Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 1
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 43

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244.

Verdere uitleg deur Nathaniël

43 Hier is die owerpriester, sowel as die ander heeltemal oorbluf en sê na `n rukkie: “Ja, ja, nou verstaan ons dit. Maar hoekom het die Heer nie van die begin af so duidelik gepraat soos wat jy dit nou gedoen het nie? Dan sou ek sekerlik nie teenoor Hom gesondig het nie.”

[2] Nathaniël sê: “As `n sewejarige seuntjie dit vir my gevra het, sou ek nie verbaas gewees het nie, maar ek wonder hoe jy, een van die hoofwyses van hierdie plek, my so iets kon vra.

[3] Sal jy nie ook daarvan hou om die Heer te vra waarom hy in die saadkorrel die eindelose ontwikkelingspotensiaal geplaas het van die boom wat daaruit sal voortkom nie? Waarom die tydsame ontwikkeling van `n boom vanaf `n saadkorrel en daarna die lang wag vir die ryp vrugte? Kyk net hoe dwaas is julle nog steeds!

[4] Die Heer se woord en lering is soos al Sy werke. Hy gee vir ons Sy lering in saaddoppe. Dit moet ons eerstens saai in die grond (adamah) van ons gees, waar hierdie grond genoem word LIEFDE. Dan sal die saad uitspruit en groei tot `n boom van ware kennis van God en onsself, en van hierdie boom sal ons binne afsienbare tyd volledige ryp vrugte kan pluk vir die Ewige Lewe.

[5] LIEFDE IS DIE VERNAAMSTE DING; sonder Haar kan geen vrugte van die gees bestaan nie. Saai die koring in die lug en kyk of dit sal groei en vrugte dra vir jou, maar as jy die koringkorrel in goeie grond plaas, sal hy groei en veelvoudig vrug dra. Die regte liefde egter, is behoorlike grond vir die geestelike korrel saad wat ons ontvang vanaf die Heer se Mond.

[6] Dit is om hierdie rede dat die Heer nou vir almal van julle hierdie streng Mosaïese strafwet opgehef het, sodat julle gouer ryker kan word in goeie grond in julle harte. Want hy wat volgens die wet straf, het min of dikwels geen liefde nie en die goddelike woord-saad sal daarom slegs swak in hom ontwikkel. Die een wat gestraf word, is in elk geval in die oordeel waarin daar geen Liefde is nie, aangesien oordeel die dood van liefde is.

[7] Daarom is dit beter dat jy nie onmiddellik jou medemens se foute raaksien nie, maar om verdraagsaam en lankmoedig te wees. En as hulle in hul swakheid iets van jou vra, mag jy dit nie van hulle weerhou nie, sodat liefde aanhoudend in julleself kan bly groei en ook in julle swak broers. Wanneer dit eers in oorvloed in julle sowel as in julle broers teenwoordig is, dan sal die goddelike saad binne jou floreer en die swakke sal dan in sy sterkte met goeie bedoelinge opsien na jou en jou oor en oor beloon vir wat jy aan hom gedoen het terwyl hy swak was.

[8] Maar as jy suinig en hard is ten opsigte van jou swak broers, sal julle nooit goddelike vrugte in julleself bereik nie en die oordeel van die swakkes sal uiteindelik ook vir julle in die vernietiging insleep.

[9] Toe die Heer gesê het: Gee aan die een wat jou vir jou hemp vra, ook jou jas, het Hy slegs bedoel om aan te toon dat julle wat ryk is en baie besittings het, oorvloedig aan die armes moet gee wanneer hulle na julle toe kom. Daarmee sal julle ook baie meer grond in julle harte bekom en so geseën word met die besit van sulke ware grond(adamah), en die armes sal julle waarlik seën, want van julle harte sou hulle die mees effektiewe preek ontvang het van God se ware Boodskap en hulle sal daardeur sterk word vir julle eie ewige ondersteuning. Maar as julle vrekkerig gee en bereken wanneer en hoeveel om te gee, sal julle nóg julleself, nóg die arm broers help, en as gevolg daarvan sal hulle nooit `n ondersteuning vir julle word nie.”


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205