lê, te oes? O, julle dwase mense, hoe lank moet ek julle nog verdra? Verstaan julle dan niks nie? Luister dan en begryp hierdie:
[13] My Woord aangaande die Koninkryk van God, eerstens in julle eie harte en vandaar deur na julle monde na die ore en in die harte van julle naastes en broers, is die geestelike maaiersekel wat Ek vir julle gegee het om die mense in te bring, julle broers, in die Koninkryk van God in, in die gebied van ware kennisname van God en die Ewige Lewe in God in.
[14] Dit is voorwaar vandag sabbat, maar julle sabbat is dwaas en sinneloos soos julle hart, en julle dink aan die sabbat want in julle harte lyk julle baie soos die sabbat. Maar aangesien Ek ook Heer is oor die sabbat, sê Ek vir julle:
[15] As julle My leerlinge wil wees en bly, bevry julle harte so gou as moontlik van die sabbat. Want vir ons is elke dag `n dag vir werk, want wanneer die Heer van die sabbat werk, sal Sy diensknegte nie ledig wees nie.
[16] Moet die son nie opkom en neerdaal op die sabbat net soos op elke weeksdag nie? As die Heer van die son en die sabbat sal ophou met werk op die sabbat, sal julle tevrede wees met `n pikswart sabbat? Sien hoe dwaas is julle nog! So begin nou om te doen wat Ek en ook julle broers besig is om te doen, en julle sal `n ware lewende sabbat vier wat My welgevallig sal wees.”
Toe glo van die Samaritane in Jesus.
[17] Na hierdie woorde het ook die swakker leerlinge na die Samaritane gegaan, wie alreeds in groot getalle vanaf die dorp na My toe gekom het, en het hulle geleer wat hulle omtrent My geleer het.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205