|
Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 1 JACOB LORBER - AFRIKAANS
Hoofstuk 124
|
Spring: |
1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244. |
|
|
Gelykenis van die nuwe klere en die nuwe wyn
124 Ek sê: “My leer is soos `n nuwe gewaad; julle s’n is egter oud, vol skeure en gehawend, en daarom het julle dan ook vandag op die sabbat, ondanks Moses en Johannes, sonder enige gewetensbesware, vis kon vang! My leer is derhalwe `n nuwe en mens kan daar nie `n stuk afhaal en daar julle ou, geskeurde gewaad mee lap nie. En as `n mens dit sou doen, dan sou mens daardeur slegs nog groter skeure veroorsaak as wat daar al is, want die nuwe stuk skeur tog weer van die ou, verslete gewaad af en maak die skade groter. (Matthéüs. 9: 16)
[2] Ook kan jy My leer vergelyk met `n nuwe, jong wyn wat mens nie in ou sakke gooi nie, omdat hulle sal skeur, waardeur die jong wyn vermors word; maar mens gooi die jong wyn in nuwe, stewige sakke en op die manier bly beide behoue, die wyn en die sak. Verstaan jy dit?” (Matthéüs. 9: 17)
[3] Die leerlinge van Johannes sê: “Ons hoor dit wel goed, maar dit is alles nie so maklik volledig te begryp wat U daarmee wil sê nie. Kan U Uself miskien daarom ietwat begrypliker uitdruk?”
[4] Ek sê: “Of Ek My nog begrypliker sou kan of wil uitdruk? Ja, ja, Ek sal kan as Ek wil! Maar Ek wil hier nie makliker te begryp wees nie en daarom sê Ek daaroor maar slegs dit dat julle ou geskeurde klere en ou verweerde sakke is wat nie meer vir My leer sal deug nie. My leer sou jou van jou soete aardse lewe ontneem wat tog julle hoogste goedheid is en vir die verbetering daarvan waarvoor julle alles doen. Waarvoor jy selfs op die sabbat swaar werk verrig by die visse, slegs maar om in jou aardse lewe `n beter en sorgeloser bestaan te kan hê en, indien moontlik, daarnaas nog `n bietjie gerief. Die armes sien jy egter nie, nie die siekes nie en ook nie die gebreklikes nie, ewemin die hongeriges en die dorstiges!
[5] Dit is immers so dat diegene wat met `n vol buik rondloop, nie in die minste merk hoe die arme pyn het van die honger en hoe sy maag brand nie! Ook merk julle, wat goed geklee is, niks van die koue as die winter kom nie; want julle het baie middele om die winter aangenamer vir julle te maak as die warm somer. En as daar `n halfnaakte bewend van die koue by jou kom en sy nood bekla en jou vra vir warm klere, dan vererg jy jouself en jy gee hom `n nydige antwoord en sê: “Gaan weg, jou lui mens! As jy in die somer gewerk het, dan sou jy in die winter geen nood gely het nie! Bowendien is dit gladnie so koud nie, `n bedelaar moet nie so week en gevoelig wees nie!”
[6] Maar die bedelaar sê: “Heer, ek het die hele somer en herfs gewerk, maar die loon vir my sware werk was nie `n duisendste deel van dit wat my meester uit my werk verkry nie; daarom kan my werkgewer hierdie winter wel warm geklee rondloop, maar ons, sy sleg betaalde arbeiders wat die geringe loon die somer al ruimskoots moes opmaak, ly nou in die winter - nie omdat ons die somer nie gewerk het nie, maar slegs omdat ons te weinig loon kry. Die wins van die meesters is die oorsaak van ons nood!”
[7] Kyk, dit is die taal van die bedelaar, buite rekening gelaat dat daar soms so hier en daar onder die talle bedelaars `n paar sondaars is wat hulle armoede verdien het!”
[8] Die leerlinge van Johannes sê: “Aha, dit is oordrewe! Want so is dit nie! `n Getroue en reggeskape arbeider het nog nooit rede gehad om hom oor sy werkgewer te bekla nie! Wie wil werk, kry winters en somers werk, verdienste en ete en kleding! Dat mense die luilakke die deur wys, almal van ons sê dat dit so hoort.”
[9] Ek sê: “Julle wel, dit weet Ek maar al te goed! Maar Ek nie, dit sê Ek vir julle! En waarom nie, dit sal julle reguit hoor. Vertel My eers: wie het die meer en die baie goeie vis daarin geskape?”
[10] Die leerlinge van Johannes antwoord: “Nou, dit is tog geen vraag nie! Wie sou dit anders kan doen as slegs God?! - Ek sê: “Nou goed, vertel dan eers of julle van God `n skriftelike bewys gekry het waarin staan dat slegs julle die reg het om die goeie en duur vis uit die meer te vang, vir baie geld te verkoop, dan die hele wins in jul sak te steek en kwalik `n duisendste deel aan jou ywerige knegte te gee, wat tog dikwels met gevaar vir sy eie lewe die sware werk verrig het!”
[11] Die leerlinge van Johannes sê: “Dit is alweer `n belaglike dom vraag! Waar op aarde is daar iemand te vinde wat `n eiendomsbewys kan toon wat deur God gegee is? Daarvoor het God `n staatshoof aangewys en hy skryf in God se plek die eiendomsbewyse uit; en wie deur die staat as besitter aangemerk is, hy is dit ook wetlik voor God. Bowendien moet elke reghebbende vir sy duur gekoopte reg ook nog elke jaar allerlei tiendes en ander belasting aan die staat betaal en is daarom dubbel geregtig om die nodige wins te maak.”
[12] Ek sê: “Ja ja, so is dit inderdaad op aarde, maar dit het God nie ingestel nie, maar die self- en heerssugtige mense het dit gedoen! Húlle het sulke wette en sulke reëls gemaak. Maar aan die begin van die wêreld was dit nie so nie, toe was die hele aarde vir `n lang tyd die gemeenskaplike besit van almal!
[13] Toe daar egter uit die mense van die kinders van Kain `n deel van die aarde in vaste en erflike besit geneem is en daarvoor wette en `n self- en heerssugtige orde gemaak is, toe duur dit dan ook geen duisend jaar meer nie!
[14] God het toe toegelaat dat die sondvloed kom, waardeur almal verdrink het, op `n paar na wat behoue gebly het. En so sal dit weer gaan!
[15] God is weliswaar baie lankmoedig en het baie geduld, maar Hy sal vir julle gedoentes weldra moeg word; en let daar dan op wie na julle die aarde sal besit!
[16] Dat julle egter so redeneer, is wel `n heel duidelike bewys dat julle geloof en julle regsleer `n ou, geskeurde kledingstuk is wat geen nuwe lap kan verdra nie en dit is ook net soos `n ou sak, waarin mens geen nuwe, jong wyn kan gooi nie. Want julle is almal, sonder uitsondering, slegte en selfsugtige mense! Verstaan julle My nou?”
|
|
|
|
|