Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 1
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 159

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244.

Die derde skeppingsdag

159 (Die Heer:) “As die insig van die mens dus die liefde van alle kante omgewe en daarby meer en meer verlig en verwarm word deur die vuur van die liefde, wat dit steeds meer voeding gee, dan word die mens ook in alles steeds energieker en meer tot dade in staat.

[2] In hierdie toestand kom God weer tot die mens, natuurlik - dit is vanselfsprekend - in die gees en Hy, as die Ewige Liefde, sê aan die liefde in die hart van die mens: “Laat die aarde nou allerhande soorte grasse en kruie voortbring om bestuif te word en allerhande soorte vrugbare bome en struike, wat elk na sy eie aard vrugte dra en sy eie saad by homself op aarde!”

[3] Na hierdie gebod van God in die hart kry die mens dan `n standvastige wil, krag en moed en hy kom aan die werk.

[4] En sien! Sy regte Insig styg soos reënbelaaide wolke op bo die geordende see en trek oor die droë aarde, wat haar bevogtig en vrugbaar maak. En die aarde begin groen te word, bring allerhande grasse en kruie met sade voort en allerhande vrugtebome en struike met saad. Dit beteken dat die liefde in die hart van die mens dadelik daarna verlang en wil wat die regte verstand, wat deur die hemelse wysheid verlig is, as volledig goed en waar herken.

[5] Want net soos die saad, wanneer dit in die aarde gelê word, weldra opkom en `n veelvoudige vrug voortbring, so bring ook die korrekte ware kennis in die lewenskragtige bodem van die hart vrugte voort.

[6] Die werksaamheid van die saad is so, dit wek die lewenskrag wat in die aarde sluimer en die lewenskrag konsentreer homself dan dadelik steeds meer rondom die saad en maak dat dit ontkiem en `n plant word wat baie vrugbaar is. Oftewel, die ware kennis word eers in die hart omgesit in die daad en uit die daad volg dan allerhande werke; en daaroor spreek Moses met wyse woorde in sy Génesis, en wel in die vorige woordelik bespreekte eerste hoofstuk, verse 11 en 12.

[7] Die oorspronklike aand wat deur die Lig uit die hemele tot die ware kennis verhef is van die mens word so `n daad, waarop die werke moet volg; en dit is die derde dag van die ontwikkeling van die hart en die algehele mens in die mens en dit is die geestelike mens. Oor hierdie geestelike mens gaan dit, daarvoor het Moses en al die ander profete van God na hierdie wêreld gekom, net soos Ek nou Self! Ek meen dit is nou tog heeltemal duidelik genoeg vir u!”

[8] Een van die fariseërs sê: “Verhewe wyse vriend en Heer! Wat myself aanbetref onderskryf ek alle woorde van U wat aan ons almal gegee het, want hulle is volledig waar en moet ook wel so wees. Maar as U na Jerusalem gaan en Génesis op hierdie wyse in die tempel uitlê, dan word U en U hele aanhang gestenig as U Uself nie beskerm deur U duidelik bewese goddelike mag nie! Maar as U hierdie mag teen die tempelpriesters sal gebruik, dan is hulle ook veroordeel. U kan hulle dan eerder totaal vernietig deur bliksem en vuur vanuit die hemele!

[9] Soos gesê, dit is dan ook `n baie haglike saak. En daarby is U wyse en skerpsinnige uitleg van die eerste drie skeppingsdae wat in Génesis beskryf word, so goed, dit bevat geen enkele -, ook nie met die minste teenstrydigheid nie. Maar nou is die vierde dag aan die beurt, waarop God soos geskrewe staan, heel duidelik son, maan en alle sterre skep! Hoe wil U dit op `n ander wyse verklaar? Son, maan en sterre is daar nou eenmaal, en niemand kan op `n ander manier as wat dit in Génesis beskryf staan, verklaar hoe al hierdie groot en klein ligte aan die hemelkoepel ontstaan het nie.

[10] Nou is die vraag: waar lê die sleutel waar die ooreenstemming dit duidelik weergee dat die vierde dag slegs betrekking het op die mens?”

[11] Ek antwoord: “Vriend, u het tog wel dikwels gehoor en ook self ondervind dat daar liggaamlik gesproke versiende en bysiende en ook half-, geheel en stokblinde mense is! Die versiendes sien in die verte alles goed, maar digby sien hulle sleg; die bysiendes sien digby goed, maar in die verte sleg; by die halfblindes is dit vir die helfte nag en vir die helfte dag, dit wil sê, hulle sien die voorwerpe met één oog wel goed, maar omdat die ander oog blind is, spreek dit vanself dat sulke kykers alles maar in die halwe lig kan sien; die geheel blindes sien geen voorwerpe meer nie, nie oordag nie en ewemin snags, maar oordag sien hulle tog nog `n swakke skemering, sodat hulle die dag kan onderskei van die nag; die stokblindes sien egter heeltemal niks nie en sien nooit die verskil tussen dag en nag nie.

[12] Wel, al die verskille wat u by die liggaamlike sig van die mens teëkom, vind u by die geestelike sig net so en nog baie meer gevarieerd. En ook u sig is heel gebrekkig en geestelik nog gebrekkiger as liggaamlik. Ek sê u, dat u siel buitengewoon bysiende is!”


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205