|
Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 1 JACOB LORBER - AFRIKAANS
Hoofstuk 12
|
Spring: |
1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244. |
|
|
IN KAPERNAUM EN REIS NA JERUSALEM.
Hoofstuk 12 - Na Kapernaum. Begin van die prediking [Johannes 2: 12-13] .
12 Daarna het Hy na Kapernaum afgegaan, Hy en Sy moeder en Sy broers en Sy leerlinge, en hulle het daar nie baie dae gebly nie.
12 Sewe dae na hierdie bruilof, het Ek Násaret verlaat en het met Maria, My vyf broers—twee van hulle het ook tot My leerlinge behoort—en met die leerlinge wat Ek sover aangeneem het af na Kapernaum gegaan. Hierdie dorp was toe `n taamlike belangrike handelsentrum geleë op die grens van Zebulon en Naftalie en was ook in die middel van die twee provinsies aan die see van Galilea, nie ver van die plek waar Johannes gedoop het aan die oorkantse wal van die Jordaan in die omgewing van Betabára, solank as wat daar genoegsame water in hierdie dikwels droë rivierbed was nie.
[2] Iemand mag vra wat Ek eintlik gesoek het in hierdie dorp wat alreeds taamlik verheidens het. Hy sal die profeet JeshaJaH 9: 1, ensovoorts moet lees waar dit geskrywe is:
3. WANT nie [langer] sal dit donker wees daar waar benoudheid is nie: in die eerste tyd het Hy die aarde van Sébulon en die aarde van Naftáli in veragting gebring, en in die laaste tyd bring Hy tot eer die Weg na die see, die oorkant van die Jordaan, die streek van die nasies. Die volk wat in die Duisternis wandel, het die groot Lig gesien; die wat woon in die aarde van Doodskaduwee, oor hulle het die Lig geskyn.
[3] En as iemand hierdie teks in JeshaJaH gevind het en weet dat ek die Skrifte van A tot Z moes vervul, sal dit maklik wees om te kan verstaan waarom Ek van Násaret na Kapernaum gegaan het. Buitendien, in hierdie streek moes twee bykomende leerlinge aangeneem word: Jakobus en Johannes, seuns van Zebedeus. Hulle was ook vissermanne wat visgevang het in die see van Galilea nie ver van die mond van die Jordaan nie en nie ver van die plek waar Petrus en Andreás gewerk het nie, beide van hulle ook geregtig om in die see vis te vang. [4] Toe Ek ook hierdie leerlinge aangeneem het en hulle My herken het vanuit My woorde en die magtige getuienis van hulle wat saam met My was, het Ek die mense behoorlik begin leer, deur hulle tot verootmoediging op te roep, aangesien die Koninkryk van die Hemele naby hulle was. Ek het in hulle sinagoges ingegaan en daar geleer. Sommiges het geglo, maar baie was ergelik, wou hande op My lê en My van `n krans af in die see gooi. Maar Ek het hulle ontduik tesame met almal wat My vergesel het en het `n paar klein nedersettings aan die See van Galilea besoek, die koninkryk van God verkondig, baie siekes gesond gemaak, waar die armes en die eenvoudiges My ontvang het met welwillendheid. Party van hulle het by My aangesluit en My gevolg orals soos wat lammers hul herder volg. [5] In Kapernaum het ek slegs vir `n wyle vertoef, aangesien daar feitlik geen geloof en nog minder liefde was nie. Hierdie dorp was `n plek waar `n handel- en geldsugtige gees was en waar dié geheers het, en liefde en geloof heeltemal verlaat is. Waar dit die geval is, is daar min of niks vir My om te doen nie.
13 EN die Pasga van die Judeërs was naby, en Jesus het opgegaan na Jerusalem.
[6] Aangesien die Judeërs se Pasga naby was,het Ek opgegaan na Jerusalem met almal wat saam met My was. Maar iemand moet nie die Pasgafees in die ware Judeërs se tyd dieselfde voorstel as wat nou gestel is as `n soortgelyke fees vir verskeie Christen gemeenskappe nie, partykeer alreeds gereed in die maand Maart. Hierdie fees was bykans drie maande later! Want tydens die Pasga was dank betuig aan JaHWeH vir die eerste oes van die jaar, watt bestaan het uit gars, mielies en koring. By hierdie geleentheid was die nuwe brode alreeds geëet wat volgens die wet ongesuurde brode was, en niemand in die land was toegelaat om gesuurde brood te eet gedurende hierdie tyd nie. [7] Daarom, kon hierdie fees van die ongesuurde brode slegs plaasvind wanneer die nuut geoeste graan alreeds gemaal kon word in meel en nie gedurende `n tyd waar die koring net gesaai is nie. In `n goeie jaar word die koring in Judea 14 tot 20 dae vroeër ryp as hier. Hoe dit ookal sy, selfs in Egipte kan die mielies en die koring kwalik ooit geoes word voor die einde van Mei, laat staan in Judea waar dit aansienlik kouer is as in Egipte. [8] Maar die tyd van die ongesuurde brode het gekom en, soos alreeds hierbo genoem, het ek met almal wat saam met My was na die hoofstad van Judea opgegaan, wat ook genoem was “Die stad van God”, want die naam Jerusalem beteken dieselfde as “Stad van God”. [9] Gedurende daardie tyd het baie mense na Jerusalem gekom, ook baie van die ongelowiges, wat `n verskeidenheid goedere gebring en verkoop het, soos werktuie, geweefde artikels, beeste en vrugte van alle soorte. Hierdie fees het in daardie dae sy heilige gedaante totaal verloor en gierigheid het selfs die priesterskap aangespoor om gedurende hierdie tyd die voorhowe en die voorportale van die tempel uit te verhuur aan die handelaars, waar Judeërs en ongelowiges, vir `n aansienlike bedrag, sodat sodat `n tempelhuur vir die duur van die fees 1,000 stukke silwer beloop het, wat in daardie dae `n groot bedrag was en aansienlik meer as 100,000 floryne(ongeveer 20,000 Britse pond: Vertaler). [10] Ek het opgegaan na Jerusalem in die tyd van die hoëpriester Kajáfas, wat geweet het hoe om in hierdie uiteraard mees winsgewende amp aan te bly vir meer as `n jaar. Want die onderhouding van die Mosaïetiese wet het in daardie dae ontaard in die mees betekenislose seremonie denkbaar, en geen priester het meer waarde daaraan geheg as vir die sneeu wat honderd jaar gelede geval het nie. Aan die ander kant het hierdie nuttelose, betekenislose seremonie sy piek bereik deurdat dit die arm mense buitensporig getiranniseer het. [11] Hy het selfs gedeeltes in die binne dele van die tempel uitgehuur aan handelaars in duiwe en aan sekere klein geldwisselaars. Laasgenoemde het kleingeld gedra, waarvoor die wat kleiner geld benodig het, vir `n sekere premie hul silwer munte kon kom omruil, Romeinse goue munte en die Romeinse beeste-geld (pecunia), want die Romeine het `n spesiale soort geld gehad om beeste mee te koop. Afhangende van watter dier op so `n geldstuk gemunt was, moes dieselfde dier beskikbaar wees vir aankoop met daardie muntstuk, bygesê as die eienaar wou verkoop. Vir sulke beeste-geld was dit moontlik om by die groter of kleiner gelswisselaars `n ander tipe geld in sirkulasie te kry, maar teen `n hoër premie.
|
|
|
|
|